Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2180 – 2200

Baster-tradisionele gesag moet erken word: aktivis

Reaksie word ontvang op die wetsontwerp wat die Baster-tradisionele gesag wettiglik sou erken, maar deur die speaker van die Nasionale Vergadering geblokkeer is. Dit was omdat dit nie aan prosedurele standaarde voldoen het nie. PDM-leier McHenry Venaani het die wetsontwerp ingedien. Die gemeenskapsaktivis Manfred Draghoender.
16 Jun 2025 7AM 1 min

As PIC-lede wil terugkeer na Swapo 'is hulle welkom'

Reaksie word ontvang op berigte in die plaaslike media dat Swapo lede van die opposisie, die Independent Patriots for Change, omkoop met 10 000 Namibiese dollar om terug te keer na die regerende party. Kosmos 94.1 Nuus het met Ephraim Nekongo, Swapo-LP en die jeugligaleier van die party gepraat oor…
16 Jun 2025 7AM 1 min

Okahandja-gemeenskap wil mobiliseer, betoog

Die maatskaplike aktivis Sydney Gariseb het met Kosmos 94.1 Nuus gesels na die naweek se vergadering oor klagtes oor die Okahandja-munisipaliteit. Die gemeenskap kla nie net oor kwessies soos RedForce nie maar ook gaan die waardasie van huise en erwe in sekere woonbuurte.
16 Jun 2025 6AM 1 min

Kanada se Carney sê betrekkinge met SA op agenda

Die Kanadese eerste minister Mark Carney sê bilaterale betrekkinge met Suid-Afrika sal versterk word deur internasionale samewerking. Carney het president Ramaphosa ontmoet, voor die G7 Beraad. Al twee lande hou vanjaar belangrike berade. Suid-Afrika is in November gasheer van die G20 Beraad. Carney het Suid-Afrika se ondersteuning met die brande…
16 Jun 2025 5AM 1 min

Inflasie sal na verwagting effe styg in res van die jaar

Hooflyninflasie in Mei was 3,5 persent, effe laer as die 3,6 persent wat in April aangeteken is. Voedselpryse styg steeds. Kosmos 94.1 Nuus het met Tannan Groenewald, ekonoom van Cirrus, oor die vooruitsigte vir inflasie gepraat.
16 Jun 2025 5AM 1 min

Soek- en reddingspogings verskerp in Oos-Kaap

Die hoof van die Gift of Givers se Soek- en Reddingseenheid, Ahmed Bham, sê soek- en reddingspogings gaan verskerp word na die ernstige oorstromings in die Oos-Kaap wat 88 lewens, insluitend diè van 'n tien-jarige meisie van Libode, geëis het. Tot nou toe is 83 lyke uitgeken en 56 is…
16 Jun 2025 5AM 1 min

Skooltuine, nie net vir voedsel nie, werk tans baie goed

Net 29 skole is tans deel van die Home Grown School Feeding Programme in Namibië, terwyl 1 300 private- en staatskole voordeel daaruit trek. Die program poog om gemeenskappe te bemagtig en skole toe te laat om hul oes te verkoop. Kosmos 94.1 Nuus het met Ayesha Wentworth, direkteur van…
16 Jun 2025 3AM 1 min

G7: Ramaphosa en Carney vergader

President Cyril Ramaphosa en die Kanadese eerste minister, Mark Carney, het bilaterale gesprekke gevoer aan die vooraand van die uitreiksessie van die G7-beraad wat vandag in Alberta begin. Ramaphosa word vergesel van die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking Ronald Lamola en verteenwoordig die enigste Afrikaland wat genooi is. Kanada…
16 Jun 2025 3AM 1 min

Oud-houtskoolhoof oor nuwe regulasies

Die omgewingsministerie se departement van bosbou het nuwe regulasies vrygestel vir die produksie van houtskool. Houtskoolprodusente word sterk aangeraai om die volle regulasies deur te gaan en na te kom. Dit is beskikbaar by die naaste bosboukantoor. Kosmos 94.1 Nuus het met Michael de Gé, voormalige hoof van die houstkoolvereniging…
16 Jun 2025 3AM 1 min

BoN sê Woensdag oor repokoers

Die sentrale bank se monetêre beleidskomitee sal Woensdag die repokoers-aankondiging maak. Op die oomblik is die koers op 6,75 persent, en was in April onveranderd gelaat. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike ekonoom Salomo Hei, stigter van High Economic Intelligence, gesels oor sy voorspelling.
16 Jun 2025 3AM 1 min

Versigtig vir Nimbus, nuwe Covid-variant

Suid-Afrikaners, en so ook Namibiërs, word versoek om te waak teen die nuwe Covid-19-variant, Nimbus, wat vinnig in die VSA, Asië en Europa versprei. Nimbus, wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie as 'n variant geklassifiseer is wat gemonitor word, toon hoë oordraagbaarheid en nuwe mutasies. Shabir Madhi van die Wits Mediese Skool…
16 Jun 2025 3AM 1 min

Koste-uitdagings met groenwaterstof - Namibië sal nie uitvoer nie

Die koste-uitdagings om groenwaterstof na Europa te vervoer as potensiële mark is in die nuus. Terwyl Namibië 'n duidelike leier in die streek in die gebied is word daar strawwe kompetisie van Suid-Afrika verwag. Kosmos 94.1 Nuus het met Jona Muhseko,die woordvoerder van die groenwaterstofprojek plaaslik gepraat, wat sê Namibië…
16 Jun 2025 2AM 1 min

Britte soek selfbeheersing in Midde-Ooste

Die Britse Tesourie se ekonomiese sekretaris Emma Reynolds sê premier Keir Starmer het die Israel-Iran-oorlog met talle wêreldleiers bespreek en voeg by dat die Arbeidersparty se prioriteit is dat beide kante selfbeheersing. Sy het met SkyNews gepraat.
16 Jun 2025 2AM 1 min

Landbou waarsku oor Facebook-slenter

'n Plasing op sosiale media doen die rondtes dat die landbouministerie 'n inisiatief geloods het vir klein- en korttermyn besighede. Volgens die plasing kan die publiek aansoek doen vir befondsing. Dit dui ook aan dat kleinskaalse boere ondersteuning sal kry. Die plasing vat die publiek na 'n skakel om persoonlike…
16 Jun 2025 1AM 1 min

R700m vir Nasionale Dialoog is roekeloos - Cosatu

Cosatu het die voorgestelde begroting van 700 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir die Nasionale Dialoog as roekeloos en uit voeling verwerp. Matthew Parks van die vakverbond sê die voorstel is 'n belediging vir sukkelende Suid-Afrikaners wat moet besuinig en die hoë lewenskoste in die gesig staar. Terwyl Cosatu die doelwitte van…
16 Jun 2025 1AM 1 min

Daar sal vrede wees as Iran uitgewis word - Bibi

Die Isrealse premier Benjamin Netanyahu sê Arabiese state kan vir hulself praat, maar hy glo daar is 'n wonderlike toekoms as Iran uitgeskakel word. Hy sê Die Abraham-ooreenkomste het vrede tussen Israel en vier Arabiese state bewerkstellig en sonder Iran, behoort vrede te hou.
16 Jun 2025 12AM 1 min

Talle kiesafdelings stem môre

Die Verkiesingskommissie van Namibië is besig om 845 kiesbeamptes op te lei vir die tussenverkiesings wat môre in die Grootfontein, Kabbe Suid, Kamanjab, Otjiwarongo en Sesfontein kiesafdelings gehou sal word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met De Wet Siluka, die kommissie se woordvoerder, wat meer vertel oor die tussenverkiesings.
16 Jun 2025 12AM 1 min

Stygende voedselpryse beperk inflasie inkrimping

Hooflyninflasie in Mei was 3,5 persent, effe laer as die 3,6 persent wat in April aangeteken is. Voedselpryse styg steeds, met vrugte wat op 'n jaargrondslag 15,5 persent duurder was, olie en vette en vis 9,1 persent duurder, terwyl vleis jou 8,8 persent meer uit die sak gejaag het. Jou…
15 Jun 2025 11PM 1 min
2180 – 2200