Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2200 – 2220

Sadou eis dat Bela-riglyne teruggetrek word

Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie het die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, se riglyne oor die Bela-wet veroordeel en sê haar optrede is onwettig en ongrondwetlik. Sadou-woordvoerder Nomusa Cembi sê die wet laat slegs regulasies toe en nie riglyne nie. Sy het die minister van politieke inmenging beskuldig. Sy sê…
15 Jun 2025 11PM 1 min

RISE herdenk Jeugdag te midde van verskeie oproepe

Die leier van RISE Mzansi, Songezo Zibi, beklemtoon die noodsaaklikheid om die nalatenskap van die Soweto-opstand van 16 Junie 1976 te eerbiedig, ter ere van die jeug wat teen apartheid se onderwysbeleid gestaan het. Die woordvoerder van RISE Mzansi, Mabine Seabe, sê Zibi doen 'n beroep op die stryd teen…
15 Jun 2025 10PM 1 min

Iran het ‘n reg tot self-verdediging

Iran se ambassadeur na Brittanje, Seyed Ali Mousavi, sê Iran het ook ‘n reg tot selfverdediging. Hy sê verder, in sy woorde, dat die barbaarse Israeliese regime oortree internasionale reg. Hy beskryf Israel se optrede in onlangse dae as ‘n daad van aggressie teen die Iranse volk. Hy het met…
15 Jun 2025 10PM 1 min

Dis die Afrika-kind se dag

Vandag word die Dag van die Afrika-kind gevier. Die tema vanjaar is die beplanning van en begroting vir kinderregte en die vordering wat sedert 2010 hiermee gemaak is. Kosmos 94.1 Nuus het met Rivaldo Kavanga, ‘n plaaslike aktivis vir kinders, gepraat.
15 Jun 2025 10PM 1 min

Oorlog in die Midde-Ooste dryf olie op met 14%

Midde toenemende konflik tussen Israel en Iran het Brent-oliepryse Vrydag 7 persent hoër as die vorige dag gesluit ná dit vroeër die dag die hoogste vlak sedert 27 Januarie vanjaar bereik het. Brent het vanoggend handel net onder 75 Amerikaanse dollar per vat oopgemaak, meer as 14 persent hoër as…
15 Jun 2025 9PM 1 min

Namibië het nou 25 politieke partye, ontleder sê

Namibië het verlede week twee nuwe politieke partye ryker geraak. Die People United for Change en die Namibia Progressive Party is amptelik by die Verkiesingskommissie van Namibië geregistreer. Dit bring die aantal geregistreerde politieke partye in die land op 25 te staan. Is ‘n verskeidenheid van politieke partye ‘n teken…
15 Jun 2025 9PM 1 min

VN se Vigsagentskap waarsku stryd teen siekte is van koers af

Die direkteur van die Verenigde Nasies se Vigs-agentskap, Winnie Byanyima, waarsku dat wêreldwye pogings om MIV/Vigs teen 2030 uit te wis, van koers af is as gevolg van die verlies aan lewensreddende befondsing en ontwrigting van dienslewering. Met 8 miljoen mense wat met MIV in Suid-Afrika leef, het Byanyima welvarende…
15 Jun 2025 8PM 1 min

Welwitschias werk aan dissipline in aanloop tot Puma-kragmeting

‘n Taai stryd wag die komende naweek op Namibië se Welwitschia-rugbyspan wanneer hulle teen die Airlink Pumas op die Hage Geingob-stadion in Windhoek uitdraf. Jacques Burger, die direkteur van die Namibiese Rugby-unie, sê die span gaan vandeesweek aan hul dissipline werk ná hulle die afgelope naweek ‘n naelskraapse oorwinning van…
15 Jun 2025 8PM 1 min

Namibië verbind tot gesonde, veilige werksplek

Namibië ondersteun die Internasionale Arbeidsorganisasie, die ILO, se konvensie en aanbevelings oor biologiese gevare in die werksplek. Arbeidsminister Fillemon Immanual het Vrydag tydens die 113de Internasionale Arbeidskonferensie in Genève gesê die werkwêreld staar verskeie beroeps- en omgewingsuitdagings in die gesig. Namibië is ten volle verbind tot ‘n gesonde en veilige…
15 Jun 2025 2AM 1 min

N/a'an ku sê ‘n miernes van bedrywighede

Die N/a'an ku sê-stigting is besig met verskillende projekte om die natuurlewe in die land te beskerm, en een daarvan is hul eie teen-stropingseenheid. Die stigting het ook 'n kliniek in Epukiro om gesondheidsorgdienste aan die San-gemeenskap te lewer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Rudie van Vuuren, een…
15 Jun 2025 2AM 1 min

Mthatha-dam nie oorsaak van vloede

Die Departement van Water en Sanitasie het bewerings op sosiale media ontken dat oop sluise by die Mthatha-dam die onlangse oorstromings veroorsaak het. Die hoof van die Spesialis-eenheid vir Damveiligheid, Wally Ramokopa, het in 'n onderhoud met Newzroom Afrika beklemtoon dat die dam nie sulke sluise het nie. Ramokopa sê…
15 Jun 2025 1AM 1 min

Proteas het SA trots gemaak, sê Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrika se krieketspan gelukgewens met die oorwinning van die IKR Wêreldtoetskampioenskap teen Australië gister op Lords in Londen. Die Proteas het op die vierde dag met vyf paaltjies gewen. Die bydraes van kaptein Temba Bavuma en kolwer Aiden Markram het die knoop deurgehaak. Hulle het onderskeidelik…
15 Jun 2025 12AM 1 min

Honderdduisende betoog teen Trump

President Donald Trump se langverwagte militêre parade is Saterdag in die strate van die middestad van Washington gehou. Dit was ook Trump se 79ste verjaardag. Die viering van die Amerikaanse leër se 250ste herdenking is egter gekenmerk deur 'n dag van geweld en onenigheid. In die ure voor die parade…
14 Jun 2025 11PM 1 min

Rugby: Welwitschias klop Uganda net-net

Namibië se Welwitschias het Saterdag ‘n naelskraapse oorwinning teen Uganda op Naartjiepark op Walvisbaai behaal. Die eindtelling in dié vriendskaplike wedstryd was 22-19. Die wedstryd was deel van Namibië se voorbereiding vir die Afrika-nasiebeker en die Rugbywêreldbeker. Jacques Burger, die rugbydirekteur van die Namibiese Rugby-unie, het ná afloop van die…
14 Jun 2025 10PM 1 min

SA gesondheidsgeriewe onder druk ná vloede

Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê omgewingsgesondheidsinspekteurs sal waterdraende- en wintersiektes in die vloedgeteisterde Mthatha ondersoek. Motsoaledi waarsku die streek se reeds verswakte gesondheidsfasiliteite, insluitend lykshuise, verkeer onder druk na die ramp. Hy het die belangrikheid van lykskouings en behoorlike voorbereiding van liggame vir bedroefde families beklemtoon, en bygevoeg…
14 Jun 2025 9PM 1 min

Omaheke bederf met Junie-reën

Terwyl die kus deur oosweer en wind van tot 35 km per uur gelooi word, word berigte van mildelike reën uit die dele van die Omaheke-streek ontvang. Dit het vanoggend omstreeks 07:30 reeds sowat 50 km suid van Gobabis begin reën, terwyl sosiale media berig neerslae het ook in die…
14 Jun 2025 3AM 1 min

Rugby: Duarttee, Ndhlovu loop voor in Springbok-sewes

Twee spelers van die Blitsbok-wêreldkampioen, Ricardo Duarttee en Mfundo Ndhlovu, is aan die voorpunt van die Springbok-sewes se A-span vir die Rugby Afrika Sewesbekertoernooi volgende naweek in Mauritius. Hulle het albei drieë gedruk in die Blitsbokke se oorwinning oor Spanje in die eindstryd van die Wêreldreeks. Nog twee Blitsbokke, Sebastiaan…
14 Jun 2025 3AM 1 min

Namibië moet nog oor vyf hekkies om van gryslys af te kom

Ná die Finansiële Aksie-taakmag Namibië op sy gryslys geplaas het in Februarie verlede jaar, het die land reeds agt van die strategiese tekortkominge op die mag se aksieplan reggestel. Die taakmag het die land hiervoor geprys by sy plenêre vergadering in Straatsburg, Frankryk. Die oorblywende vyf moet teen Mei 2026…
14 Jun 2025 2AM 1 min

Oos-Kaap rou oor vloedslagoffers

Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, het 19 Junie as 'n provinsiale roudag verklaar ter herinnering aan diegene wat in die week se verwoestende oorstromings omgekom het. Tot dusver is 79 sterftes in die provinsie aangemeld. Die premier het aan die media gesê die regering en begrafnisondernemers werk saam om families…
14 Jun 2025 1AM 1 min
2200 – 2220