Die regering het 249 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag by Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria verwelkom na hul ontplooiing na die Demokratiese Republiek die Kongo. Die minister van Verdediging, Angie Motshekga, en weermagamptenare het die soldate ontvang, wat Vrydagaand ná verskeie vertragings weens logistieke en tegniese probleme aangekom het . Motshekga…
Min mense dink die Bulle gaan vandag in Dublin hond haaraf maak in die Verenigde Rugbykampioenskap-eindstryd teen Leinster, onder leiding van die voormalige Springbok-afrigter Jacques Nienaber. Die Bulle se afrigter, Jake White, het vroeër gesê die gasheerspan bestaan uit Ierse toetsspelers, die All Black Jordie Barrett op senter, met die…
Die polisie se teenwoordigheid in die strate van Otjiwarongo werp vrugte af, blyk uit ‘n rustige Vrydagaand op dié dorp. Hier en daar is sjebeen-eienaars voor stok gekry omdat hul lisensies nie in orde was nie. Jessica Thomas was deel van die Copps 94.1-span op Otjiwarongo en doen verslag van…
Drank was Vrydagaand die vernaamste sondaar in Windhoek met die polisie wat twee mans vir beweerde dronkbestuur vasgetrek het. Daar was ook drie ligte motorongelukke in die hoofstad. Francois Lottering van die Copps 94.1-span was oudergewoonte op die toneel en doen verslag:
Die ministerie van onderwys het 'n opdatering gegee oor skole wat gesluit was gedurende die efundja. Volgens lynminister Sanet Steenkamp, is geen leerling agter nie omdat skole die verlore tyd inhaal.
President Cyril Ramaphosa sê die dodelike vloede in die Oos-Kaap is 'n duidelike teken van die groeiende uitwerking wat klimaatsverandering. Die sterftesyfer in die provinsie het gestyg tot 79. Ramaphosa het tydens 'n besoek aan Mthatha gesê vloede is ongewoon in die winter en is 'n teken van hoe klimaatsverandering…
Die moordsaak van die transgender Christoff “Sexy Chamy” Fredericks is in die Katutura-landdroshof tot 20 Junie uitgestel vir pleitverrigtinge. Die 30-jarige Fredericks se liggam is in Mei verlede jaar met 32 steekwonde en met privaatdele verwyder gevind in Otjomuise se 7de Laan. Aktiviste was aanvanklik aktief in die veroordeling van…
Die sekretaris-generaal van die PDM, Manuel Ngaringombe, sê hulle sal die kandidaat van die United Democratic Front in die streekskiesafdeling-tussenverkiesings by Kamanjab, in die Kunene-streek, ondersteun. Alhoewel die party nie 'n kandidaat vir Kamanjab het nie, neem dit wel deel aan die Sesfontein-, Otjiwarongo- en Grootfontein-tussenverkiesings op 17 Junie. Kosmos…
Die Landbou-werkgewersvereniging het so pas hul jaarlikse kongres aangebied, met ’n rekordbywoning van 65 verteenwoordigers. 'n Praatjie oor geestesgesondheid op plase was baie gewild en gasspreker, Pastoor Wimpie Vernooy, het die gesprek gelei. Kosmos 94.1 Nuus het met Danie van Vuuren gepraat, die vereniging se uitvoerende hoof, wat meer inligting…
Die Nasionale Jeugraad se geaffilieerde liggame beskuldig in 'n verklaring die regering, spesifiek die onderwysministerie, van oortredings van die Nasionale Jeugraad-wet. Dit kom na die Jeugraad se verkose direksie in Desember 2024 verwyder is en vervang is met 'n beweerde onwettige tussentydse direksie, sonder dat die verteenwoordigende raad geraadpleeg is…
Statistieke Suid-Afrika sê mynbouproduksie was in April op 'n jaargrondslag 7,7-persent laer. Die grootste daling van meer as 24-persent was in die platinum-groep metale, gevolg deur dalings in goud en steenkool-uitsette. Ystererts is die enigste belangrike mineraal wat groei getoon het, met 'n styging van 5,3-persent. Juan-Pierre Terblanche van Stats…
Rugby: Die Bulle se hoofafrigter, Jake White, is vol lof vir Leinster voor Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-eindstryd in Dublin. Hy sê die Ierse span is strate voor enige ander span. Nie een van die twee kon nog die kompetisie wen nie, en die Bulle is die derde keer in 'n…
Die Nasionale Jeugraad se geaffilieerde liggame beskuldig in 'n verklaring die regering, spesifiek die onderwysministerie, van oortredings van die Nasionale Jeugraad-wet. Dit kom na die Jeugraad se verkose direksie in Desember 2024 verwyder is en vervang is met 'n beweerde onwettige tussentydse direksie, sonder dat die verteenwoordigende raad geraadpleeg is…
Die polisie in Gauteng het die afgelope week drie verdagtes op die OR Tambo Internasionale Lughawe vasgetrek vir dwelmsmokkelary. 'n Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê 'n Nigeriese burger is met sy aankoms uit São Paolo in Brasilië op pad na Nigerië in hegtenis geneem. Sy sê hulle het ook 'n…
Die minister vir Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, het kommer uitgespreek oor die toename in vrouemoord. Chikunga het verwys na 'n 2022-opname oor geslagsgeweld, en sê meer as 7,3-miljoen vroue is fisiek mishandel en byna 2,1-miljoen is seksueel aangerand. Die land se vrouemoordgevalle bly onder die…
Die Klimaatgeregtigheidkoalisie sê hy ondersteun die oproep dat Israelse aanvalle op Gaza gestaak word, dat die sogenaamde volksmoord gestaak word en die stryd vir ʼn vry Palestina voortgaan. Duisende aktiviste en gesondheidwerkers uit verskeie lande het gister in Egipte bymekaar gekom vir die opmars na Gaza. Die koalisie se woordvoerder,…
Alhoewel dit te vroeg is om definitief te sê dat Namibië die "wedloop" in groenwaterstof gewen het, is die land 'n duidelike leier in die streek en word beduidende vordering gemaak. Maar, Suid-Afrika vorder ook. President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat vier nuwe vlagskip-groenwaterstofprojekte voorberei word vir voorlegging aan die…
13 Jun 2025 3AM
1 min
2220 – 2240
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.