Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2240 – 2260

Midde-Ooste: Kenner sê oor plaaslike impak, en in SA

Israel se aanval op Iran, en Iran wat meer as 100 hommeltuie teruggevuur het, oorheers die internasionale nuus. Maar, daar kan plaaslik en in Suid-Afrika ‘n impak wees. Plaaslik besit die Iraniese regering 15 persent van Rössingmyn en in Suid-Afrika is daar noue diplomatieke bande, ook met die buurland se…
13 Jun 2025 3AM 1 min

Arbeidskenner sê oor net 'n derde van leerders wat op hoërskool is

Reaksie word ontvang op nuus dat ongeveer 27 persent van alle leerders in die land, rondom 900 000, is in hoërskool teenoor die oorblywende 72 persent wat laerskool bywoon. Volgens die jongste berigte is daar twee keer soveel graad een-leerders as graad 11-leerders. Dit sal ‘n beduidende impak op die…
13 Jun 2025 3AM 1 min

Honger? Hoe lyk dit met 'n gebraaide insek?

Die Departement van Dierkunde en Entomologie van die Universiteit van Pretoria se navorsing oor eetbare insekte ondersoek hoe om hierdie voedsel van die toekoms te teel en te oes. Dit fokus op die ontwikkeling van koste-doeltreffende teeltegnieke, oes- en hanteringsmetodes, waardetoevoeging en wetgewing om die volhoubare gebruik van insekte te…
13 Jun 2025 2AM 1 min

Ithete gesels oor plaaslike opwekking om kragtariewe bekostigbaar te hou

NamPower se goedgekeurde verhoogde tariewe het die parlement gehaal. Sommige gebruikers beskou die 3,8 persent verhoging wat die Elektrisiteitsbeheerraad goedgekeur het as te veel, siende dat lewenskoste veel vinniger styg as salarisse. Die PDM-parlementslid Diederick Vries het energieminister Natangue Ithete gevra wat die langtermyn plan is om tariewe laag te…
13 Jun 2025 2AM 1 min

Backyard Tenants wil Farm 37 fondse vir diens van erwe gebruik

Die stedelike ontwikkelingsministerie het 75 miljoen Namibiese dollar aan die Walvisbaai-munisipaliteit toegeken vir die ontwikkeling van Farm 37. Die burgemeester Trevino Forbes sê kritieke infrastruktuur sal ontwikkel word vir uitbreidings 1 tot 5 en 1 500 erwe sal ontwikkel word, ook met behuising. Die munisipaliteit teiken 60 persent voltooiing teen…
13 Jun 2025 1AM 1 min

SA beplan biosekuriteitsraad vir BKS

Die Kabinet sê hy het vinnig opgetree teen 'n nuwe uitbreking van bek-en-klouseer, met inperkingsmaatreëls wat reeds in plek is. Die Departement van Landbou het meer as 900 000 dosisse entstof bestel, met die eerste besending wat binnekort verwag word. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê plase wat…
13 Jun 2025 1AM 1 min

SA se moordsyfer hoër as Gaza

Action Society sê daar is verlede jaar meer as 26 000 moorde in Suid-Afrika gepleeg, wat meer is as die dodetal in nie Gaza-konflik. Die organisasie het die ‘Dekade van Verval’-veldtog bekendgestel om die stygende misdaad en die regering se mislukking om burgers te beskerm, te beklemtoon. Juanita du Preez…
13 Jun 2025 12AM 1 min

Navo: Net 3 lande het destyds se 2% behaal

Navo-lede skarrel om 5 persent van BBP-besteding op verdediging te behaal, in aanloop tot sy groot vergadering later vandeesmaand. Die Russiese-dreigement het eenvoudig te groot geword en bestediging op verdediging het die afgelope dekades aan die agterspeen gesuig. Keith Kellogg, die Amerikaanse president se spesiale gesant vir Oekraïne het by…
13 Jun 2025 12AM 1 min

Minister sê oor HPV-inentings

Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, het meer inligting gegee oor planne by die ministerie. Die regering poog om toegang tot gesondheidsorg te bevorder deur 'n personeelomset te hê wat voldoende is om alle pasiënte te versorg.
12 Jun 2025 11PM 1 min

Oos-Kaap moet as rampgebied verklaar word - DA

Die DA sê die Oos-Kaapse premier moet 'n provinsiale ramptoestand verklaar nadat minstens 70 mense weens verwoestende oorstromings dood is. Honderde gesinne is haweloos, en daar is omvattende skade aan huise, skole en hospitale. Verder is 500 000 inwoners sonder elektrisiteit. Die DA-lid, Vicky Knoetze, kritiseer die regering se stadige…
12 Jun 2025 11PM 1 min

Bek-en-klouseer sal verbruikers in SA raak

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, waarsku die uitbreking van bek-en-klouseer sal verbruikers in die korttermyn raak. Hy het tydens die Rooivleis-abattoirvereniging se 31ste konferensie in Somerset-Wes in Kaapstad aan die media gesê 900 000 dosisse entstof sal beskikbaar gestel word sodra dit vanaf Botswana se Entstof-instituut ontvang is. Die…
12 Jun 2025 10PM 1 min

VSA staan ondersoekers in Indië-vlugramp by

Amerika se minister van Vervoer, Sean Duffy, sê die Federale Lugvaartadministrasie werk nou saam met die Nasionale Vervoer-veiligheidsraad om Indiese owerhede by te staan met die ondersoek na die Air India-vliegongeluk. Altesaam 241 van die 242 mense aan boord is dood toe dit net na opstyging by ʼn lughawe in…
12 Jun 2025 10PM 1 min

Aanval op Iran: Olie styg met 8%

Oliepryse het met meer as 8 persent gestyg en die hoogste vlak in maande bereik nadat Israel aanvalle op Iran geloods het, wat spanning in die Midde-Ooste dramaties verhoog het en kommer oor ontwrigte olievoorrade laat ontstaan het. Dit verhandel tans net bo 76 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die aanvalle…
12 Jun 2025 9PM 1 min

Pensioenarisse ouer as 80 moet herregistreer vir toelaag

'n Openbare kennisgewing is uitgereik wat versoek dat 80-jariges hulself as lewendig verifieer by die maatskaplike welsyn-ministerie. Lede van die publiek was onder die indruk dat dit vals inligting is, maar die ministerie het die egtheid daarvan aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig. Die ministerie se woordvoerder, Lukas Haufiku.
12 Jun 2025 9PM 1 min

Namibië moet saam met enige land werk wat goed is vir sy kernkrag-ambisies

Die kwessie van ‘n kernkragsentrale en Rusland se Rosatom wat na Namibië kyk as kernkragvennoot bly in die nuus. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Leake Hangala, voormalige hoof van NamPower, wat sê Namibië moet geen land uitsluit wat goed sal wees vir sy kernkrag-ambisies nie.
12 Jun 2025 9PM 1 min

Rassie gaan voort met sy rotasiebeleid

Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hy sal voortgaan met sy span-rotasiebeleid. In 2024 het hy 50 spelers in 13 toetswedstryde gebruik en 12 nuwelinge ingespan. Erasmus het nege nuwelinge in sy groep van 55 vir die kragmeting teen die Barbarians op 28 Junie en toetse teen Italië en Georgië in Julie…
12 Jun 2025 9PM 1 min

Oos-Kaapse dodetal styg verder

Die dodetal in die Oos-Kaapse vloede het tot 57 gestyg. Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê die owerhede verwag dat die syfer verder sal styg. Hy beskryf die situasie in gebiede soos Mthatha as verwoestend en versoek Suid-Afrikaners om nie op gelyk vlaktes te bou…
12 Jun 2025 8PM 1 min

Een passasier, in sitplek 11A, oorleef Indiese vlugramp

Air India het bevestig dat 241 van die 242 mense op vlug AI-171 wat Donderdag in Ahmedabad neergestort het, dood is. Daar was 230 passasiers en 12 bemanningslede aan boord. Die enigste oorlewende, Britse burger Vishwash Kumar Ramesh, was in sitplek 11A op die Boeing 787-vlug na Londen. Hy het…
12 Jun 2025 8PM 1 min
2240 – 2260