Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2360 – 2380

KZN-polisie het baie vrae oor verdwyning van Comrades-atleet

Die KwaZulu-Natalse polisie stel tans ondersoek in na die omstandighede rondom die verdwyning van 'n Comrades-atleet wat ná die wedloop as vermis aangemeld is. Moira Harding van Kaapstad het die 98ste Comrades-marathon voltooi, maar toe verdwyn. 'n Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê sy is vanoggend gevind, na afloop van 'n intensiewe…
9 Jun 2025 3AM 1 min

Oshikoto se landelike water word onderbreek

NamWater het 'n beplande sluiting van watervoorsiening in dele van die Oshikoto-streek vanaf middernag vannag tot middernag môre. Lot Ndamanomhata, NamWater se segsman sê die sluiting sal alle verspreidingspyplyne wat vanaf die Onembenge tweede toring in die Oshikoto-streek voorsien word, raak. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
9 Jun 2025 3AM 1 min

Swart Ekonomiese Bemagtiging werk nie, Lamola - DA

Die DA doen 'n beroep op die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola om sy voortgesette bevordering van die ANC se mislukte ekonomiese transformasiebeleid te verduidelik. Die party sê in sy toespraak by die Black Business Council Donderdag het Lamola swart professionele persone versoek om die rewolusie te…
9 Jun 2025 3AM 1 min

Sardarov se skoolhoof gesels oor privaatskool

Die Russiese miljardêr en eienaar van Marula Game Ranch, Rashid Sardarov, het ‘n skool op een van sy lodges by Dordabis opgerig. Victoria Private School gaan nie net onderrig aan die kinders van Sardarov se werknemers verskaf nie, maar ook aan minderbevoorregte kinders. Kosmos 94.1 het met skoolhoof Frank Farmer…
9 Jun 2025 3AM 1 min

Wat maak Brent met dollar wat verswak?

Die prys van Brent ru-olie het effe gestyg en verhandel rondom 66 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die Amerikaanse geldeenheid is op die oomblik swakker wat beteken die prys van olie behoort te styg en volgens ekonoom Dawie Klopper, terwyl dit nog nie in werklikheid gebeur het nie, kan dit nou…
9 Jun 2025 3AM 1 min

GRN deel sy kwotas uit vir werklose vissermanne

Die visserye-minister, Inge Zaamwani, het aangekondig dat die regering se visvangkwotas onder die regering se Indiensnemingsherstelprogram aan sewe aangewese entiteite gegee is om betrokke werknemers te absorbeer. Die probleem het begin toe ongeveer 2 000 vissers in 2015 in 'n massa-afdanking afgedank is nadat hulle onwettige stakings uitgevoer het in…
9 Jun 2025 3AM 1 min

Khomas steier onder informele nedersettings weens migrasie

Die Namibiese Statistieke-agentskap se data wys hoë vlakke van migrasie van landelike gebiede na stede, meesal deur jong werksoekers. Cirrus-ontleder Tannan Groenewald sê egter sowat 75 persent van hulle land in informele nedersettings, sonder werk. Die migrasie plaas ook beduidende druk op behuising in stedelike gebiede. Kosmos 94.1 Nuus het…
9 Jun 2025 3AM 1 min

Pleitbedinging sal positief wees vir plaaslike regstelsel

Die Namibiese regstelsel gebruik nog nie pleitbedinging, of “plea bargaining” nie, maar dit wil voorkom of dit op die agenda is. Hoofregter Peter Shivute het die konsep op die voorgrond geplaas by 'n konferensie oor alternatiewe geskilbeslegting in Windhoek. Shivute het sy oortuiging uitgespreek dat die konferensie die weg sal…
9 Jun 2025 2AM 1 min

LA-polisiehoof sê oor betogings, National Guard

Die ontplooiing van die National Guard deur president Donald Trump, sonder dat Kalifornië se regering daarvoor gevra het, bly in die nuus. Die goewerneur Gavin Newsom maak kapsie daarteen en sê dit hits geweld aan. Los Angeles loop sedert Vrydag deur onder betogings, wat gewelddadig geraak het, teen immigrasie-klopjagte. Die…
9 Jun 2025 2AM 1 min

Kenner sê oor Trump en Elon se bekgeveg

Spanning tussen president Donald Trump en Elon Musk het vir eers verlig, met assistente van beide kante wat Vrydag stil-stil gesprekke gevoer het, volgens amptenare van die Withuis wat deur Politico aangehaal word. Alhoewel die openbare vete tot stilstand gekom het, meen amptenare beide partye is steeds uiters ongelukkig. Bronne…
9 Jun 2025 1AM 1 min

Bibberweer duur nog so bietjie voort, brei uit na die Noorde toe

Die bibberweer is nog nie verby en duur voort vannag met die koue wat na die noordelike dele versprei. Die Namibiese weerdiens sê temperature kan in die Suide begin herstel maar, sal steeds uiters koud wees. Odillo Kgobetsi van die diens het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
9 Jun 2025 1AM 1 min

RedForce in Walvisbaai bly in die nuus

Die Walvisbaai-munisipaliteit se betalingstelsel hou na bewering inwoners in ’n siklus van agterstallige skuld. In plaas daarvan om betalings te gebruik om die huidige maand se rekening te vereffen, ken die stelsel dit toe aan die oudste onbetaalde skuld, wat beteken elke maandelikse rekening word agterstallig. Die munisipaliteit het ook…
9 Jun 2025 12AM 1 min

Sneeu vandag in die Vrystaat voorspel

Die Vrystaatse Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sê provinsiale rampbestuurspanne het gebeurlikheidsplanne opgestel in afwagting van sneeuneerslae vandag. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n waarskuwing uitgereik vir matige sneeuval in die westelike en suidelike dele van die provinsie. Die departement se woordvoerder, Zimasa Mbewu, sê sneeu sal waarskynlik ook…
9 Jun 2025 12AM 1 min

Kalifornië het nie federale hulp aangevra nie

Die goewerneur van Kalifornië, Gavin Newsom, sê die ontplooiing van 2 000 lede van die National Guard in Los Angeles oor die naweek is doelbewus opruiend. Hy waarsku dat dit die spanning net sal laat toeneem. President Donald Trump het die soldate in Los Angeles ontplooi te midde van toenemende…
8 Jun 2025 11PM 1 min

DA dankbaar vir alle stappe wat Agoa beskerm

Die DA in die Wes-Kaap verwelkom voortgesette pogings om landbou-uitvoermarkte te beskerm. Die party sê die Verenigde State bly 'n kritieke handelsvennoot, veral deur die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, wat belastingvrye toegang vir 'n wye reeks Suid-Afrikaanse landbouprodukte bied. Noko Masipa van die DA sê in 2024…
8 Jun 2025 11PM 1 min

Marquez wen Aragon Grand Prix

Die sesmalige MotoGP-kampioen, Marc Marquez, het sy voorsprong in die motorfietsryerskampioenskap vergroot ná sy vierde oorwinning van die seisoen by die Aragon Grand Prix in Spanje. Sy jonger broer, Alex, is tweede en Francesco Bagnaia is derde. Die Suid-Afrikaner, Brad Binder, kon nie ʼn plek op die podium haal nie…
8 Jun 2025 10PM 1 min

SA woon Oseanekonferensie in Frankryk by

Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, woon vandag die derde VN-Oseanekonferensie in Nice, Frankryk, by. Die konferensie wil wêreldwye optrede versnel om oseane te bewaar en volhoubaar te gebruik Dit ondersteun Volhoubare Ontwikkelingsdoelwit 14: 'Lewe Onder Water'. Die departement se woordvoerder, Thobile Zulu-Molobi, sê die tema…
8 Jun 2025 10PM 1 min

Jongste oor Baba Z na naweek se behandeling

Baba Z van die Rauch Elohim-stigting is uit ‘n private hospitaal in Windhoek ontslaan ná hy die naweek ‘n nuwe dreineringspypie in sy brein moes kry. Ronel Peters, die stigter van Rauch Elohim, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
8 Jun 2025 10PM 1 min

Katima is in krisis gedompel, herstelwerk van hoofrioolpomp is stadig

Verouderde infrastruktuur wat nie met die behoeftes van die stygende inwonertal van Katima Mulilo kan tred hou nie, het tot ‘n rioolkrisis op die dorp gelei. Inwoners van Katima Mulilo is aangeraai om tydelik na nedersettings te verskuif om moontlike riooloorstromings in dele van die dorp te vermy ná die…
8 Jun 2025 9PM 1 min

Israel neem 12 ongewapende aktiviste in internasionale water in hegtenis

Israelse soldate het aan boord van die jag, Madleen, van die Freedom Flotilla Coalition gegaan wat humanitêre hulp en menseregte-aktiviste soos die klimaat-aktivis, Greta Thunberg, aan boord het. Die vaartuig het Vrydag uit Sisilië vertrek op pad na Gaza. Israel se ministerie van buitelandse sake sê die jag is beveel…
8 Jun 2025 9PM 1 min
2360 – 2380