Die UDM Vroue-organisasie sê hulle is geskok om te hoor dat die veroordeelde moordenaar Oscar Pistorius op 1 Mei aan die Isuzu Ysterman 70.3-driekamp in Durban deelgeneem het. Die party sê dit is sy eerste openbare sportbyeenkoms sedert hy in Januarie verlede jaar op parool vrygelaat is. Thandi Nontenja van…
Die verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, het ná twee stelle agter herstel en drie kampioenskapspunte afgeweer om die Italianer Jannik Sinner in ʼn epiese Franse Ope-eindstryd te verslaan. Die 22-jarige Spanjaard het die wêreld se nommer een in vyf ure en 29 minute met 4-6, 6-7, 6-4, 7-6, 7-6 verslaan in…
Vreugdesvure op Walvisbaai brand steeds hoog ná FNB Kudus Saterdag vir die eerste keer die Namibiese Rugbypremierliga gewen het. Die span het FNB Wanderers in die eindstryd op die Hage Geingob-stadion in Windhoek met 50-32 geklop. Kosmos 94.1 Nuus het met Shaun White, die afrigter van die Kudus, gesels:
Die DA sê die regering moet 'n gespesialiseerde landelike veiligheidseenheid met opgeleide en toegeruste lede wat fokus op landelike misdaad, plaasaanvalle en veediefstal in die polisie stig. DA-lid Ian Cameron sê vir die eerste keer het twee sleutelportefeuljekomitees, Landbou en Polisie, die werklikheid van en styging in plaasaanvalle en die…
Onderhandelinge tussen die regering, werkgewers en werkers is afgehandel om stakers wat in 2015 afgedank is, weer by vismaatskappye in te lyf. Ooreenkomste in dié verband is Saterdag op Walvisbaai onderteken. Volgens die minister van landbou en visserye, Inge Zaamwani, het al dié werkers, asook voormalige Namsov-werknemers nou weer werk.
Wilro Dippenaar en Carolyn Swan het geskiedenis gemaak deur die naweek se Shell V-Power Tara-tydren vir die derde opeenvolgende jaar te wen. Kosmos 94.1 se Francois Lottering het die gebeure gevolg en doen verslag van die toneel:
Die winter gaan die week met mening toeslaan en volgens voorspellings sal die hele land erg koud kry. Volgens die bekende weerkenner, George van der Merwe, is die stelsel uiters sterk en temperature sal baie laag wees. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Silke van der Merwe, die direkteur van…
Suid-Afrika se minister van landbou, John Steenhuisen, sê sy departement het meer as 900 000 dosisse entstof ter waarde van 70 miljoen rand bestel om die bek-en-klouseer-uitbrekings in die land te bekamp. Hy sê diere sal ingeënt word in alle gebiede wat die departement geprioritiseer het. Steenhuisen sê Limpopo en…
Die Comrades-marathonvereniging sê alles is gereed vir die groot jaarlikse wedloop. Vanjaar se afdraande-wedloop, van Pietermaritzburg na Durban, het 'n rekordaantal 24 000 inskrywings. Die hoofbestuurder van die Vereniging, Alain Dalais sê as gevolg hiervan moes 'n paar veranderinge aangebring word om die veiligheid van atlete te verseker. Een van…
Die Internasionale Energie-agentskap berig dat 17,3 miljoen elektriese motors in 2024 wêreldwyd geproduseer is, ongeveer 'n kwart meer as in 2023. Dit was grotendeels as gevolg van verhoogde produksie in China, wat 12,4 miljoen elektriese motors, of meer as 70 persent van globale produksie opgelewer het. Die opswaai is te…
Rugby: Daar sal geen genade wees wanneer die Bulle en die Haaie mekaar vandag op Loftus in Pretoria aandurf nie. Dit gaan hier oor 'n plek in die eindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die afskop op Loftus is kwart-oor-ses. In die ander halfeindstryd is Leinster op hulle tuisveld in Dublin…
Namibië en Zambië se gesamentlike bestuurskomitee vir 'n eenstop-grenspos by Katima Mulilo het in Livingstone, Zambië, 'n konsep-implementeringsplan en bestuursraamwerk aangeneem, met die doel om die plan binne 'n maand te finaliseer en die projek binne 18 maande te voltooi. Die Namibië Inkomste-agentskapskommissaris Sam Shivute en Zambië se permanente handelsekretaris…
Rugby: Die Haaie draf vandag op die veld sonder hulle twee kragreuse, Eben Etzebeth en Jason Jenkins wat albei beseer is. Dit beteken hulle speel hulle halfeindstryd in die Verenigde Rugbykampioenskap op Loftus Versfeld met Corné Rahl en Emile van Heerden as slotpaar. Die kaptein van die Haaie, Siya Kolisi,…
Die Copps 94.1-span het ‘n stil Vrydagaand gehad, maar dat jongmense nie veilig kan uitgaan in die hoofstad nie is onderstreep. Francois Lottering was midde-in die aksie en doen verslag:
Die uitvoerende hoof van die Namibiese Beleggingsbevordering- en Ontwikkelingsraad, Nangula Uuandja, het 'n onderhoud by die regering se inligtingsentrum gehad oor die impak van buitelandse beleggings op die Namibiese ekonomie. Sy het die aantal werksgeleenthede in Namibië as gevolg van direkte buitelandse beleggings bespreek.
Padwedlope: Tweemalige Comrades-marathonkampioen Tete Dijana soek hierdie naweek 'n driekuns in die ikoniese, 90-kilometer ultramaraton nadat hy laasjaar gesukkel het. Verlede jaar se wenner, Piet Wiersma sal sy titel verdedig met die afwedloop van Pietermaritzburg na Durban. Onder die top aanspraakmakers in die mansafdeling is Joseph Manyedi, Dan Moselakwe en…
Die Internasionale Ombudsman-instituut het onlangs 'n verslag vrygestel met die titel "Skakeling met gemeenskappe: Uitreikingspraktyke van Ombudsman-instansies regoor die wêreld". Die verslag het gefokus op 101 lede se uitreikingstrategië en innoverende idees om betekenisvol met hul gemeenskappe te skakel. Die Namibiese Kantoor van die Ombudsman is gekies as een van…
Die Suid-Afrikaanse rand het vandag in vroeë handel versterk, na data van die sentrale bank getoon het dat buitelandse reserwes verlede maand toegeneem het. Om 2-uur het die rand teen 17,76 teenoor die Amerikaanse dollar verhandel, sy hoogste vlak sedert Desember 2024. Dit is ook uitstekende nuus vir Namibië, weens…
Die Teenkorrupsie-kommissie het bevestig dat die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa sake by hom geregistreer het. Dit kom na hy melding gemaak het van grond in ruil vir voertuie, glo by Katima Mulilo. Hy het ook gesê hy het bewyse dat by een dorpsraad, wat hy nie wou noem…
6 Jun 2025 7AM
1 min
2380 – 2400
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.