Die Wes-Kaapse Landboudepartement waarsku veeboere om waaksaam en versigtig te wees. Dit volg nadat nuwe gevalle van bek-en-klouseer in Newcastle en Bergville in KwaZulu-Natal aangemeld is, wat by veilings ook na Mpumalanga en Gauteng versprei het. Die departement se woordvoerder, Mary James, sê boere word aangeraai om diere net by…
Die Amerikaanse minister van verdediging, Pete Hegseth, sê hy is vol vertroue dat lede van die Navo-alliansie Donald Trump se eis vir 'n groot hupstoot in verdedigingsbesteding sal onderskryf. Dit kom na ministers van verdediging in Brussel bymekaar gekom het. Navo se sekretaris-generaal Mark Rutte het ‘n bestedingsteiken van 5…
ActionSA vra dat die nasionale direkteur van Openbare Vervolgings, Shamila Batohi, afgedank en ʼn volledige parlementêre ondersoek na die Nasionale Vervolgingsgesag se mislukte vervolgings ingestel word. Die party sê die NVG se diepliggende wanfunksionering is weer ontbloot met die onwettige en onregmatige hantering van die uitlewering van Moroadi Cholota, Ace…
Krieket: Die voormalige witbal-afrigter, Rob Walter, is vir die volgende drie jaar aangewys as Nieu-Seeland se nuwe mansafrigter in alle formate. Hy het die Proteas na die halfeindrondes van die 2023-Wêreldbeker vir eendagreekse en die 2025-Kampioenetrofee gelei, en in 2024 na die T20-Wêreldbeker-eindstryd. Sy kontrak duur tot ná die T20-Wêreldbeker…
Die Presidensie sê president Cyril Ramaphosa is optimisties oor die toekoms van Suid-Afrika se handelsbetrekkinge met die VSA. Suid-Afrika het 'n handelsvoorstel aan die Amerikaanse handelsverteenwoordiger gestuur, en verdere gesprekke word vir later hierdie maand beplan. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, het aan die media gesê die regering…
Die Windhoek Stadsraad het verdgader. Die se burgermeester Ndeshihafela Lanrandja het verskeie kwessies geopper wat die stad as uitdagings ervaar. Dit sluit in die gesondheid van skoolkinders en hulle damprook neigings sowel as straatkinders.
Die kwessie van ongeakkrediteerde hoër-onderwys- of opleidingsinstellings wat basies studente se tyd en geld mors duik elke jaar op. Nog 'n probleem is kwalifikasies wat aan mense verkoop word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lina Ndengu, die woordvoerder van die Namibië Kwalifikasie-owerheid, wat raad gee.
Die mielie-oesseisoen het op 5 Mei begin en die Namibië Akkerbouraad het 'n bogemiddelde 2025 bemarkingsseisoen voorspel. In sy jongste vooruitskouing sê die raad die oes sal sowat 70 000 ton beloop, 103 persent hoër as verlede jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Loide Uahengo, die raad se bestuurder…
Die Giraffe Conservation Foundation het die jongste oor sy studie oor die laer-ledemate van kameelperde om die versorging van dié diere in dieretuine en bewaringsprogramme wêreldwyd te bevorder, gedeel. Stephanie Fennessy, die uitvoerende direkteur en mede-stigter van die stigting het met Kosmos 94.1 Nuus gesels. Sy sê daar is opgewondenheid…
Die Duitse kanselier Friedrich Merz het met CNN gepraat na sy samesprekings met president Donald Trump. Merz het Trump gevra om meer druk op Rusland te plaas om die oorlog in die Oekraïne te beëindig. Maar hy het vroeër gesê dat Europa meer onafhanklik van die VSA moet wees omdat…
Oscar-genomineerde en musikant Cynthia Erivo sê om vanjaar se Tony Awards aan te bied, is 'n pragtige manier om 'n sirkel vir haar te voltooi. Sy het in 2016 'n Tony gewen vir haar vertolking van Celie in The Colour Purple. Van die genomineerdes vanjaar is Jonathan Groff, Danya Taymor,…
Die nuus dat Karan Beef, Suid-Afrika se grootste voerkraal, positief getoets het vir bek-en-klouseer maak steeds opslae. Die siekte is egter net by een van sy drie voerkrale, die een by Heidelberg, geïdentifiseer. Dr. Dirk Verwoerd, die senior voerkraal-veearts by Karan Beef, het aan OFM radio in Suid Afrika gesê…
Dit gons op internasionale nuuskanale na Elon Musk en Donald Trump se “bro-manse” opgebreek het en in 'n venynige heen-en-weer geveg ontaard het. Musk het onder andere beweer dat Trump se naam verskyn in lêers rakende die pedofiel-finansier Jeffrey Epstein. Mark Stone, SkyNews se korrespondent in Amerika, lewer kommentaar.
Schwenk-sement nader die einde van die verkoop van sy Namibiese filiaal, Ohorongo. Die maatskappy, saam met die Namibiese Mededingingskommissie, bied 'n konferensie aan om die samesmelting met Whale Rock Cement. Gedurende 2020 na berigte oor die verkoop die nuus gehaal het is daar gesê dat daar min belangstelling is en…
Die provinsiale kommissaris van polisie in Gauteng, Tommy Mthombeni, sê die moordsyfer het met 10,8-persent afgeneem tussen Januarie en Maart vanjaar, maar Gauteng loop swaar deur onder 'n moordvlaag. Hy lys die grootste oorsake as rusies, misverstande, padwoede en uitlokking, met roof 'n kortkop agter die ander oorsake. Volgens Mthombeni…
Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor landbou het sy kommer uitgespreek oor die uitbreking van bek-en-klouseer by Karan Beef se voerkraal in Heidelberg. Daar is tans 120 000 beeste by die voerkraal en slegs 2 persent is met die siekte besmet. Komiteevoorsitter, Jaco Mulder, loof Karan Beef vir hul vinnige…
Die wêreld-nommer-een Aryna Sabalenka van Belarus en die Amerikaner Coco Gauff gaan albei probeer om hul eerste Franse Ope-titel in te palm wanneer hulle Saterdag in die eindstryd kragte meet. Sabalenka het die viermalige kampioen Iga Swiatek van Pole verslaan terwyl Gauff die Franse promotorskeuse, Lois Boisson, se skitterende poging…
Die Rehoboth-gemeenskap sukkel al lank met toenemende dwelmmisbruik in die area. Inwoners het onlangs teen die euwel betoog. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die gemeenskapsaktivis Manfred Draghoender, wat sê dwelmgebruikers moet hulle na godsdiens keer om gerehabiliteer te word. Hy brei uit oor hoe die probleem die gemeenskap beïnvloed.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.