Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2420 – 2440

MEFT herstel 97km van 824km se Etosha heining, na 13 jaar

Die omgewingminister, Indileni Daniel, het op Wêreldomgewingsdag 'n opdatering gegee van al die ministerie se aktiwiteite. Een daarvan was die opgradering van grensdrade en paaie in die Etosha Nasionale Park, wat steeds aan die gang is. Daniel is aan die woord.
5 Jun 2025 9PM 1 min

Herrie los in die VSA, Trump en Musk baklei, hard

'n Openbare bekgeveg het tussen Elon Musk en Amerikaanse president Donald Trump uitgebreek nadat Musk Trump se sogenaamde “One Big Beautiful Bill” gekritiseer het. Musk het uitgevaar op X en Trump met Jeffrey Epstein verbind, gevra dat hy in ‘n staat van beskuldiging geplaas word en ‘n peiling opgestel om…
5 Jun 2025 9PM 1 min

Suid-Afrikaners neem voortou by Mopani Ope in Zambië

Die Suid-Afrikaners, Herman Loubser en Hennie Otto, loop saam voor na die eerste ronde van die Mopani Zambië Ope by die Nkana-gholfklub in Zambië na hul rondes van vyf onder baansyfer 67. Hulle is een hou voor hul landgenoot en verdedigende kampioen, MJ Viljoen, en die Sweed Fredrik From. Ander…
5 Jun 2025 8PM 1 min

Cosatu verwelkom beskermende wet op oumense

Cosatu verwelkom die Parlement se goedkeuring van die Wysigingswetsontwerp op Ouer Persone wat nou vir ondertekening na president Cyril Ramaphosa verwys is. Die nuwe wetgewing sal die toepaslike owerhede in staat stel om kwesbare ouer persone sonder 'n hofbevel na tydelike veilige verblyf oor te plaas. Cosatu se woordvoerder, Matthew…
5 Jun 2025 8PM 1 min

Omgewingsministerie lig post-Covid prestasies uit

Die omgewingsministerie het vanoggend 'n inligtingsessie aangebied om met Wêreldomgewingsdag saam te val. Die ministerie se prestasies is uitgelig, veral die toerismebedryf se herstel na Covid-19 in 2020. Lynminister Indileni Daniel het ‘n paar statistieke gedeel.
5 Jun 2025 8AM 1 min

DA kap versuim om grondeise af te handel

Die DA sê die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het versuim om bestaande grondeise te verwerk, ondanks die feit dat hulle die wetlike raamwerk, tyd en befondsing gehad het om dit te doen. Tot op hede is meer as 52-miljard Suid-Afrikaanse rand aan grondteruggawes bestee. Sonja Boshoff van…
5 Jun 2025 8AM 1 min

Welwitschias hard aan't oefen voor besige program

Die Namibiese Rugby-unie het sy Welwitschias-oefengroep aangekondig vir die komende Junie-kamp en opwarmingswedstryde. Namibië sal teen Uganda en die Airlink Pumas te staan kom voor 'n toets teen Italië. Hierdie voorbereidings is vir die Rugby Afrikabeker 2025 in Julie in Uganda, wat dien as 'n direkte kwalifiseerder vir die 2027…
5 Jun 2025 7AM 1 min

Jeugraad se Swartz-Gowases waar sy moet wees: PDM jeugleier

Die direkteur van die Nasionale Jeugraad, Calista Swartz-Gowases, wat op 17 Maart ná 'n jaarlange skorsing heringestel is, is ná 'n raadsvergadering op gedwonge verlof geplaas. Volgens bronne is die verlof bedoel om billike, onpartydige en onafhanklike ondersoeke na griewe wat teen haar geopper is te fasiliteer, asook om die…
5 Jun 2025 7AM 1 min

Gerugte oor Swapo-leiers se tweestryd 'ongegrond en vervaardig'

Swapo het 'n perskonferensie by die party se hoofkwartier gehou om onlangse mediaberigte aan te spreek dat sy president, Netumbo Nandi-Ndaitwah, en sekretaris-generaal Sophia Shaningwa nie meer om dieselfde vuur sit nie. Die president het die berigte “ongegrond en vervaardig” genoem. Nandi-Ndaitwah is aan die woord.
5 Jun 2025 7AM 1 min

Karan se bek-en-klouseer moet les wees vir Namibië

Nog kommentaar word ontvang op die nuus dat Karan Beef, Suid-Afrika se grootste voerkraal, positief getoets het vir bek-en-klouseer. Karan Beef koop maandeliks tussen 40 000 en 50 000 kalwers aan en die wegval van hierdie mark sal ‘n enorme uitwerking op die speenkalfprys hê. Namibiese produsente word ook geraak…
5 Jun 2025 7AM 1 min

Zim-boere verwag groot tabak-oes

Zimbabwiese boere het verlede jaar meer as 240 miljoen kilogram tabak geproduseer, wat meer as 1,4 miljard Amerikaanse dollars in uitvoere verdien het. Die land se tabakbemarkingseisoen het in Maart afgeskop, en belanghebbendes verwag vanjaar groter oeste weens gunstige reënval. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Deon Theron, die voormalige…
5 Jun 2025 6AM 1 min

Bulle-Sharks VRK-halfeindstryd amper uitverkoop

Die Verenigde Rugby-kampioenskap se halfeindstryde word hierdie naweek gespeel, met alle oë op Loftus Versfeld in Pretoria, waar die Bulls en die Sharks mekaar die stryd gaan aansê. In die ander wedstryd kom Leinster teen Glasgow te staan in die Aviva-stadion in Dublin. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Willem…
5 Jun 2025 6AM 1 min

NIP gaan laboratoriumverbruiksgoedere plaaslik vervaardig

Die Namibiese Instituut vir Patologie het 'n moderne innovasiesentrum vir laboratoriumverbruiksgoedere in Swakopmund bekend gestel. Die NIP Innovation Hub, gerugsteun deur 'n belegging van 15 miljoen Namibiese dollar vir die jaar tot dusver, sal noodsaaklike laboratoriumverbruiksgoedere vervaardig. Dr. Iyaloo Konstantinus, hoof van navorsing en ontwikkeling by die instituut, het meer.
5 Jun 2025 5AM 1 min

Laer brandstofprys sal boere help

ʼn Senior FNB-ekonoom, Koketso Mano, sê met die oes van somergewasse in volle swang sal die jongste verlaging van die brandstofprys boere se winsgrens verhoog omdat dit ongeveer 13-persent van graanboere se insetkoste uitmaak. Albei grade petrol kos vyf-sent per liter minder terwyl die dieselprys met 37-sent per liter daal…
5 Jun 2025 5AM 1 min

TLU SA sê ANC gaan voort om eiendomsregte te skend

Die landbou-organisasie TLU SA sê die Wysigingswetsontwerp op Kopiereg en die Wysigingswetsontwerp op die Beskerming van Uitvoerende Kunste is niks minder nie as 'n voortsetting van die sistematiese aanval op privaat eiendomsregte in Suid-Afrika. Die twee wetsontwerpe is deur die ANC by die Parlement ingedien. Bennie van Zyl van die…
5 Jun 2025 3AM 1 min

VSA veto Gaza-skietstilstand resolusie

Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad kon nie ʼn resolusie aanvaar vir ʼn onmiddellike en permanente skietstilstand in Gaza nie, omdat Amerika dit geveto het. Die resolusie eis ook die vrylating van alle gyselaars wat Hamas aanhou, en die veilige en ongehinderde verspreiding van humanitêre hulp aan Gaza. Die waarnemende Amerikaanse…
5 Jun 2025 3AM 1 min
2420 – 2440