Die winter sal oor die naweek sy afwagting begin maak en volgende week sal die hele land erg koud kry. Volgens die bekende weerkenner, George van der Merwe, is die stelsel uiters sterk en temperature sal baie laag wees.
Plaaslike media het onlangs berig oor die swak salarisse van kleinhandelwerkers. Statistieke toon dat 302 210 werknemers in Namibië se arbeidsmag maandeliks minder as 5 000 Namibiese dollar betaal word, terwyl kleinhandelwerkers 'n maandelikse salaris van ongeveer 1 500 dollar kry. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tim Parkhouse, voormalige…
Die goewerneur van die Zambezi-streek, Lawrence Sampofu, het nie veel kommer oor die eise van die United Democratic Party dat die regering die streek onmiddellik ontruim. Die party, onder leierskap van Mishake Muyongo, het op 2 Augustus 1999 'n onsuksesvolle poging geloods om die streek van Namibië af te skei…
Die VF Plus doen 'n beroep op president Cyril Ramaphosa om te verduidelik hoekom hy die Nasionale Gesondheidsversekeringswet kort voor verlede jaar se verkiesing onderteken het. Dit volg na die president appèl by die Konstitusionele Hof oor die Hooggeregshofbeslissing dat hy redes moet verskaf. Philip van Staden van die VF…
Wêreldomgewingsdag word vandag herdenk, teen die agtergrond van plastiek-besoedeling wat 'n globale probleem is. Die Stad Windhoek bied 'n geleentheid aan met 'n paneel komende van verskeie omgewingsinstellings, wat tersaaklike kwessies sal bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Stad Windhoek se woordvoerder, Lydia Amutenya.
Rooibos-liefhebbers word op Wêreldomgewingsdag aangemoedig om hulle rooibosteeblare te herwin as deel van pogings om afval te verminder. Die Suid-Afrikaanse Rooibosteeraad sê meer as 3,5-miljard koppies rooibostee word jaarliks gedrink wat 'n geleentheid bied om gebruikte tee in kompos, natuurlike skropmiddels of mot-afweringsmiddels te omskep. Adele du Toit van die…
Die Amerikaanse Kongres-begrotingskantoor sê president Donald Trump se Belasting- en Bestedingswetsontwerp sal oor die volgende dekade 42,73 triljoen Namibiese dollar by die federale regering se skuld voeg. Die wetsontwerp wat aansienlike belastingverligting en groter besteding op verdediging bevat, is verlede maand deur die Huis van Verteenwoordigers goedgekeur en word tans…
Onlangs het die Swakopmund-munisipaliteit amptelik die Wagdaar informele nedersettingsterrein aan Zero Six Five Trading en Mawila Technical Services oorhandig om die infrastruktuurprojek van stapel te stuur. Dit sluit in die voorsiening van munisipale dienste vir Uitbreiding 42 in die nedersetting wat 310 erwe dek. Linda Mupupa, die woordvoerder van die…
Die Britse eerste minister Keir Starmer het die oorlog in Gaza beskryf as 'n afgryslike en ondraaglike situasie. Ten minste 54 381 mense is in Gaza dood sedert Hamas se dodelike aanval in Israel op 7 Oktober 2023 met 4 117 mense wat dood is sedert Israel sy aanvalle in…
Die direkteur-generaal van die Departement van Water en Sanitasie, Sean Phillips, sê Suid-Afrika staan op die rand van 'n ernstige waterkrisis, met verouderde infrastruktuur, swak regering en onderbelegging wat kommer wek. Inwoners verduur steeds landwyd droë krane en onbetroubare watertoevoer. Phillips waarsku dat dringende optrede nodig is om 'n volskaalse…
Die driemalige kampioen, Novak Djokovic, en die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner gaan in die Franse Ope se halfeindronde kragte meet. Die 38-jarige Serwiër het verlede jaar se finalis, Alexander Zverev van Duitsland, verslaan in sy poging om die rekord te verbeter met ʼn 25ste Grand Slam-titel. Sinner het gemaklik afgereken met…
Amerika se president Donald Trump het ʼn bevel onderteken wat van 9 Junie af 12 lande se burgers verbied om na Amerika te reis en voer sekerheidsredes aan. Die lande is Afghanistan, Mianmar, Tsjad, die Republiek die Kongo, Ekwatoriaal-Guinee, Eritrea, Haïti, Iran, Libië, Somalië, Soedan en Jemen. Mense uit sewe…
Die Vereniging van Vleis-In- en -Uitvoerders doen 'n beroep op die regering om pluimvee-invoere uit lande wat vry van voëlgriep verklaar is, te heropen. Dit sluit Frankryk, Swede, Denemarke en België in. Invoere uit Brasilië bly opgeskort weens 'n uitbreking in Rio Grande do Sul, maar 'n gedeeltelike opheffing van…
Klagtes het in die openbaar opgeduik oor die personeel van 'n sekere hotel wat na bewering gaste se privaatheid skend, veral dié van manlike sakelui. Daar word berig gaste word per WhatsApp gekontak vir afsprake of, daar word laataand op hul kamerdeur geklop om te vra of enige dienste benodig…
Die Bank van Namibië se monetêre beleidskomitee se repokoers aankondiging sal op 18 Junie gemaak word. In die vorige aankondiging het die komitee die repokoers onveranderd op 6,75 persent gehou. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Omu Kakujaha-Matundu van Unam se departement ekonomie gepraat, wat sy voorspelling gee.
Dis vandag Wêreldomgewingsdag onder die tema, Bekamp Plastiekbesoedeling. Die Omgewingsbeleggingsfonds sê dit sluit sterk aan by sy voortgesette pogings om omgewingsagteruitgang wat deur plastiekafval veroorsaak word, te bestry. Die fonds het verskeie inisiatiewe geïmplementeer wat daarop gemik is om plastiekbesoedeling te verminder en omgewingsvolhoubaarheid te versterk. Onder die maatreëls is…
Die United Democratic Party, UDP, eis weereens dat die regering die Zambezi-streek onmiddellik ontruim. Die streek is voorheen die Caprivi-strook genoem. Die UDP, onder die leierskap van Mishake Muyongo, het op 2 Augustus 1999 'n onsuksesvolle poging geloods om die Zambezi-streek van Namibië af te skei. The Namibian berig dat…
Die uitvoerende hoof van AgriSA, Johann Kotze, sê Suid-Afrika benodig 'n voedselsekerheidsindeks wat die werklike situasie intyds aandui. Voedselsekerheid word gedefinieer as 'n toestand wat bestaan wanneer alle mense te alle tye fisiese en ekonomiese toegang tot voldoende, veilige en voedsame voedsel het om aan hul dieetbehoeftes en voedselvoorkeure vir…
Die Namibië Korrektiewe Diens het 'n uitpasseer-parade vir 270 rekrute wat hul nege maande basiese opleiding voltooi het, by die Lucius Sumbwanyambe Mahoto Korrektiewe Diens Opleidingskollege in Omaruru gehou. Eerste minister Elijah Ngurare het 'n toespraak van president Netumbo Nandi-Ndaitwah gelees, en die diens geprys vir sy akkerbou-pogings wat nie…
4 Jun 2025 8AM
1 min
2440 – 2460
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.