Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2460 – 2480

Saftu verwerp viering van 0,1% BBP-groei

Die vakbondfederasie Saftu sê hy verwerp die regering se oppervlakkige viering van die 0,1-persent groei in bruto binnelandse produk in vanjaar se eerste kwartaal. Hy sê die sogenaamde groei is nie insluitend of hervormend nie. Saftu-woordvoerder Newton Masuku sê fiskale, monetêre en handelsbeleid sal radikaal verander moet word om groeivlakke…
4 Jun 2025 8AM 1 min

Sentrale bank skets hoogtepunte, ekonomiese uitdagings

Die Bank van Namibië het sy jaarlikse diplomatieke betrekking gehou met hoofde van sendings en multilaterale instellings in die land. Die geleentheid het vanoggend plaasgeving teen die agtergrond van voortslepende onsekerheid in die mark. Die bank se goewerneur, Johannes !Gawaxab het die afgevaardigdes toegespreek en Josefina Oskar, die bank se…
4 Jun 2025 7AM 1 min

Karan-situasie raak ons boere, maar uitvoere na SA reeds minder

Nog kommentaar word ontvang op die nuus dat Karan Beef, Suid-Afrika se grootste voerkraal, positief getoets het vir bek-en-klouseer. Karan Beef koop maandeliks tussen 40 000 en 50 000 kalwers aan en die wegval van hierdie mark sal ‘n enorme uitwerking op die speenkalfprys hê. Namibiese produsente word ook geraak…
4 Jun 2025 7AM 1 min

Olieraffinadery saam met Botswana 'maak sin'

Namibië se ambisies om 'n plaaslike olieraffinadery te ontwikkel, kan ernstige uitdagings in die gesig staar, met lae nasionale brandstofvraag en hoë kapitaalvereistes wat as belangrike struikelblokke na vore kom. ‘n Raffinadery benodig vraag van tot 300 000 vate daagliks en kan tot 90 miljard Namibiese dollar kos om op…
4 Jun 2025 7AM 1 min

Goeie vooruitsigte vir groei in privaatsektor kredietverlening

Die jaarlikse groei in privaatsektor kredietverlening in April was 4,5 persent, effe laer as die 5 persent wat in Maart aangeteken is, maar aansienlik hoër as die 1,6 persent in April 2024. Besighede bly die hoofbydraers met groei van 7,1 persent op ‘n jaargrondslag, terwyl huishoudelike kredietgroei effens gedaal het…
4 Jun 2025 6AM 1 min

KI 'gaan toekomstige oorloë oorheers'

Die voormalige Amerikaanse ambassadeur by Navo, Kay Bailey Hutchison, sê kunsmatige intelligensie sal oorlog in die toekoms oorheers. Besteding op verdediging, veral binne Navo, is op die Europese en Britse agenda. Bailey Hutchison het met Sky News gepraat.
4 Jun 2025 6AM 1 min

MK-party se Shivambu 'nederig' om in parlement te dien

Floyd Shivambu van die MK-party het belowe om sy nuwe rol in die Parlement te gebruik om die party voor volgende jaar se plaaslike regeringsverkiesing en die algemene verkiesing in 2029 te versterk. Sy herontplooiing volg na 'n dissiplinêre besluit oor 'n ongemagtigde reis na Malawi, waar hy die voortvlugtige…
4 Jun 2025 5AM 1 min

Banyana Banyana fokus op Afrika-beker vir Vroue

Sokker: Die afrigter van Banyana Banyana, Desiree Ellis, sê hulle fokus nou op voorbereidings vir die Afrika-beker vir Vroue wat volgende maand in Marokko gespeel word. Suid-Afrika is as kampioene van die Drienasies-reeks gekroon nadat hulle Zambië met 2-0 in die Lucas Moripe-stadion in Pretoria verslaan het. Banyana het die…
4 Jun 2025 5AM 1 min

Reëlings op dreef vir olie- en gaskonferensie later vanjaar

Windhoek skud sy vere reg vir die derde olie- en gaskonferensie wat tussen 12 en 15 Augustus sal plaasvind. Die konferensie is die week bekendgestel, en tydens 'n paneelbespreking is vrae gestel oor hoe Namibiërs baat sal vind by die ontluikende olie- en gasbedryf, Shakwa Nyambe, besturende vennoot by SNC…
4 Jun 2025 3AM 1 min

VN stem vandag oor onvoorwaardelike skietstilstand in Gaza

Die VN-Veiligheidsraad sal vandag oor 'n resolusie wat 'n onmiddellike, onvoorwaardelike en permanente wapenstilstand in Gaza eis wat deur alle partye gerespekteer word, stem. Volgens VN-diplomate sal die Verenigde State dit waarskynlik veto. Die voorgestelde resolusie beskryf die humanitêre situasie in Gaza as katastrofies. Die woordvoerder van die VN se…
4 Jun 2025 3AM 1 min

Vryheidsindeks bring ander probleme na vore

Die Namibiese ekonomie word steeds grotendeels as nie vry nie beskou deur 'n toonaangewende internasionale indeks. Die Heritage Foundation het Namibië vanjaar sewende uit 47 lande suid van die Sahara in sy indeks van ekonomiese vryheid geplaas. Wêreldwyd is Namibië 94ste uit 184 lande. Namibië se telling het met 1,2…
4 Jun 2025 3AM 1 min

Namibië het 'n kultuur van verkragting

Reaksie word ontvang op aanmerkings deur die aanklaer-generaal Martha Imalwa wat sosiale media-gebruikers versoek om nie verkragtingslagoffers te bespot nie. Die vermeende slagoffer in die verkragtingsaak teen die voormalige lanadbouminister het in verskeie voorvalle deurgeloop. Kosmos 94.1 Nuus het met maatskaplike aktivis Ethne Mudge gepraat. Sy het haar kommer oor…
4 Jun 2025 3AM 1 min

Wat van Namibië, na Botswana groei na 0% aanpas oor diamantverkope

Botswana sal sy ekonomiese groei-voorspelling vir 2025 tot byna nul verminder weens die langdurige afswaai in die wêreldwye diamantbedryf, het 'n senior amptenaar in die finansministerie gesê. Botswana is die wêreld se voorste produsent van diamante volgens waarde en die ekonomie steun grootliks op diamantuitvoere. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat…
4 Jun 2025 3AM 1 min

Parlement hervat volgende week bedrywighede

Die Nasionale Vergadering sal na verwagting op 10 Junie hervat en verskeie items is reeds op die agenda. Dit is die begroting, die Wysigingswetsontwerpe op Openbare Verkryging en die Regbank, en die Padwetsontwerp. Al die wetsontwerpe is sonder wysigings in die Nasionale Raad aangeneem. Verder is daar verskeie Staande Komitee-verslae…
4 Jun 2025 2AM 1 min

EFF steeds boos oor belasting wat sonder LP's geïmplementeer word

Die EFF sê hulle sal hul parlementêre verteenwoordiging gebruik om te verhoed dat die Nasionale Tesourie in die toekoms belasting sonder behoorlike demokratiese toesig instel. Dit volg nadat die Wes-Kaapse Hooggeregshof die party se aansoek teen die brandstofheffingverhoging met koste van die hand gewys het. Die verhoging van 16-sent per…
4 Jun 2025 2AM 1 min

Hyphen sit nasionale vaardigheidsdatabasis voort

Hyphen Hydrogen Energy het vroeër vanjaar ‘n vaardigheidsensus van stapel gestuur ter ondersteuning van Namibië se eerste grootskaalse groenwaterstofprojek. Namibiërs kan sodoende hul vaardighede en dokumente op ‘n nasionale databasis vir werksoekers insluit. Die sensus gaan die plaaslike talent identifiseer, die gereedheid van die arbeidsmag bepaal, asook riglyne vir toekomstige…
4 Jun 2025 1AM 1 min

eThekwini berei voor vir die 98ste Comrades

Die eThekwini-munisipaliteit sê hy is druk besig om gereed te maak vir die 98ste Comrades-marathon, wat een van die grootste sportgeleenthede op die Suid-Afrikaanse kalender is. Meer as 80 nasies word Sondag verteenwoordig wanneer die 89 kilometer van Pietermaritzburg na Durban aangedurf word. Die munisipaliteit se woordvoerder, Gugu Sisilana, sê…
4 Jun 2025 1AM 1 min

Meer geld by Gauteng-begroting sal nie verskil aan dienslewering maak nie

Die DA in Gauteng sê die 886,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat by die provinsiale begroting gevoeg is, sal nie ʼn beduidende verskil maak aan dienslewering en inwoners se lewensgehalte nie. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Lebogang Maile, het die provinsiale begroting vir die 2025/2026-boekjaar opnuut voorgelê nadat veranderinge…
4 Jun 2025 12AM 1 min

Musk sê Trump se 'big, beautiful bill' is 'n gruwel

Die miljardêr Elon Musk het president Donald Trump se belasting- en bestedingswetsontwerp gekritiseer en dit verregaande en ʼn gruwel genoem. Die wetsontwerp wat triljoene Amerikaanse dollar se belastingverligting insluit, is verlede maand in die Huis van Verteenwoordigers aanvaar. Musk, wat die Trump-administrasie verlede week verlaat het, sê die Kongres maak…
4 Jun 2025 12AM 1 min
2460 – 2480