Die Royal Challengers Bengaluru het die Punjab Kings met ses lopies geklop om hul eerste Indiese Premierliga-titel te buit. Virat Kohli met 43 het die meeste lopies bygedra en RCB het in sy 20 boulbeurte 190 vir nege behaal. Ten spyte van Shashank Singh se onoorwonne 61, is Punjab in…
Die African Transformation Movement eis 'n onmiddellike verbod op Elon Musk se onderneming, die Starlink-satellietdiens, en sê dit word onwettig in Suid-Afrika bedryf. Die ATM kritiseer die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid se versuim om op te tree en noem Starlink se bedrywighede 'n bedreiging vir nasionale soewereiniteit. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona,…
Die Europese Unie en die Afrika Unie het verdere bande gesmee ter voorbereiding vir die sewende EU-AU beraad. Die beraad sal later vanjaar in Afrika plaasvind, en al die besonderhede moet nog bekend gemaak word. Ian du Pont, die adjunkhoof van die EU-sending na Namibië, het meer oor die vergadering.
Die Internasionale Lugvervoer-vereniging, IATA, het 'n opdatering van die finansiële vooruitsigte van lugdienste vanjaar aangekondig, wat beter winsgewendheid oor 2024 en veerkragtigheid toon in die lig van die wêreldwye ekonomiese en politieke verskuiwings. Alhoewel wêreldwye BBP-groei na verwagting van 3,3 persent in 2024 tot 2,5 persent in 2025 sal daal,…
Die direkteur van die Namibiese Rugby-unie en legendaries speler Jacques Burger doen ‘n beroep op rugbyondersteuners in die land om nie net die klubspanne die naweek te ondersteun nie, maar ook die nasionale span wat verskeie wedstryde die maand speel ter voorbereiding vir kwalifisering vir die Wêreldbeker in 2027. Hy…
Die BeFree Cares-kliniek het onlangs voortplantingsgesondheidsopleiding vir gesondheidsorgwerkers aangebied en jong meisies bygestaan met voortplantingsgesondheidsdienste. Jeugdiges tussen die ouderdomme van 18 en 35 kan steeds al die BeFree-kampus se dienste benut. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Pauline Kahupi, die uitvoerende direkteur van die One Economy-stigting, wat die belangrikheid van…
Mej. Wêreld Namibië, Selma Kamanya, het die naweek geskiedenis gemaak in Hyderabad deur onder die top-8 uit 107 deelnemers in die kompetisie se finaal te eindig. Mej. Thailand, Suchata Chuangsri, is as die nuwe Mej. Wêreld gekroon. Kosmos 94.1 Nuus het met haar opgevang na haar terugkeer uit Indië. Sy…
Die kwessie dat Starlink 30 persent plaaslike aandeelhouding moet hê om 'n bedryfslisensie te kan kry was onlangs in die nuus in Suid-Afrika, met die regering wat beoog om die beleid en wette hieroor te verslap. Daar is net soos in Namibië, 'n groot behoefte in afgeleë en ondergedienste gebiede…
Die onderwysminister Sanet Steenkamp is op streeksbesoek. Tydens haar besoek aan die Karas-streek, het sy haar kommer uitgespreek oor die afwesigheid van veral onderwysers by die skole.
Suid-Afrika se ekonomie het met slegs 0,1-persent in die eerste drie maande van die jaar gegroei. Die landbousektor, met 'n groei van byna 16-persent danksy goeie reën, was die hoofdryfveer en het gehelp om 'n inkrimping in die bruto binnelandse produk te vermy. Mynbou en vervaardiging het die ekonomie egter…
Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg het aansoeke van voormalige president Jacob Zuma en die Franse wapenmaatskappy, Thales, om hul wapentransaksie-korrupsieverhoor te staak, van die hand gewys. Zuma en Thales staan tereg op aanklagte van korrupsie, bedrog, afpersing en geldwassery wat verband hou met die wapentransaksie van 1999 van multimiljard-rand. Regter Nkosinathi…
Rugby: Die Springbok-vroue se veelsydige voorspeler, Lerato Makua, sê sy is vasbeslote om 'n impak te maak in die Afrika-vrouebeker in Madagaskar wat Saterdag begin. Suid-Afrika wil hulle titel teen Uganda, Kenia en die gasvroue Madagaskar by die Stade Makis in Antananarivo verdedig. Makua, wat na 'n kniebesering terugkeer, sê…
Die gesondheidsministerie se bekendstelling van die entstof teen menslike papilloomvirus, of HPV in die nasionale roetine-immuniseringskedule, sal van 30 Junie tot 18 Julie plaasvind. Dit is oorspronklik vir 2 tot 13 Junie beplan, maar is herskeduleer om te verseker dat alle nodige voorbereidings in plek is. Die HPV-inentingsprogram is hoofsaaklik…
Namibië se mynbougedrewe welvaart word bedreig deur internasionale politieke spanning en handelsbeskerming wat ‘n demper op die vooruitsigte vir kommoditeitspryse vir vername uitvoere soos basismetale en diamante plaas. Hoewel Namibië min direkte handel met Amerika dryf, voel die land wel indirek die impak van Trump-tariewe en trae globale nywerheidsbedrywighede. Kosmos…
Die Okahandja -toerisme- en handelsuitstalling het vandag geopen, nadat dit in Mei uitgestel is weens moorde op drie jong meisies. Dit het gekom na druk deur gemeenskapslede en aktiviste na die lyke van die 5-jarige Ingrid Maasdorp, die 6-jarige Roswinds Fabianu en die 15-jarige Beyonce Kharuxas gevind is. Burgemeester Beatrice…
Die Stad Windhoek sê meer as 40 500 inwoners is reeds op ‘n waglys vir grond. Dié syfer hou aan styg ten spyte van die Stad se pogings om in die vraag na behuising en erwe te voorsien. Die Shack Dwellers Federation stem saam dat die probleem al hoe groter…
ActionSA sê die Onafhanklike Polisieondersoek-direktoraat het 30 dae uitstel gevra vir die party se aansoek volgens die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. Die PAIA-aansoek vra die bekendmaking van die OPOD-verslag oor die presidensiële beskermingseenheid se betrokkenheid by die Phala Phala-diefstalsaak in 2020. Die minister van Polisie, Senzo…
3 Jun 2025 6AM
1 min
2480 – 2500
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.