Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2500 – 2520

Groot kommer oor lewenskoste in SA

Die Vereniging van Staatsamptenare het kommer uitgespreek oor die jongste verslag oor lewenskoste in Suid-Afrika. Die verslag onthul dat oplopende hoofinflasie tussen 2011 en 2023 met 94,6-persent gestyg het, terwyl die koste van noodsaaklike goedere teen ʼn baie hoër koers geklim het. Die vakbondwoordvoerder Claude Naiker sê die prys van…
3 Jun 2025 4AM 1 min

Onderwysminister hoor van kwessies in Suide

Die minister van onderwys, Sanet Steenkamp is besig met besoeke aan dorpe en skole in die Suide van die land. In die Hardap-streek het sy met goewerneur Riaan McNab ontmoet. Hy het sy kommer uitgespreek oor verskeie kwessies waaronder vervalle skole en skole wat met asbes gebou is. Luister self.
3 Jun 2025 4AM 1 min

Groot kommer oor lewenskoste in SA

Die minister van onderwys, Sanet Steenkamp is besig met besoeke aan dorpe en skole in die Suide van die land. In die Hardap-streek het sy met goewerneur Riaan McNab ontmoet. Hy het sy kommer uitgespreek oor verskeie kwessies waaronder vervalle skole en skole wat met asbes gebou is. Luister self.
3 Jun 2025 4AM 1 min

NNN moet bestuur van diversiteit in die land aanspreek

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het nou twee keer in belangrike toesprake gesê dat sy nie 'n verdeelde nasie wil lei nie. Sy het dit die eerste keer in haar intreerede gesê toe sy as president verkies is, en dit herhaal tydens die amptelike vieringe van die Volksmoord Herdenkingsdag in Windhoek. Die…
3 Jun 2025 3AM 1 min

VF+ sê SA is in fase ses van die tien wat vir volksmoord nodig is

Die Vryheidsfront Plus sê volksmoord is ʼn storm wat in Suid-Afrika broei. Die internasionale organisasie, Genocide Watch, het tien stadiums van volksmoord geïdentifiseer. Volgens die organisasie is wit boere in die land by fase ses – polarisasie. Wynand Boshoff van die VF Plus sê die eienskappe van hierdie stadium sluit…
3 Jun 2025 3AM 1 min

Onthou, brandstofpryse daal vannag

Bestuurders word daaraan herinner om nie hulle voertuie voor middernag vol te maak nie. Die petrolprys daal dan met 30 sent per liter terwyl beide grade van diesel met 70 sent ‘n liter daal. Die aankondiging van die brandstofprys is Vrydag bekend gemaak. Ten Hasheela, woordvoerder van die energieministerie.
3 Jun 2025 3AM 1 min

NLU sê oor generasionele plaaswerkers

Die Namibiese Landbou-unie stem saam met landbouminister Inge Zaamwani dat kommersiële boere waardige en volhoubare oplossings moet vind vir generasionele plaaswerkers en hulle nie van plase af verdryf nie. Zaamwani sê gedwonge uitsettings van hierdie plaaswerkers, wat oor generasies ‘n bydrae tot plase gelewer het, is onmenslik en onaanvaarbaar. Kosmos…
3 Jun 2025 3AM 1 min

Bek-en-klouseer by Karan en die plaaslike impak

Nog kommentaar word ontvang op die nuus dat Karan Beef, Suid-Afrika se grootste voerkraal, positief getoets het vir bek-en-klouseer. Die rimpeleffek hiervan is groot. Karan Beef koop maandeliks tussen 40 000 en 50 000 kalwers aan en die wegval van hierdie mark sal ‘n enorme uitwerking op die speenkalfprys hê…
3 Jun 2025 3AM 1 min

Olieprys: Wat gaan aan?

Die prys van Brent ru-olie het wisselvallig vertoon oor die afgelope paar dae en dit is moeilik om te sê hoe die kommoditeit sal presteer. Steeds rondom 65 Amerikaanse dollar ‘n vat het die prys Maandag met amper 4 persent gestyg en dit kom terwyl daar voorspellings is vir ‘n…
3 Jun 2025 2AM 1 min

DA in Jhb eis leefstyloudits na tenders van R1 miljard

Die DA in Johannesburg gaan 'n formele klag by die Spesiale Ondersoekeenheid indien oor tenders ter waarde van meer as 1 miljard Suid-Afrikaanse rand wat na bewering toegeken is aan maatskappye wat bande het met huidige en voormalige stadsraadslede. Die party eis leefstyloudits vir alle geïmpliseerde amptenare en raadslede, 'n…
3 Jun 2025 2AM 1 min

Groenwaterstofprogram gee miljoene vir beurse

Namibië se Groenwaterstofprogram het in die middel van Mei 25 miljoen Namibiese dollar aan die Kantoor van die Adjunkpresident beskikbaar gestel vir ‘n beursinisiatief in die Karas- en Hardapstreke. Die befondsing het ‘n vennootskap met die Duitse regering en Sasscal laat geskied. Kosmos 94.1 het met die woordvoerder van die…
3 Jun 2025 1AM 1 min

Gaza-skietery: Guterres vra onafhanklike ondersoek

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, vra ʼn onafhanklike ondersoek na die dood van Palestyne naby ʼn hulpverspreidingsentrum in Gaza. Minstens 31 mense is Sondag dood toe die Israelse weermag na bewering op burgerlikes geskiet het naby die Amerikaans- en Israel-gesteunde Gaza Humanitêre Stigting se voedselsentrum. Israel ontken ten…
3 Jun 2025 1AM 1 min

Sangoma verskyn op klagte van moord op kind, 2

'n Vyftig-jarige sangoma van Lesotho, Sebokoana Khounyana, het in die hof in Vanderbijlpark verskyn vir die moord met voorbedagte rade en mensehandel van die twee-jarige Kutlwano Shalaba. Die kind se ma, Kuneuwe Shalaba, staan ook tereg op 'n aanklag van moord. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Lumka Mahanjana, sê die…
3 Jun 2025 12AM 1 min

Boulder-aanvaller van haatmisdaad, moordklagte aangekla

Die man wat volgens berigte Sondag in Boulder, Colorado, ʼn vlamwerper en petrolbomme gebruik het om mense by ʼn optog ter ondersteuning van Israelse gyselaars aan te val, is aangekla. Twaalf mense is beseer. Mohamed Sabry Soliman is aangekla van ʼn federale haatmisdaad en 16 aanklagte van poging tot moord…
3 Jun 2025 12AM 1 min

Namibiese sakelui moet ook tot omgewing bydra

Die finansministerie gaan ‘n raamwerk ontwikkel wat private beleggings in klimaatsprojekte bevorder. ‘n Parlementêre komitee het versoek dat inkomste uit koolstofmarkte die Aanpassingsfonds ondersteun en dring aan op die spoedige vestiging van ‘n fonds vir klimaatsrampe. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die plaaslike ekoloog, dr. Peter Cunningham, wat sê…
2 Jun 2025 11PM 1 min

Een uit elke vyf hoërskoolleerders in SA damprook

Die adjunkminister van Gesondheid, Joe Phaahla, sê die verheerliking van damprook en gegeurde tabakprodukte veroorsaak 'n gevaarlike toename in nikotienverslawing onder tieners. Hy het tydens Wêreld Geen Tabakdag in Midrand onthul dat een uit elke vyf hoërskoolleerders damprook. Phaahla het beklemtoon dat hierdie neiging gesondheid op die lange duur bedreig…
2 Jun 2025 11PM 1 min

Onderwysassistente moet voltydse onnies word - Cosatu

Cosatu bepleit beter ondersteuning om onderwysassistente te help om voltydse onderwysers te word en so meer loopbaanrigtings vir jongmense oop te stel. Die vakbond sê dit sal onderwys help verbeter, die wanbalans in die onderwyser-leerder ratio verminder en jeugwerkloosheid beveg. Matthew Parks van Cosatu verwelkom die terugkeer van die presidensiële…
2 Jun 2025 10PM 1 min

Daar moet geen beloning vir Putin wees nie

Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het beklemtoon die sleutel tot blywende vrede is duidelik: Die aggressor moenie enige beloning vir die oorlog ontvang nie. Dit volg ná ʼn tweede ronde vredesonderhandelinge gister in Istanboel tussen Rusland en Oekraïne wat sonder ʼn deurbraak geëindig het. Zelensky het by ʼn beraad in…
2 Jun 2025 10PM 1 min

Moedertaalonderrig suip aan die agterspeen

Reaksie word ontvang op die onderwysministerie wat sê hy sukkel om gekwalifiseerde onderwysers in Afrikaans, Khoekhoegowab en Setswana te kry. Maatskaplike aktivis, Shaun Gariseb, is van die mening dat die lynminister die probleem ignoreer. Hy verduidelik.
2 Jun 2025 9PM 1 min
2500 – 2520