Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2520 – 2540

Kommer oor pryse, uitvoere, na Karan bek-en-klouseer bevestig

Karan Beef, Suid-Afrika se grootste voerkraal, het positief getoets vir bek-en-klouseer. Die voerkraal sê daar word nou saam met die staat se veeartsenydienste gewerk, en dat alle innames van beeste by sy Heidelberg-fasiliteit tot tyd en wyl gestaak word. Die rimpeleffek hiervan is groot. Karan Beef koop maandeliks tussen 40…
2 Jun 2025 9PM 1 min

Meer aandag nodig vir bestaande besighede, as nuwe besighede

Namibië beklee die 85ste plek uit 118 lande in die skep van 'n bevorderlike omgewing vir begin-besighede, volgens die Global Startup Ecosystem-indeks deur Startup Blink. Die indeks word jaarliks saamgestel met behulp van honderde duisende datapunte wat verwerk word deur 'n algoritme wat 'n paar dosyn stelle parameters in ag…
2 Jun 2025 9PM 1 min

SAPD-lede moet met seksoortrederlys vergelyk word

Build One South Africa doen 'n beroep op polisieminister Senzo Mchunu om alle polisielede dringend binne die volgende drie maande teen die seksoortredersregister na te gaan. Die oproep kom nadat dit aan die lig gekom het dat minder as 0,14-persent van polisiepersoneel hierdie toets ondergaan het. BOSA eis ook 'n…
2 Jun 2025 8PM 1 min

Britte het groot planne vir verdediging

Brittanje het aangekondig dat hy 12 nuwe aanvalsduikbote gaan bou. Die land het 'n groot verdedigingshersiening van stapel gestuur wat die land meer oorlogsgereed sal maak. Die eerste minister, Keir Starmer, het oorlog in Europa, nuwe kernkragrisiko's, daaglikse kuberaanvalle en toenemende Russiese aggressie gelys as bedreigings. Generaal Sir Richard Barons,…
2 Jun 2025 8PM 1 min

Die dag wat was, 2 Junie 2025

Welkom by die heel eerste ooit Dag Wat Was, waar Kosmos jou ‘n opsomming van die hoofnuusgebeure van die dag, van hier, daar en oral, bring.
2 Jun 2025 10AM 5 min

Vivo se verkoop van Engen, Shell diensstasies in volle swang

Vitol Emerald Bidco, of Vivo Energy in Namibië, het verlede jaar 74 persent van Engen bekom en as deel van die Namibiese Mededingingskommissie se voorwaardes, moet hy van 58 Engen- en Shell-diensstasies in die land ontslae raak. Dit is om billike mededinging te verseker. Die transaksie is tans in die…
2 Jun 2025 8AM 1 min

ACS verwelkom sekerheidsopgraderings by lughawens

Aviation Co-ordination Services het die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid se goedkeuring om vier kritieke bagasie-ondersoekeenhede by OR Tambo en King Shaka Internasionale Lughawens te vervang, verwelkom. Dit volg op 'n uitspraak van die Johannesburgse Hooggeregshof wat die dringende opgraderings verpligtend maak te midde van kommer oor verouderderde toerusting. Die uitvoerende hoof van…
2 Jun 2025 8AM 1 min

Pluimveebedryf floreer, en kan nog groei

Namibië se pluimveebedryf se groeikurwe duur voort. Verlede jaar was die bedryf se produksiewaarde 1,74 miljard Namibiese dollar, ‘n styging van 13 persent teenoor die vorige jaar. Naas beesboerdery lewer pluimvee die tweede grootste bydrae tot landbou in die land. Pluimveeboere word versoek om by die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad, LLPB,…
2 Jun 2025 8AM 1 min

Afrika-lande moet loskom van buitelandse hulp: Ithete

Die adjunk-eerste minister en myne-minister, Natangue Ithete, verteenwoordig Namibië as die huidige voorsitter van die Afrika-streeksplatform vir ramprisikoverminderingsburo by die Globale Platform vir Ramprisikovermindering wat van 2 tot 6 Junie 2025 in Genève, Switserland, plaasvind. In sy openingsrede sê Ithete Afrika-regerings moet ontslae te raak van chroniese afhanklikheid van buitelandse…
2 Jun 2025 8AM 1 min

Drasties laer uitvoerheffings op huide, velle om veebedryf te help

Die finansministerie het die uitvoerheffing op rou huide en velle, sowel as gepekelde huide, drasties verminder. Dit is volgens die ministerie noodsaaklik om die veebedryf te bevorder en te ondersteun, en om plaaslike waardetoevoeging ‘n hupstoot te gee. Ministeriële woordvoerder Wilson Shikoto het die syfers.
2 Jun 2025 8AM 1 min

Stadspolisie ontvang 250 CCTV-kameras

Lede van die Windhoek-gemeenskap het onlangs 250 geslotekring-kameras aan die Windhoek Stadspolisie geskenk. Die hoofstad se metropolisie gebruik toenemend kameras om misdaad te bekamp. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met sersant Kavetoka Humavindu gepraat. Sy meen dit toon samewerking deur inwoners om misdaad hok te slaan.
2 Jun 2025 3AM 1 min

Inisiasieskole moet geregistreer wees voor seisoen begin

Die O.R. Tambo Inisiasieforum in die Oos-Kaap doen 'n beroep op alle inisiasieskole om te verseker dat hulle behoorlik geregistreer is voor die winter-inisiasieseisoen wat middel Junie begin. Die voorsitter, Nkosi Lutuka, het aan SABC Nuus gesê bewusmakingsveldtogte en monitering word opgeskerp. Dit volg ná 29 sterftes wat deur die…
2 Jun 2025 3AM 1 min

Insette oor hervorming van wetgewing... DBV gee siening

Die ministerie van justisie het, in opdrag van president Netumbo Nandi-Ndaitwah, vir die publiek se insette oor die hervorming van wetgewing gevra. Die sperdatum vir terugvoer is 13 Junie. Kosmos 94.1 het Silke van der Merwe, die direkteur van die Dierebeskermingsvereniging in Windhoek, gevra watter wette ideaal vir troeteldiere sal…
2 Jun 2025 3AM 1 min

Meer oor die N$1,2m beloning vir renosterstropers

‘n Beloning van 1,2 miljoen Namibiese dollar is uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisname van verdagtes wat vier renosters op 'n plaas in die Malathöhe-distrik gestroop het. Daar word vermoed dat dit die werk was van 'n sindikaat. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jaco Muller van…
2 Jun 2025 3AM 1 min

Reaksie op BoN wat 3% van buitelandse reserwes in goud sal hou

Die Bank van Namibië gaan tot 3 persent van sy buitelandse valutareserwes in plaaslik-ontginde goud hou, as deel van ’n nuwe diversifikasiereël. Volgens die bank se woordvoerder, Kazembire Zemburuka, word goud nie gebruik om die geldeenheid te steun nie, soos wat in Zimbabwe gedoen word. In Maart het Namibië se…
2 Jun 2025 3AM 1 min

Roof van bejaardes: Dis alle dorpsrade se verantwoordelikheid

Swakopmund staar 'n toename in rooftogte in die gesig wat op bejaardes gemik is, met slagoffers wat aanrandings aanmeld wanneer hulle nie waardevolle items kan oorhandig nie. Uit vrees vir hul veiligheid vermy sommige bejaardes nou kerkdienste op weeksdae. In reaksie hierop installeer die munisipaliteit CCTV-kameras by 15 brandpunte, maar…
2 Jun 2025 2AM 1 min

Oud-Biden segsman sê Israel pleeg oorlogsmisdade

Die voormalige woordvoerder vir president Joe Biden se buitelandse departement Matthew Miller glo Israel pleeg oorlogsmisdade in Gaza. Miller het met Sky News gepraat en sê die standpunt is sy persoonlike opinie. Hy verduidelik.
2 Jun 2025 2AM 1 min

GRN tref voorbereidings vir Eurobond-aflossing

Die Namibiese regering het 'n aflossingsfonds begin om hul Eurobond-skuld te vereffen. Daar is reeds 463 miljoen Amerikaanse dollar in hierdie fonds, op pad na die 500 miljoen dollar teiken ter voorbereiding van die terugbetaling van die Eurobond van 750 miljoen dollar wat op 29 Oktober vanjaar betaalbaar is. Kosmos…
2 Jun 2025 1AM 1 min
2520 – 2540