Die pas gekroonde 72ste Mej. Wêreld, Opal Suchata Chuangsri van Thailand, sê sy sal tydens haar heerskappy voortgaan met haar Skoonheid met ʼn Doel-projek, For HER. Die projek is ʼn borskankerveldtog wat op opvoeding, vroeë opsporing en bemagtiging fokus. Sy is die eerste Thaise vrou wat die Mej. Wêreld-titel wen…
Forum for Suid-Afrika het formeel 'n voorstel by die Parlement ingedien waarin hulle die hersiening van Artikel 11 van die Grondwet aanvra om die herinstelling van die doodstraf moontlik te maak. Tebogo Mashilompane, van die Forum voer aan dat stygende moordsyfers, veral op vroue en kinders, strenger strawwe vereis. Met…
Maja Stark van Swede het ʼn finale ronde van 72 aangeteken om haar eerste major titel op te raap met ʼn oorwinning van twee houe by die Amerikaanse Vroue-ope by Erin Hills in Wisconsin. Die wêreld-nommer-een, Nelly Korda van Amerika, en Rio Takeda van Japan deel die tweede plek op…
Die Departement van Justisie ontwikkel 'n vrouemoord-inisiatief om geslagsgeweld die hoof te bied. Die hoof van die Bevordering van die Regte van Kwesbare Groepe, Praise Kambula, het die behoefte aan verbeterde ondersoek- en vervolgingstelsels beklemtoon om sulke misdade te bestry. Sy het teenoor SABC News beklemtoon dat die inisiatief daarop…
Die Britse verdedigingsminister John Healey sê daar is geen twyfel dat die Britse verdedigingsbesteding teen 2034 tot 3 persent van die BBP sal styg nie. In Februarie het eerste minister, sir Keir Starmer, planne uiteengesit om verdedigingsbesteding teen April 2027 tot 2,5 persent te verhoog, met 'n duidelike teiken om…
Reaksie word steeds ontvang oor die tyd wat buitelandse toeriste moet wag, al dan nie, om by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe en die Walvisbaai Lughawe met hulle e-visums deur doeane te gaan. Sommige plaaslike berigte praat van ure wat in rye spandeer word, terwyl die regering dit ontken en…
Ses mense tussen 67- en 88-jaar is beseer nadat ʼn man volgens berigte mense by ʼn winkelsentrum in Boulder, Colorado, in Amerika aan die brand gesteek het. Die 45-jarige verdagte, Mohamed Sabry Soliman, het na bewering ʼn tuisgemaakte vlamwerper gebruik en ʼn brandbom tussen die mense gegooi terwyl hy "Free…
Brande in informele nedersettings in veral die winter is ‘n ernstige bedreiging. Inwoners gebruik dikwels onveilige maniere om hul plakkershutte te verhit, soos kerse, oop vure en paraffienstowe. Kosmos 94.1 Nuus het Fillipus Sikongo, ‘n seniorstasie-offisier by die brandweer in Windhoek vir wenke gevra om binnenshuise brande te voorkom.
Veediefstal, en die wreedheid wat dikwels daarmee gepaardgaan, is nogmaals onder die vergrootglas nadat die eienaars van die plaas Klein Okombahe naby Omaruru vandeesweek ‘n kalf gevind het wat met ‘n spies deurdring was. Die kalf het by die kraal uitgekom maar is toe dood. Die Omaruru Boerevereniging het die…
Die eerste helfte van 2025 was allesbehalwe kalm, met 'n golf van ekonomiese skokke en geopolitieke probleme wat wêreldmarkte en beleggersvertroue geskud het. Terwyl aandele gereeld hoofopskrifte haal, het kommoditeite die duidelikste seine van die onderliggende wêreldwye bui gelewer. Namate makro-ekonomiese risiko's vererger, pas beleggers hul taktieke aan en kyk…
Die Gauteng-polisie sê hulle soek drie verdagtes in verband met die moord op die adjunkhoofsweep van die IVP, Khethamabala Petros Sithole. Hy is Saterdag in 'n skietery by die Buyafuthi-hostel in Katlehong aan die Oos-Rand dood. Sy party het die moord as 'n sluipmoord bestempel. Die provinsiale polisiewoordvoerder, Brenda Muridili,…
Oscar Piastri van McLaren het sy voorsprong in die jaerskampioenskap oor sy spanmaat Lando Norris tot tien punte vergroot, nadat hy die Spaanse Grand Prix gewen het. Norris het tweede geëindig met Charles Leclerc van Ferrari derde. Die heersende wêreldkampioen, Max Verstappen van Red Bull, wat by 'n reeks voorvalle…
Mamelodi Sundowns pak Pyrmids FC om agtuur vanaand in Kaïro vir die beslissende tweede ronde van die CAF Kampioeneliga-eindstryd. Sundowns moet ná hulle gelykopuitslag van een-elk, minstens met 2-elk gelykop speel om die titel te kan verower. Die afrigter, Steve Komphela, sê die span het die vermoëns, maar hulle moet…
Adjunkpresident Lucia Witbooi het ‘n beroep op tradisionele leiers gedoen om onderlinge geskille uit die weg te ruim wat verdeeldheid saai. Witbooi het Vrydag tydens die opening van die sesde Nama Kulturele Fees op Keetmanshoop gesê verskille moet minsaam opgelos word ter bevordering van maatskaplike vooruitgang, groei en ontwikkeling.
Die uittredende hoof van die Valke, advokaat Godfrey Lebeya, sê daar was geen politieke inmenging binne die direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke sedert dit gestig is nie. Tydens 'n afskeidsfunksie die naweek het hy 'n oorsig gegee van sy ampstermyn van 2018 tot sy laaste dag by die Valke en polisie in…
AfriForum het die Parlement aangemoedig om minagting van die Konstitusionele Hof te vermy deur sperdatums vir die regstelling van ongrondwetlike wette na te kom. Dit volg op 'n tweejaar-verlenging wat toegestaan is vir die aanvaarding van die Wet op Tradisionele en Khoi-San-leierskap. Barend Uys van AfriForum waarsku dat die vertraging…
Mej. Wêreld Namibië, Selma Kamanya, het Saterdaand in Hyderabad, Indië geskiedenis gemaak deur onder die top-8 uit 107 deelnemers te eindig. Mej. Thailand, Suchata Chuangsri, is as die nuwe Mej. Wêreld gekroon. Tydens die kompetisie is Kamanya gevra hoekom sy dink sy behoort die kroon te dra. Hier is haar…
FNB Kudus en FNB Wanderers het Saterdag op die Hage Geingob-stadion in Windhoek deurgedring na die eindstryd van die Namibiese Rugbypremierliga. FNB Kudus het FNB Grootfontein met 42-37 geklop, terwyl FNB Wanderers Trustco United met 39-14 verslaan. PJ Walters, die kaptein van FNB Kudus, het só na hul stryd teen…
Die president van die Maldives, Mohamed Muizzu, het Saterdag die Wêreldgesondheidsorganisasie se spesiale erkenning vir Wêreld Geen Tabak-dag ontvang vir sy leierskap in tabakbeheer. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Ghebreyesus, het Muizzu se toewyding aan openbare gesondheid geprys. Die Maldive-eilande het onder sy leierskap e-sigarette verbied, die ouderdom vir…
Die minister van minerale en petroleumbronne, Gwede Mantashe, sê Orion Minerals se Prieska koper-en sinkmyn sal ekonomiese ontwikkeling in die Noord-Kaap aansienlik bevorder. Mantashe het tydens 'n besoek aan die terrein 'n gedenkplaat onthul en die myn se vermoë beklemtoon om werk te skep en plaaslike besighede op te hef…
31 May 2025 2AM
1 min
2540 – 2560
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.