Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2560 – 2580

Só het polisie daggaplantasie by Hochfeld ontdek

Dit gons steeds oor die daggaplantasie wat op 'n plaas in die Hochfeld-omgewing ontdek is. Die waarde van die plantasie word op 52 miljoen Namibiese dollar geskat. Twee beskuldigdes, die 42-jarige Armand Schultz en 'n 27-jarige Suid-Afrikaner, David van der Linden, het reeds daaroor in die Okahandja laerhof verskyn en…
31 May 2025 2AM 1 min

Nama-fees: Kultuur verenig, sê Witbooi

Adjunkpresident Lucia Witbooi het ‘n beroep op Namibiërs gedoen om te verenig deur kulturele diversiteit te koester. Witbooi het gister die sesde Nama Kulturele Fees op Keetmanshoop geopen en gesê neigings, uitlatings en praktyke wat verdeel, moet verwerp word. Platforms soos die Nama-fees moet gebruik word om die land se…
31 May 2025 1AM 1 min

Tabaktaktiek sommer twak, sê CAN

Wêreld Geen-Tabak Dag word vandag gevier. Die Kankervereniging van Namibië steun die Wêreld Gesondheidsorganisasie se veldtog om die misleidende taktieke van die tabak- en nikotienbedryf te ontbloot, veral dié wat op jongmense gemik is. Hulle doen 'n beroep op die regering om geurmiddels te verbied, belasting te verhoog, en e-sigarette…
31 May 2025 12AM 1 min

Mej. Wêreld 2025: Vandag is die dag!

Mej. Wêreld Namibië 2025, Selma Kamanya, het haar top-20 plek in die Mej. Wêreld-kompetisie, wat vandag in Hyderabad in Indië plaasvind, verseker. Die finaal begin om 3-uur Namibiese tyd op die Miss World-webwerf by www.watchmissworld.com. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Marco Coetzee, die nasionale direkteur van die Miss NGO-skouspel…
30 May 2025 11PM 1 min

Nege Bokke in Bulle-span teen Edinburgh

Embrose Papier is gekies as skrumskakel vir die Bulle in hulle Verenigde Rugbykampioenskap-kwarteindstryd teen Edinburgh vandag op Loftus in Pretoria. Keagan Johannes begin as sy skakelmaat met Willie le Roux as heelagter. Kaptein Ruan Nortjé is weer in die nommer sewe-trui. Canan Moodie sal op die regtervleuel wees. Direkteur van…
30 May 2025 10PM 1 min

Copps 94.1: Rustige Vrydagaand in hoofstad

Copps 94.1 het ‘n betreklike stil Vrydagaand in Windhoek agter die rug, met motorbestuurders wat vir die meeste van die probleme verantwoordelik was. Francois Lottering was oudergewoonte saam en doen verslag vanaf die toneel:
30 May 2025 9PM 1 min

Hoofverdagte in Olorato Mongale-moord doodgeskiet

Die hoofverdagte in die moord op die 30-jarige Olorato Mongale is vanoggend in KwaZulu-Natal deur die polisie doodgeskiet. Haar liggaam is Sondag in Lombardy-Wes in Johannesburg gevind. KZN se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, sê hulle het inligting ontvang dat een van die verdagtes by ʼn woonkompleks in Amanzimtoti skuil. Hy sê…
30 May 2025 9AM 1 min

Trump mislei deur vals wit volksmoord-bewerings: Pastoor Mark Burns

Pastoor Mark Burns, 'n boesem-ondersteuner van Amerikaanse president Donald Trump, het bewerings van 'n wit volksmoord in Suid-Afrika weerlê en dit vals en gemanipuleerd genoem. In 'n onderhoud met Newzroom Afrika het Burns gesê Trump is mislei deur wit Suid-Afrikaanse groepe, insluitend AfriForum, wat onwettige grondbesetting en geweld oordryf het…
30 May 2025 9AM 1 min

Amupanda byt vas met hoesstroop-bewerings

Die leier van die AR-beweging, Job Amupanda, het Donderdag 'n verklaring uitgereik oor 'n inspeksie in 2023 deur die Namibië Medisyne Reguleringsraad, wat glo verskeie probleme gevind het in die vervaardiging van 'n paracetemol hoesstroop vir kinders. Fabupharm, die vervaardiger, het in 'n verklaring die publiek verseker dat die stroop…
30 May 2025 8AM 1 min

Joslin-veroordeelde sal appelleer teen vonnis

Een van die drie skuldiges in die Joslin Smith-saak, Steveno van Rhyn, gaan verlof tot appèl aanteken teen sy lewenslange vonnis. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het Van Rhyn, Kelly Smith en Jacquen Appollis tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir mensehandel, en 'n verdere tien jaar vir ontvoering. Al drie sal in die…
30 May 2025 8AM 1 min

Nama-fees wil ook jeug met volksmoord vertroud maak

Die sesde Nama Kulturele Fees het op Keetmanshoop afgeskop. Stalletjies met handwerk eie aan die Namas, tradisionele kos en –kruie pryk op die feesgronde by die Westdene-stadion, waar kultuurgroepe sorg vir vermaak en Nama-musiek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Michael Haman, 'n lid van die Nama Tradisionele Owerheid se…
30 May 2025 8AM 1 min

Beloning na stroop van 4 renosters nou N$1,2 miljoen

Die skokgolwe kring steeds uit na nog drie gestroopte renosters gevind is op dieselfde plaas in die Suide waar 'n wyfierenoster onlangs gestroop is, en haar kalf gered is. Die beloning vir inligting wat sal lei tot die stropers se inhegtenisname staan nou op 1,2 miljoen Namibiese dollar. Die privaat…
30 May 2025 7AM 1 min

NamWater maak waterplanne vir sentrale gebied bekend

NamWater het sy jaarlikse werkswinkel vir belanghebbendes in die sentrale gebied in Windhoek gehou om waterbeskikbaarheid na die 2024/2025-reënseisoen te bepaal. Die uitvoerende hoof, Abraham Nehemia, het verbeterde damvlakke verwelkom, maar waarsku teen droogterisiko's. Die Swakoppoort-, Von Bach- en Omatako-damme kan tans water vir twee seisoene verskaf, selfs al reën…
30 May 2025 7AM 1 min

Cyril gaan gou datum vir nasionale dialoog aankondig

Adjunkpresident Paul Mashatile sê president Cyril Ramaphosa sal binnekort die datum aankondig vir die nasionale dialoog wat daarop gemik is om Suid-Afrika se dringende uitdagings aan te spreek. Die dialoog sal die regering, die burgerlike samelewing, kerke, tradisionele leiers en politieke partye bymekaarbring. Mashatile het die Nasionale Raad van Provinsies…
30 May 2025 6AM 1 min

VN bekommerd oor burgerlike ongevalle in Oekraïne

Die Verenigde Nasies waarsku die stygende aantal burgerlike ongevalle en toenemende humanitêre krisis kan ʼn diplomatieke einde aan die oorlog in Oekraïne ontspoor. Rusland het verlede naweek sy grootste vlaag aanvalle met ʼn rekordgetal langafstandmissiele en hommeltuie op Kiev uitgevoer en tientalle burgerlikes is dood. Rosemary DiCarlo van die VN…
30 May 2025 6AM 1 min

Ongwediva stel dienslewering voorop

Die burgemeester van Ongwediva, Taarah Shalyefu, sê die dorpsraad prioritiseer steeds belangrike ontwikkelingskwessies terwyl die dorp groei. Shalyefu beklemtoon dat die begroting van 205,5 miljoen Namibiese dollar daarop gemik is om dienslewering vir beide inwoners en besoekers te verbeter. Die begrotingstoewysing vir die jaar 2025/26 prioritiseer behuising en sanitasie, grondlewering,…
30 May 2025 6AM 1 min

G20-leiersberaad sal by Nasrec aangebied word

Die G20-leiersberaad in November sal by die Nasrec-eksposentrum in Soweto plaasvind. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die geleentheid by die geskiedkundige perseel versterk pogings om ruimtelike beplanning uit die apartheid-era aan te spreek. Die minister sê Nasrec Soccer City, is vir groot ekspo's soos Electra Mining Africa…
30 May 2025 6AM 1 min

Rentekoersverlaging-besluit is korrek, sê ekonoom

ʼn Ekonoom aan die Noordwes-universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons, sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee se besluit om sy rentekoersverlagingsiklus voort te sit, is die regte een. Die komitee het die koers met 25 basispunte gesny. Dit bring die terugkoopkoers af tot 7,25-persent en die prima uitleenkoers tot 10,75-persent…
30 May 2025 4AM 1 min

Appèlhof stel Trump se tariewe vir eers weer in

'n Amerikaanse federale appèlhof het 'n aansoek deur president Donald Trump se administrasie toegestaan om die uitspraak van die Hof vir Internasionale Handel tydelik op te skort. Die hof het Woensdag beslis Trump is ingevolge die Wet op Internasionale Noodekonomiese Magte nie by magte om omvangryke globale tariewe te hef…
30 May 2025 4AM 1 min

Rentekoersverlaging-besluit is korrek, sê ekonoom

ʼn Ekonoom aan die Noordwes-universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons, sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee se besluit om sy rentekoersverlagingsiklus voort te sit, is die regte een. Die komitee het die koers met 25 basispunte gesny. Dit bring die terugkoopkoers af tot 7,25-persent en die prima uitleenkoers tot 10,75-persent…
30 May 2025 4AM 1 min
2560 – 2580