Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2800 – 2820

GOOD sê Cyril het gulde geleentheid om waninligting oor onteiening reg te stel

Die GOOD-party sê president Cyril Ramaphosa se besoek aan Washington hierdie week is ’n gulde geleentheid om bande met Amerika te herstel en vals bewerings oor Suid-Afrika reg te stel. Ramaphosa sal president Donald Trump na verwagting Woensdag ontmoet, met grondhervorming, handel en buitelandse beleid hoog op die agenda. GOOD…
20 May 2025 12AM 1 min

Vrae oor die immigrasie-raad, buitelanders vat ons werk

Tydens ’n sitting van die Nasionale Raad het Swapo-LP Rocco Nguvauva kommer uitgespreek oor immigrasie, en ook sy ontevredenheid met die Immigrasie-keuringsraad gelug. Hy het gevra wat die raad werklik doen en of hulle net toelaes ontvang en na hul kantore gaan sonder om probleme aan te spreek. Nguvauva het…
19 May 2025 11PM 1 min

Zelensky weier om troepe te onttrek

Die oorlog in die Oekraïne en Amerikaanse pogings om dit tot ‘n einde te bring bly in die nuus. Daar is berig dat Rusland se eerste eis is dat die Oekraïne sy troepe in sy eie grondgebied moet onttrek. Oekraïnse president Volodymyr Zelensky is gevra of president Donald Trump met…
19 May 2025 11PM 1 min

Was die Trump-Putin gesprek enigiets werd?

Die telefoongesprek tussen Amerikaanse president Donald Trump en sy Russiese eweknie oorheers die internasionale nuustoneel. Maar, daar is nie veel vleis aan die verklarings nie. Trump het buite die Withuis met die media gepraat.
19 May 2025 10PM 1 min

Kaapse polisie vind R35 000 se kokaïen na hoëspoed-jaagtog

Die Kaapstadse Metropolisie het 'n bestuurder met kokaïen ter waarde van ongeveer 35 000 Suid-Afrikaanse rand betrap ná 'n hoëspoed-jaagtog in Brackenfell. Die bestuurder het te voet probeer vlug en ook probeer om beamptes om te koop met byna 7 000 rand kontant. Die polisie het in die afgelope week…
19 May 2025 10PM 1 min

Nanso sê ‘los die tjoef’

Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het 'n veldtog #losdietjoef geloods, verwysende na damprook. Die organisasie het tydens besoeke aan skole die tendens om te damprook waargeneem en het besluit om bewusmaking oor die probleem te skep. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nanso president Dorothea Nangolo.
19 May 2025 10PM 1 min

Namport sê Shark Island is nie 'n kwessie met sy Lüderitz-planne nie

'n Grootskaalse olie- en gasvoorsieningsbasis word vir Lüderitz beplan deur Namport, met net die projek se aanvanklike fase wat na beraming meer as 4 miljard Namibiese dollar sal kos. Die tender vir die eerste fase word in die derde kwartaal verwag. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Elias Mwenyo, Namport…
19 May 2025 9PM 1 min

Jeugwerkloosheid: Almal word geraadpleeg, behalwe die jeug

Tydens ’n sitting van die Nasionale Raad het Swapo-MP Emma Muteko haar kommer uitgespreek oor die kommerwekkende vlak van jeugwerkloosheid, veral in die Kavango Oos- en Omusati-streke onder jongmense tussen 15 en 24 jaar. Sy vra vir duidelikheid oor die faktore wat tot hierdie situasie bydra.
19 May 2025 9PM 1 min

NNN op pad Zim toe na Mosambiek

President Netumbo Nandi-Ndaitwah is geskeduleer om vandag samesprekings met Zimbabwiese president Emmerson Mnangagwa in Harare te hou. Sy het gisteraand in Zimbabwe aangekom vir 'n inleidende besoek, nadat sy haar besoek aan Mosambiek afgesluit het, waar sy gesprekke met die land se president, Daniel Chapo, gevoer het. Die woordvoerder van…
19 May 2025 8PM 1 min

Vance meen Putin weet nie hoe om uit die oorlog te tree nie

Amerikaanse president Donald Trump sê dat Rusland en Oekraïne onmiddellik sal begin onderhandel oor 'n wapenstilstand en 'n einde aan hul driejarige oorlog, na 'n telefoongesprek met Rusland se president Vladimir Putin. Die Amerikaanse vise-president JD Vance het vroeër 'n waarskuwing herhaal dat Washington van die vredesproses kan wegstap as…
19 May 2025 8PM 1 min

Kantoor van President soek innoverende strategiese planne

Die waarnemende uitvoerende direkteur in die Kantoor van die President, Mateus Kaholongo, sê personeellede moet wegkom van tradisionele benaderings, selfvoldaanheid en verouderde prosesse terwyl hulle die kantoor se vyfjaar-strategiese plan opstel. Die personeellede is op Swakopmund om die jaarlikse en vyfjaarplanne te finaliseer. Kaholongo benadruk dat daar verwag word dat…
19 May 2025 9AM 1 min

SA maak reg vir koue, eerste sneeu

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê twee frontale stelsels word hierdie week oor die land verwag. 'n Kouefront sal vandag die kus aan die suidwestelike deel van die land bereik, wat nat, koue en winderige toestande oor die westelike dele van die Wes-Kaap sal meebring. 'n Weervoorspeller, Lehlohonolo Thobela, sê die nat…
19 May 2025 9AM 1 min

SAOG fokus op oorgrensbewaringsgebiede

SAOG-lidlande vergader die week oor kwessies rakende oorgrensbewaringsgebiede. Die amptelike openingstoespraak is gelewer deur Domingos Gove, die direkteur vir voedsel, landbou en natuurlike hulpbronne by die SAOG-sekretariaatkantoor. Hy het uitgelig hoe stropery en mens-dier-konflik 'n groot bron van kommer in die streek geword het. Daarbenewens het hy gepraat oor die…
19 May 2025 8AM 1 min

SA se Amajita wen Onder-20 Afrikabeker-titel

Sokker: Die UDM het Suid-Afrika se nasionale Onder-20-span, Amajita, geprys nadat hy gisteraand in Egipte die eerste keer die Onder-20 Afrikabeker-titel gewen het. Amajita het die prestasie behaal 'n volle 28-jaar nadat hulle in 1997 die eindstryd van die jeug-toernooi teen Marokko verloor het. UDM se waarnemende sekretaris-generaal, Zandile Phiri,…
19 May 2025 8AM 1 min

Koue is op pad, dink aan Woef en Kiets!

'n Koue front word teen Woensdag verwag en Wagter en Wollie sal natuurlik ook koud kry. Troeteldier-eienaars word herinner om diere teen die koue te beskerm. Kosmos 94.1 Nuus het met die Windhoek Dierebeskermingsvereiging se direkteur, Silke van der Merwe gepraat.
19 May 2025 7AM 1 min

Los goud-aankope, fokus eerder op uitvoere, produksie

Namibië beplan om Ghana se goud-aankoopprogram te implementeer om sy buitelandse reserwes te versterk, inflasie te stabiliseer en die Namibiese dollar te ondersteun. Goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, het dié stap bevestig, met die doel om goud 3% van die buitelandse reserwes te laat uitmaak. Goudinkomste het…
19 May 2025 7AM 1 min

Monica Geingos huldig Dr. Hage G. Geingobstraat in Lusaka in

Die derde eerste dame van Namibië, Monica Geingos was die naweek in Zambië om die hernoeming van 'n straat na wyle president Hage Geingob in te huldig. Die voormalige Sadzustraat in Lusaka heet nou Dr. Hage G. Geingobstraat. Geingos het by die geleentheid Geingob se liefde vir Zambië onderstreep. Monica…
19 May 2025 7AM 1 min

GBV-werkswinkels goed, maar waar's die aksie: aktivis

Die lynministerie hersien die Nasionale Geslagsgeweld Plan van Aksie om daaglikse ingrypings te verbeter. Die uitvoerende direkteur Lydia Indombo het dit tydens die afsluiting van ’n vierdaagse geslagsgeweld-opleidingswerkswinkel in Swakopmund aangekondig. Volgens die polisie is daar tussen April 2024 en Februarie 2025 4 405 gevalle van die geweld, insluitend 1…
19 May 2025 6AM 1 min
2800 – 2820