Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2820 – 2840

Afrika-ondernemings ver agter met KI-aanvaarding

'n Nuwe gereedheidstudie vir KI het gewys 90-persent van ondernemings in Afrika word negatief geraak word omdat hulle nie Kunsmatige Intelligensie ten volle gebruik nie. Die probleme sluit vertraging van projekte en verbeurde groeigeleenthede in. Die studie wys ook dat 60-persent van maatskappye KI-vaardighede as belangrik vir sukses in die…
19 May 2025 6AM 1 min

Walvisbaai begroot groot vir kapitaalprojekte

Die munisipaliteit van Walvisbaai het 632 miljoen Namibiese dollar vir kapitaalprojekte en 660 miljoen dollar vir bedryfskoste begroot vir die 2025/26-boekjaar. Grondontwikkeling geniet prioriteit met 272 miljoen dollar vir behuisings- en nywerheidspersele, insluitend projekte soos Farm 37, Narraville Uitbreiding 8 en Walvisbaai Uitbreiding 9. Nog 25 miljoen dollar is bestem…
19 May 2025 5AM 1 min

Nuwe hoop vir SA Poskantoor-herlewing

Indiensneming en arbeid-minister, Nomakhosazana Meth, het aangekondig die Werkloosheidsversekeringfonds en Suid-Afrikaanse Poskantoor het ʼn nuwe ooreenkoms onderteken. Die doel is om byna 6 000 werksgeleenthede te behou en die staatsinstelling te laat herlewe. Die ministerie se woordvoerder, Thobeka Magcai, sê die fonds sal oor ʼn tydperk van ses maande deur…
19 May 2025 5AM 1 min

Landbou waarsku oor nuwe aanlyn slenter

'n Plasing op sosiale media doen die rondtes dat die ministerie van landbou 'n inisiatief geloods het vir klein en mediumgrootte besighede. Volgens die plasing kan die besighede aansoek doen vir befondsing. Die plasing dui ook verder aan dat kleinskaalse boere ondersteuning sal kry, ook met toerusting. Belangstellendes moet op…
19 May 2025 3AM 1 min

Staat moet oud-staatsagente se regskostes dek - GOOD

Die GOOD-party het President Cyril Ramaphosa gevra om sy ministers van Polisie en Justisie aan te sê om die regskoste van voormalige staatsagente te dek, wat as beskuldigdes of sleutelgetuies in apartheidsake verskyn. Die gewese hoof van die polisie se teeninsurgensie-eenheid, Eugene de Kock, het die hof verlede week genader…
19 May 2025 3AM 1 min

Staatsentiteite sukkel met nakoming, en daar is geen stappe nie

’n Maand ná die begin van die 2025/26-boekjaar het meeste staatsentiteite steeds nie hul verkrygingsplanne ingedien nie, ondanks wetlike vereistes om dit drie maande voor 1 April te doen. Teen einde April het slegs 42 van 173 entiteite planne ingedien, waarvan net vyf betyds was. Dit is by ’n IPPR-geleentheid…
19 May 2025 3AM 1 min

Raffinadery vir Namibië en Botswana is goeie idee - ekonoom

Reaksie word ontvang op die nuus dat Namibië en Botswana die moontlikheid gaan ondersoek om ‘n gesamentlike olieraffinadery te bou wat nie net aan die brandstofbehoeftes van die twee lande voldoen nie, maar ook van die streek. Dit is van die besluite wat president Netumbo Nandi-Ndaitwah en haar eweknie Duma…
19 May 2025 3AM 1 min

Opuwo kry nog huise, NHE-baas sê oor program

Die stedelike en landelike ontwikkeling-ministerie het saam met die Namibië Behuisingsonderneming 24 huise in Opuwo aangekondig onder die massa-behuising ontwikkelingsprogram. Die nuwe kontrakteur, Bestonstein Konstruksie, gaan die bouwerk voltooi. Die huise sal volgens die amptenare binne 12 maande gereed wees. By die oorhandiging het die Behuisingsonderneming se voorsitter, Hasting Tjipueja,…
19 May 2025 1AM 1 min

Kaapstad herstel 10 000 straatligte in 30 dae

As deel van die verskerpte straatligveldtog het die Stad Kaapstad se energiespanne tussen 26 Maart en 25 April vanjaar meer as 10 000 straatligte reggemaak. Die veldtog is verlede jaar bekendgestel. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê vandalisme, diefstal en onwettige verbindings reg oor die metro beïnvloed hersteltyd omdat…
19 May 2025 1AM 1 min

NBL toon sterk oplewing in verdienste maar kontantvloei byt

Namibia Breweries Limited het 'n sterk oplewing in verdienste oor die verlengde finansiële periode van 18 maande gerapporteer, met 'n verdienste per aandeel wat met 94 persent gestyg het, inkomste wat byna verdubbel het en dividende wat heringestel is. Die onderliggende finansiële aanwysers wys egter dat kontantgenerering beperk bly, en…
19 May 2025 1AM 1 min

Drikus gesels oor sy Munga Grit Le Dur

Namibië se Drikus Coetzee het vanjaar se Munga Grit Le Dur in die Namib gewen. Coetzee het dié solo-bergfietsuitdaging wat Vrydagoggend in die Khomas Hochland weggespring het, net ná middernag voltooi. Die Grit Le Dur, losweg vertaal as Die Taai Ene, is die langste bergfietswedren in Namibië en strek oor…
19 May 2025 1AM 1 min

Ballotti beklemtoon toewyding aan voldoende infrastruktuur

Die adjunk-onderwysminister, Dino Ballotti, het Nkurenkuru besoek as deel van sy streekstoere. Tydens gesprekke met die Kavango-Wes Onderwysdirektoraat is uitdagings soos vervalle klaskamers, ’n tekort aan toilette en ander infrastruktuurprobleme uitgelig. Daar is ook vordering gerapporteer, insluitend die bou van die Nkurenkuru Jeug- en Sportkompleks. Ballotti het die ministerie se…
19 May 2025 12AM 1 min

Stokes gee doppie op vir vinniger herstel

Engeland se toetskaptein, Ben Stokes, sê hy het opgehou alkohol gebruik om vinniger van sy jongste dyspieroperasie te herstel. Hy sal na verwagting Donderdag weer in Engeland se eenmalige toets teen Zimbabwe op Trent Bridge speel, nadat hy van Desember af op die krukkerlys was weens sy linker dyspier wat…
19 May 2025 12AM 1 min

Amushelelo sê Verkrygingsraad konkel

Aktivis Michael Amushelelo beskuldig die uitgaande Sentrale Verkrygingsraad van Namibië daarvan dat hulle op 2 April 2025, net ná hul termyn op 30 Maart geëindig het, tenders van 6 miljard Namibiese dollar aan sogenaamde “proxy”-maatskappye toegeken het. Die tenders, vir die verskaffing van kos aan koshuisleerlinge, is goedgekeur onder die…
18 May 2025 11PM 1 min

Blokkasie van water na kritieke dam onder die loep

Minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, hersien tans die bevindings van die finale verslag oor beweerde onwettige blokkering van sytakke wat die Middel-Letaba-dam voed. Die ondersoek volg op klagtes van plaasboere en plaaslike inwoners van Limpopo. Die dam is slegs agt persent vol wat huishoudings en landbou negatief beïnvloed…
18 May 2025 11PM 1 min

Scottie Scheffler is nuwe Amerikaanse PGA-kampioen

Die wêreld se voorste speler, Scottie Scheffler, het sy derde groot titel ingepalm deur die Amerikaanse PGA-kampioenskap op Quail Hollow vir die eerste keer te wen. Die Amerikaner se oorwinning met vyf houe is die grootste in die kampioenskap ná die Ier Rory McIlroy se sege van agt houe in…
18 May 2025 10PM 1 min

Ramaphosa sal swak in VSA behandel word - Malema

EFF-leier Julius Malema sê president Cyril Ramaphosa gaan swak behandel word en nie die nodige respek ontvang op sy werksbesoek die week aan Amerika nie. Ramaphosa ontmoet president Donald Trump Woensdag wanneer hulle bilaterale, streeks- en globale sake van belang sal bespreek. Die besoek is ook daarop gemik om ʼn…
18 May 2025 10PM 1 min
2820 – 2840