Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2840 – 2860

Agentskap sê oor inkomste-, uitgawe-peiling

Die Namibiese Statistiekagentskap se 2025/26-hoofopname van huishoudelike inkomste en uitgawes wat op 20 Maart sou begin, het eers op 28 April afgeskop. Net meer as 11 000 huishoudings is gekies vir die opname. Dit sal armoede-aanwysers, gesondheid en onderwys insluit, asook Namibiërs se totale en gemiddelde inkomste bepaal. Kosmos 94.1…
18 May 2025 10PM 1 min

SAOG-verslag oor November verkiesings steeds vertraag

Meer as ses maande ná Namibië se verkiesings in November 2024, is die finale SAOG-waarnemingsverslag steeds nie vrygestel nie – ondanks ’n sperdatum van drie maande. Op 17 Mei het SAOG-woordvoerder Barbara Lopi bevestig dat die verslag nog interne prosesse ondergaan. Die voorlopige verslag het die verkiesings as vreedsaam en…
18 May 2025 9PM 1 min

Indaba was groot sukses vir Namibië

Namibië het ‘n sterk indruk gemaak by Afrika se voorste toerismeskou, Africa's Travel Indaba 2025, in Durban. Die Namibië Toerismeraad was saam met die toerismeministerie en meer as 20 uitstallers aan die voorpunt van die poging. Sleuteluitstallers het ingesluit Namibia Wildlife Resorts, FlyNamibia, Gondwana Collection, Ultimate Safaris, en nege klein-…
18 May 2025 9PM 1 min

Televangelis Omotoso vir 5 jaar uit SA verban

Die Nigeriese televangelis Timothy Omotoso is vir vyf jaar uit Suid-Afrika verban ná sy deportasie. Verlede maand is hy vrygespreek op 32 aanklagte, insluitend verkragting, afpersing en mensehandel. Na bewering het hy ingestem het tot vrywillige uitsetting. Die woordvoerder van die Departement van Binnelandse Sake, Siya Qoza, sê Omotoso is…
18 May 2025 8PM 1 min

Alcaraz seëvier in Rome

Die 22-jarige Carlos Alcaraz het die eerste Italiaanse Ope van sy loopbaan, en sy derde 2025-titel gewen. Die Spanjaard het die wêreld-nommer-een van Italië, Jannik Sinner, met 7-6, 6-1 afgeransel en spog met sy sewende ATP Meesters 1000-titel. Intussen het die Italianer, Jasmine Paolini, die Amerikaner, Coco Gauff, verslaan en…
18 May 2025 8PM 1 min

Boere op uitkyk vir nagtelike hommeltuie

Die Namibiese Landbou-unie sê dat al hoe meer boere in landelike gebiede hommeltuie gewaar, veral in die nag. NamPol en die Burgerlugvaartowerheid is in kennis gestel. ‘n Beroep word op boere gedoen om foto’s te neem en ‘n beëdigde verklaring af te lê. Daar is meer op die unie se…
18 May 2025 3AM 1 min

Ramaphosa ruk op na Withuis

President Cyril Ramaphosa vertrek vandag na die VSA om gespanne verhoudings te herstel en bewerings van 'n Afrikaner-volksmoord in Suid-Afrika te bestry. Ramaphosa het tydens die induksie van die ANC in die Noord-Kaap se Provinsiale Uitvoerende Komitee gesê hy sal die bewerings ferm verwerp en noem dit disinformasie wat gebruik…
18 May 2025 2AM 1 min

AgriForum maan teen weermag, verkeersdepartement

AfriForum sê die pas-aangekondigde vennootskap tussen die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en Mangaung se Verkeersdepartement in die Vrystaat hou die risiko in om burgerlike wetstoepassing te militariseer. Die organisasie waarsku dat militêre opleiding vir verkeersbeamptes die publiek se vertroue kan ondermyn en wetstoepassing kan wegskuif van 'n gemeenskapsgebaseerde benadering. Jacques Broodryk…
18 May 2025 1AM 1 min

Eskom sê krag bly onder druk

Eskom het herklemtoon dat die kragnetwerk steeds beperk is, ten spyte van 'n meer bestendige kragstelsel en beurtkrag wat opgeskort is. Eskom-woordvoerder Daphne Mokoena sê meer as 2 600 megawatt sal teen Maandagaand weer in gebruik wees om in die winteraanvraag te voorsien. Onbeplande onderbrekings is op veillige vlakke op…
18 May 2025 12AM 1 min

Ma kry 20 jaar vir moord op kleuter

Die Durbanse Hooggeregshof het Teneil Ursula Kok tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op haar driejarige dogter, Fadillah Chantal Kok, in Mei 2022. Die hof het mishandeling in haar verlede en geestesgesondheids-probleme as versagtende faktore beskou. Die NVG se woordvoerder, Natasha Ramkisson-Kara, sê regter Jacqueline Henriques het beveel…
17 May 2025 11PM 1 min

Geldnood kelder stryd teen korrupsie

Die Teenkorrupsiekommissie is 116 miljoen Namibiese dollar toegewys in die 2025-begroting, waarvan 103 miljoen dollar gaan aan bedryfsuitgawes. Die kommissie sê die bedrag is nie genoeg om die nodige ondersoekers aan te stel nie, waarvan heelwat vertrek het na beter-betalende geleenthede. Sonder genoeg ondersoekers kan dit nie korrupsie doeltreffend beveg…
17 May 2025 10PM 1 min

DA veroordeel Afrikaners wat na Amerika vlug

Die DA-leier John Steenhuisen het Afrikaners wat na die VSA onder 'n vlugtelingprogram geëmigreer het, gekritiseer en noem dit 'n slegte keuse. Steenhuisen sê die VSA se besluit om vlugtelingstatus aan 49 Afrikaners uit Suid-Afrika toe te ken, is gegrond op verkeerde inligting, aangesien hulle nie aan die definisie van…
17 May 2025 9PM 1 min

Musk deel AfriForum-dokkie op X

AfriForum se dokumentêr, Is Trump right about South Africa? is al meer as 30 miljoen keer gesien nadat Elon Musk dit op X gedeel en Suid-Afrika se rassewette as ’n skandelike verleentheid beskryf het. Die dokumentêr kritiseer die regering se diskriminerende beleid en bespreek oor rassewette, plaasmoorde en grondonteiening. Ernst…
17 May 2025 3AM 1 min

Mej. Namibië: Top-10 vanaand gekies

Die tien finaliste vir vanjaar se Mej. Namibië-kroon word vanaand by Droombos in Windhoek aangewys. In die finale rondte word deelnemers op hul skoonheid, talent en gemeenskapsfokus beoordeel. Kaartjies is beskikbaar by Webtickets.com en alle Model Pick & Pay-takke landwyd. Die geleentheid word deur Debmarine Namibia gebord. Kosmos 94.1 Nuus…
17 May 2025 2AM 1 min

NVG oor vingers geraps oor evangelis

Die parlement se komitee vir justisie en grondwetlike sake het die Nasionale Vervolgingsgesag ondervra oor die hantering van die saak teen die Nigeriese tele-evangelis Timothy Omotoso. Die komitee is bekommerd omdat hy en sy medebeskuldigdes onskuldig bevind is op 32 aanklagte, insluitend verkragting en mensehandel, ná 'n verhoor wat jare…
17 May 2025 1AM 1 min

Agt mense in KZN afgemaai

Die polisie in KwaZulu-Natal-polisie het met 'n soektog begin nadat agt mense gisteraand in die Zama-informele nedersetting in Umlazi se U-afdeling doodgeskiet is. Polisiewoordvoerder Robert Netshiunda sê die slagoffers, ses mans en twee vroue tussen 22 en 40 jaar oud, is met veelvuldige skietwonde gevind. Netshiunda sê onbekende verdagtes het…
17 May 2025 12AM 1 min

Dis Rooi Saterdag, gaan bloei en red lewens!

Die Namibiese Bloedoortappingsdiens het die naweek ‘n tweede Red Saturday-geleentheid. Windhoek, Oshakati en Walvisbaai kom aan die beurt om meer as 250 eenhede bloed in te samel voor die openbare vakansiedae op 26, 28 en 29 Mei. Bloedskenkings in Windhoek kan van nege tot twee by Grove Mall en Wernhil…
16 May 2025 11PM 1 min

Fietsry: Drikus trap Munga kaf

Namibië se Drikus Coetzee het vanjaar se Munga Grit Le Dur in die Namib gewen. Coetzee het dié solo-bergfietsuitdaging wat Vrydagoggend in die Khomas Hochland weggespring het, net ná middernag voltooi. Die Grit Le Dur, losweg vertaal as Die Taai Ene, is die langste bergfietswedren in Namibië en strek oor…
16 May 2025 10PM 1 min

Copps 94.1 staan bont met dopmoles

Buiten vir drankmoles, het Copps 94.1 ‘n rustige Vrydagaand in die hoofstad beleef. Francois Lottering was, soos altyd, op sy pos en doen verslag van die toneel:
16 May 2025 9PM 1 min

Tref nou al voorsorg vir groter brandgevaar, boere

Die goeie reënseisoen bring ‘n groter brandgevaar mee, aangesien daar vanjaar ’n oorvloed brandbare materiaal is. Die Namibiese Landbou-unie doen 'n beroep op boere om nou al te begin met brandvoorkomingsmaatreëls. Die unie herinner boere daaraan dat elke gebied uniek is en dat nie alle aanbevelings vir elke plaas of…
16 May 2025 9AM 1 min
2840 – 2860