Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2880 – 2900

Dis goed dat varsities sê oor buitelandse personeel

Die Vereniging van Staatsamptenare sê die onlangse opdrag dat universiteite en kolleges hul inligting oor buitelandse personeel bywerk, is ʼn betekenisvolle stap. Die vakbond se woordvoerder, Claude Naiker, sê onlangse onthullings toon ʼn kommerwekkende patroon waar sommige tersiêre instellings voorkeur gee aan die aanstelling van buitelanders, ongeag die beskikbaarheid van…
16 May 2025 12AM 1 min

Moordenaar vrygelaat, pleeg weer misdaad

Action Society het hul woede uitgespreek nadat dit bekend geword het dat veroordeelde moordenaar Xolani du Preez, wat in 2022 die Kaapse grimeringskunstenaar Suritha Alting vermoor het, na bewering onwettig uit aanhouding vrygelaat is en sedertdien weer misdaad gepleeg het. Du Preez, wat ’n vonnis by Pollsmoor-gevangenis tot Oktober moes…
15 May 2025 11PM 1 min

Britte soek terugkeersentrums vir migrante

Die Verenigde Koninkryk se eerste minister, Keir Starmer, sê hulle voer samesprekings met ander lande om terugkeersentrums op te rig vir asielsoekers wie se aansoeke afgekeur is. Die voorstelle is slegs van toepassing op mense wie se aansoeke afgekeur is en wat nie verder in die Verenigde Koninkryk kan appelleer…
15 May 2025 11PM 1 min

Landbou beklemtoon weer billike verdeling van gedeelde waterbronne

Landbouminister Inge Zaamwani het by die Zambezi Waterweëkommissie se tegniese komitee-vergadering die belangrikheid van 'n kultuur van wedersydse respek en billike voordeelverdeling beklemtoon. Dit is nie die eerste keer wat Namibië kla dat hy nie gelyke voordeel uit gedeelde waterbronne trek nie. Zaamwani sê lidstate moet met stroomaf-lande konsulteer voordat…
15 May 2025 10PM 1 min

Mashatile sê boere by Nampo wil nie SA verlaat nie

Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering is daartoe verbind om saam met boere te werk om hul probleme aan te spreek. Hy het ʼn draai gemaak by die Nampo Oesdag in die Vrystaat wat een van die grootste landbou-tentoonstellings is. President Cyril Ramaphosa het dit ook vroeër die week besoek…
15 May 2025 10PM 1 min

NaTIS stuur net elektronies hernuwingsbriewe

Die Padowerheid het aangekondig dat elektroniese kennisgewings vir alle lisensieskyf- en bestuurslisensiehernuwings ingestel is. Hernuwingskennisgewings sal dus nie meer deur NamPost gestuur word nie. Motoriste sal in stede daarvan die kennisgewings via digitale platforms ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hileni Fillemon, die Padowerheid se woordvoerder, wat meer inligting…
15 May 2025 10PM 1 min

Bestuurskenner gesels oor Swapo-manifes se bedoelings, befondsing

Die Swapo Manifes-Uitvoeringsplan met sy groot planne is in die nuus. Beleidmaking in Namibië word dikwels gekritiseer vir 'n gebrek aan voorbereiding en beplanning, wat dikwels lei tot vertraagde of nie-geïmplementeerde beleide. Die uitvoeringsplan erken dié tekortkoming en beklemtoon die belangrikheid van kosteberekening. Die plan se 18 prioriteitsprojekte en sewe…
15 May 2025 9PM 1 min

GRN kan dividende gebruik om tersiêre onderwys te befonds

Tydens ’n sitting van die Nasionale Raad het Swapo-LP Gerhard Shiimi voorgestel dat dividende van instansies soos NamRA, Epangelo Mining en De Beers gebruik word om gratis tersiêre onderwys te befonds. Dit volg op president Netumbo Nandi-Ndaitwah se aankondiging dat die regering vanaf 2026 tersiêre onderwys ten volle sal subsidieer…
15 May 2025 9PM 1 min

Kabinet keur gefaseerde onttrekking van SANDF uit DRK goed

Die kabinet het 'n gefaseerde onttrekking van Suid-Afrikaanse Nasionale Weermaglede uit die Demokratiese Republiek van die Kongo bevestig. Dit volg op die beëindiging van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap-sending se mandaat. Die ontplooiing was deel van pogings om die oostelike deel van die DRK bestendig te maak, waar gewapende konflik duisende mense…
15 May 2025 8PM 1 min

Trump sê VSA is na aan ooreenkoms met Iran

Amerikaanse president Donald Trump het tydens 'n rondetafelbespreking in Doha, Katar, gesê die VSA is baie naby aan 'n kernooreenkoms met Iran, en Teheran het soort van ingestem tot die voorwaardes. Dit kom ná samesprekings tussen Iranse en Amerikaanse onderhandelaars om geskille oor Teheran se kernprogram op te los, wat…
15 May 2025 8PM 1 min

Windhoek Gim se radiostasie, omroepers reg vir uitsaai

Windhoek Gimnasium bereik môre 'n mylpaal wanneer die skoolradiostasie, Red Aloe Radio, sy eerste uitsending gaan aanbied. Tien leerders wat as omroepers gaan diens doen is deur die Vereniging van Uitsaai Veterane opgelei, en het sertifikate ontvang na voltooiing van die kursus. Dit is die eerste groep aspirant-omroepers wat deur…
15 May 2025 9AM 1 min

Kabinet kritiseer vlugtelingstatus vir Afrikaners

Die kabinet kritiseer Amerika se besluit om vlugtelingstatus aan sommige Afrikaners toe te ken en noem bewerings van vervolging ongegrond en misleidend. Die kabinet is van mening hierdie besluit ondermyn Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie en is 'n wanvoorstelling van die land se menseregterekord. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni,…
15 May 2025 9AM 1 min

Starlink-kwessie draai in Nasionale Raad

Gedurende die Nasionale Raad se sitting was begrotingsstem 29 op die agenda. Dit val onder inligting en tegnologie, en Starlink het ter sprake gekom. Tydens die debat oor die stem het die LPM se Willem Labuschagne die kwessie bespreek. Hy vra wetgewers om hom by te staan sodat Starlink in…
15 May 2025 8AM 1 min

Regering moet keer dat SABC ineenstort: SKOOR

Die Parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge beklemtoon 'n dringende behoefte aan regeringsingryping om die SABC se ineenstorting te verhoed. Die SABC benodig ongeveer 7,5-miljard-rand om sy onbefondsde openbare diens-mandaat te vervul. SKOOR se voorsitter, Songezo Zibi, het die uitsaaier se finansiële onbestendigheid uitgelig en waarsku sonder bykomende befondsing…
15 May 2025 8AM 1 min

2025 Bank Windhoek Triennial-aansoeke open 20 Mei

Bank Windhoek, in samewerking met die Nasionale Kunsgallery het die sesde reeks van die Bank Windhoek Triennial van stapel gestuur. Die kunskompetisie is die grootste van sy soort in die land. Aansoekvorms is by Bank Windhoek se kantore beskikbaar, met die wenner wat 50 000 Namibiese dollar inpalm. Ndeenda Shivute-Nakapunda,…
15 May 2025 7AM 1 min

Sleutelprojekte loop oop, maar wat van streke sonder beleggings?

Tydens die bekendstelling van Namibië se eerste buitelandse direkte beleggingsinisiatief het die uitvoerende hoof van die Namibiese Belegging Bevorderings- en Ontwikkelingsraad, Nangula Uaandja, sleutelprojekte aangekondig wat finale beleggingsbesluite behaal het. Erongo lei met agt projekte ter waarde van 12,9 miljard Namibiese dollar wat 10 600 werksgeleenthede skep. Sy sê streke…
15 May 2025 7AM 1 min

Shark Island hoef nie kwessie te wees: Lüderitz-burgemeester

Namibië vier die eerste volksmoord herdenkingsdag op 28 Mei, hoewel die Nama- en Herero-gemeenskappe nie saamstem met die datum wat deur die regering vasgestel is nie. Nog 'n twispunt is die beplande uitbreiding van die Lüderitz-hawe wat Shark Island sal dek, wat 'n konsentrasiekamp vir Nama- en Herero-gevangenes was gedurende…
15 May 2025 7AM 1 min
2880 – 2900