Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2900 – 2920

Swavet-stalletjie bedrywig by Nampo Oesdag

Die 2025 Nampo Oesdag buite Bothaville in Suid-Afrika stel nooit teleur nie, en vanjaar is geen uitsondering nie. Pieter Moller, wat vir Kosmos 94.1 Nuus by die fees is, het gesels met Fritz Rexrodt, die uitvoerende bestuurshoof van Swavet (Swawet), wat se stalletjie besonder bedrywig is.
15 May 2025 7AM 1 min

Kleinsake-ondernemings in krisis, sê BOSA

Build One South Africa sê sy jongste opname onder 40 kleinsake-eienaars toon ‘n krisis in die kleinsakesektor. KMMO-respondente het verwys na burokratiese rompslomp, ‘n gebrek aan befondsing, en geen regeringsondersteuning. Al die deelnemers het toegang tot finansiering as “nul” beoordeel. BOSA waarsku dat baie klein ondernemings sonder dringende hervormings op…
15 May 2025 6AM 1 min

Grootfontein-omgewing juig oor laat reën

Die noorde van Namibië, spesifiek die Grootfontein omgewing, kry lekker en goeie winterreën. Sosiale media loop oor van plasings oor die reën wat uitgesak het. Kosmos 94.1 Nuus het met Andries Van Der Merwe van die Agra in Grootfontein gepraat wat meer vertel.
15 May 2025 6AM 1 min

Veiligheid in aflandige olie-sektor onder die loep

Die eerste Erongo Aflandige-veiligheidskonferensie is in Swakopmund gehou. Volgens Africa.com het afgevaardigdes ’n resolusie aanvaar om ’n onafhanklike aflandige veiligheidsreguleerder te stig wat gebaseer is op Brasilië se beproefde drie-party model, in lyn met wêreldwye veiligheidstandaarde. Kosmos 94.1 Nuus het met die strateeg van die byeenkoms, Knowledge Ipinge gesels.
15 May 2025 5AM 1 min

DA soek beter beleide om dagga-bedryf aan te help

Die DA doen 'n beroep op die regering om regulatoriese hindernisse te verwyder wat die groei van die dagga-nywerheid vertraag. Die party sê die Wes-Kaap ondersteun reeds die sektor deur opleiding, navorsing en beleggingsvennootskappe, maar vordering word teruggehou deur onduidelike nasionale beleide. Noko Masipa van die DA sê onlangse verwarring,…
15 May 2025 5AM 1 min

Regering moet ingryp oor kragpryse

Daar is steeds reaksie op NamPower wat 'n 3,8 persent tariefverhoging deur die Elektrisiteitsbeheerraad toegestaan is. Die Popular Democratic Movement se president, McHenry Venaani, het die regering aangespreek en sê hulle moet ingryp om seker te maak verbruikers kry nie ekonomies meer swaar as wat hulle reeds doen nie. Kosmos…
15 May 2025 3AM 1 min

MK eis (weer) leefstyloudits

Die MK-party sê hy neem kennis van die onlangse inhegtenisneming van die Baaise prokureur en waarnemende regter, Siphokazi Cubungu, op ernstige aanklagte van bedrog en korrupsie. Die party se woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, sê die voorval versterk hulle oproep dat leefstyloudits uitgevoer en alle lede van die regbank se bates verklaar…
15 May 2025 3AM 1 min

UNDP loods Biofin - bewaring en inkomste

Die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram het 'n inisiatief genaamd Biofin ontwikkel om biodiversiteitsprojekte te finansier en die natuurlewe te beskerm. Dit is veral belangrik vir Namibië, wat met byna die helfte van die grondgebied onder bewaring illustreer hoe biodiversiteit inklusiewe ontwikkeling deur eko-toerisme, groenwerkgeleenthede en gemeenskapsgeleide hulpbronbestuur kan lok. Biofin…
15 May 2025 3AM 1 min

Jagseisoen loop oop, maar o wee, die e-visums

Die jagseisoen het afgeskop met die grootwildseisoen wat reeds op 1 Mei geopen het. Kosmos 94.1 Nuus het met, Axel Cramer, die president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging gesels.
15 May 2025 3AM 1 min

Ekonoom sê raad by Angola vir ons olie, gas, is goeie ding

Reaksie word ontvang op Angola wat sê hy is gereed om Namibië te help met die bou van die plaaslike olie- en gassektore. Volgens presidensiële woordvoerder Alfredo Hengari het Angola reeds kapasiteit in die olie- en gassektore opgebou en ook reeds Namibiërs in Angola opgelei. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat…
15 May 2025 3AM 1 min

SASSA weerlê waninligting oor betalings

Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap het kommer uitgespreek oor die daaglikse verspreiding van fopnuus wat op sy dienste gemik is. SASSA se woordvoerder, Andile Tshona, benadruk daar is geen dubbele toelaebetalings vir Junie geskeduleer nie en ontken ook die bewerings oor nuwe pensioenreëls vanaf 10 Junie. Hy vra begunstigdes om slegs…
15 May 2025 2AM 1 min

Katar sê oor straler... dis 'n uitruiling

Die regering van Katar het die omstredenheid verwerp oor die plan van Amerika se president, Donald Trump, om 'n luukse reusestraler as geskenk te aanvaar en as presidensiële vliegtuig te gebruik. Die Amerikaanse grondwet het 'n beperkingsbepaling wat bepaal wat 'n president as geskenk van buitelandse regerings mag aanvaar. 'n…
15 May 2025 2AM 1 min

Onbestendige koalisies belemmer munisipale dienslewering

Die DA sê vyf munisipaliteite in die Wes-Kaap, wat almal regeer word deur onbestendige koalisies, sukkel met onbetaalde Eskom-skuld ter waarde van altesaam 93 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Vier van hierdie munisipaliteite sal hul skuld afgeskryf kry as deel van die munisipale skuldverligtingsprogram, maar Theewaterskloof kwalifiseer nie. Dave Bryant van die…
15 May 2025 1AM 1 min

Trump maak melding van Gaza in Midde-Ooste

'n Intense vlaag van Israeliese bomaanvalle het Woensdag soveel as 80 mense in Gaza doodgemaak. Mediese amptenare sê dat minstens 50 mense, waaronder 22 kinders, in aanvalle op die Jabaliya-woonbuurt in die noorde van Gaza alleen dood is. Die nuwe aanvalle kom te midde van Amerikaanse president Donald Trump se…
15 May 2025 1AM 1 min

Stroonmlyn alles vir meer beleggings

Tydens die bekendstelling van Namibië se eerste buitelandse beleggingsplatform het Jenelly Matundu, adjunkminister van internasionale betrekkinge en handel, gesê beleggings moet fokus op sektore soos toerisme, landbouverwerking en die digitale ekonomie. Dit sal werksgeleenthede en plaaslike waardetoevoeging ondersteun. Sy beklemtoon die noodsaaklikheid van doeltreffende beleid, vinniger permitprosesse en vaardigheidsontwikkeling om…
15 May 2025 12AM 1 min

Nee, die SA-taxibedryf gaan nie privaatvoertuie konfiskeer nie

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad het bewerings op sosiale media dat die taxibedryf beplan om beslag te lê op privaat voertuie as vals verwerp. Santaco veroordeel mense wat na bewering motors voorkeur en geld eis, en sê sulke optrede is onwettig en die raad onderskryf dit nie. Die woordvoerder, Rebecca Phala,…
15 May 2025 12AM 1 min

Israel stel nie belang om oorlog te beëindig nie

Katar se eerste minister Mohammed bin Abdulrahman Al-Thani sê daar is nie veel hoop vir ‘n skietstilstand in Gaza nie. Hy sê terwyl onderhandelings voortduur wil dit voorkom dat Israel net belangstel in die vrylating van die gyselaars, nie die beëindiging van die oorlog nie. Hy het met CNN gepraat.
14 May 2025 11PM 1 min

NamPol misluk - AR

Die Affirmative Repositioning-beweging het wat dit noem polisiewreedheid en die dood van burgers in die Ohangwena-streek veroordeel, en verwys na gevalle in Oshikango sedert 2020 tot die onlangse skietvoorval by die Onhuno-padblokkade. Hulle sê geen geregtigheid is nog in enige van die gevalle gesien nie. Reeds in 2021 het 'n…
14 May 2025 11PM 1 min

SA se openbare gesondheid vaar goed in bekostigbaarheid

Suid-Afrika se openbare gesondheidsorg vaar goed volgens internasionale standaarde vir bekostigbare gesondheidsorg. Dit is ondanks die feit dat slegs 15-persent van die bevolking toegang het tot private gesondheidsorg. Belanghebbendes het op die Raad van Gesondheidsorgfinansierders se jaarkonferensie in Kaapstad die behoefte beklemtoon om gesondheidsorg te hervorm. Die raad se besturende…
14 May 2025 10PM 1 min
2900 – 2920