Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2920 – 2940

Agri-PV-projek van Unam vorder goed

Die GIZ-ondersteunde Agri-PV-projek het onlangs ’n werkswinkel by Unam se Ogongo-kampus aangebied om die dubbele gebruik van grond vir boerdery en sonenergie-opwekking te bevorder. Die projek poog om klimaatsweerbaarheid te versterk met stelsels wat hitte verminder, water bespaar en oeste verbeter. Boere het gevra vir opleiding in die droë seisoen,…
14 May 2025 10PM 1 min

Brittanje se tweede uitnodiging aan Trump ontstig Kanada se Carney

Kanadese eerste minister Mark Carney het Brittanje se uitnodiging aan Amerikaanse president Donald Trump vir 'n tweede staatsbesoek gekritiseer en sê dat dit sy regering se poging om 'n verenigde front te projekteer teen Trump se praatjies om Kanada te annekseer, ondermyn het. Trump het herhaaldelik gesê hy wil hê…
14 May 2025 10PM 1 min

Verbruiker betaal ook NamPower se ander 3,8%

Reaksie word ontvang op NamPower wat 'n tariefverhoging van 3,8 persent toegestaan is. Die Elektrisiteitsbeheerraad het egter gesê die regering moet ook 3,8 persent bydra, wat neerkom op 283 miljoen Namibiese dollar. Die energiekenner Harald Schütt sê die belastingbetaler betaal steeds die totale verhoging van 7,6 persent.
14 May 2025 9PM 1 min

BoN sê oor beleggings sedert 2021

Volgens die sentrale bank het Namibië homself geleidelik geposisioneer as 'n veerkragtige en aantreklike bestemming vir direkte buitelandse belegging. Hy sê die land het sedert 1990 beleggersvriendelike beleide geïmplementeer soos die Wet op Buitelandse Beleggings en die uitvoerverwerkingsone-regime, wat konsekwente buitelandse beleggingsinvloei gelok het. Tydens die bekendstelling van die direkte…
14 May 2025 9PM 1 min

San gaan somtyds maande sonder enige voedselhulp-aflewerings

Die Nasionale Raad sit tans om die begroting te bespreek. Elke begrotingstem van elke ministerie moet goedgekeur word voordat dit as wet aangeneem word. Raadslid Andreas Amundjindi van Swapo het droogtehulp aangeroer tydens begrotingstem 2, vir die kantoor van die eerste minister. Hy sê die San gemeenskap gaan dikwels maande…
14 May 2025 8PM 1 min

Trump gesels oor normalisering van verhouding met Sirië

Amerikaanse president Donald Trump het die president van Sirië, Ahmed al-Sharaa, in Saoedi-Arabië ontmoet en aan die voormalige jihadis gesê hy het 'n buitengewone geleentheid. Trump het gesê Washington ondersoek normalisering van bande met Damaskus, 'n dag nadat hy aangekondig het dat al die Amerikaanse sanksies teen Sirië opgehef sal…
14 May 2025 8PM 1 min

Kalahari-sout 'n treffer by Nampo Oesdag

Dit is die tweede dag van die 2025 Nampo Oesdag buite Bothaville, en die opwinding hou nie op nie. 'n Besonderse stalletjie het die aandag getrek van Pieter Moller, wat vir Kosmos 94.1 Nuus by die fees is. Daar word sout uit die Kalahari deur die Donald Brown-groep verkoop. Steven…
14 May 2025 9AM 1 min

Cyril sal in VSA 'misverstande oor volksmoord aanspreek'

Fikile Mbalula, die sekretaris-generaal van die ANC, sê president Cyril Ramaphosa se beplande werksbesoek aan Amerika sal die bewerings van volksmoord teen wit Afrikaners ontlont. Hy het aan die kantlyn van die ANC se Duma Nokwe-gedenklesing teenoor SABC News beklemtoon dat die besoek Suid-Afrika se soewereiniteit sal toon en hopelik…
14 May 2025 9AM 1 min

Net Swapo-ondersteuners kry glo rampverligting-kos

Gemeenskapsleiers en inwoners van Otjiwarongo het ernstige kommer uitgespreek oor die beweerde misbruik van die rampverligting voedselprogram deur die streekraadslid se kantoor. Die hulp word na bewering onregverdig uitgedeel aan slegs Swapo-ondersteuners. Die groep doen ’n beroep op die owerhede om ondersoek in te stel en die regverdige verspreiding van…
14 May 2025 8AM 1 min

F1-strydros Martin Brundle ontvang Orde van die Britse Ryk

Motorsport: Die beroemde Formule Een-uitsaaier en gewese renjaer, Martin Brundle, het die Orde van die Britse Ryk ontvang. Die 65-jarige Brundle wat vereer is vir sy diens aan motorwedrenne en sportuitsendings, het die toekenning by Windsor-kasteel van prins William ontvang. Die Britse veteraan van 158 Grand Prix-wedrenne was deel van…
14 May 2025 8AM 1 min

GBV-stryd 'vereis meer maatskaplike werkers, nie meer polisie'

Reaksie word ontvang op die aankondiging deur luitenant-generaal Joseph Shikongo dat meer as 4 400 gevalle van geslagsgebaseerde geweld tussen April 2024 en Februarie 2025 aangemeld is. Hy beklemtoon dat die gefragmenteerde databestuurstelsel gemoderniseer moet word om vinniger en meer doeltreffende reaksies te verseker. Die Namibië Statistiekagentskap sal die stelsel…
14 May 2025 7AM 1 min

Verkrygingswetsontwerp skep korrupsie-geleenthede: IPPR

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het sy jongste analise van verkryging in die land bekend gemaak. Die kwessie wat ter sprake gekom het, was die Wysigingswetsontwerp op Openbare Verkryging wat tans in die Nasionale Raad is. Die doel van die wetsontwerp is om die vestiging van 'n hof vir openbare…
14 May 2025 7AM 1 min

E-verkrygingstelsel vir tenders het vele voordele

Die Afrika-ontwikkelingsbank en die Wêreldbank waarsku Namibië om nie prysvergelykings as die hoofrede vir die toekenning van tenders te benut nie. Die verkrygingskenner by die Wêreldbank, Devesh Mishra, sê dat 'n verandering na meer onpartydige en oop hersieningsprosedures nodig is. Mishra beweer dat die outomatiese verwerping van tenders gebaseer op…
14 May 2025 7AM 1 min

Verander beleid om werkloosheid te pak, sê ActionSA

ActionSA eis dringende beleidshervormings om die verergerende werkloosheidskrisis aan te pak, aangesien meer as 8,2-miljoen mense werkloos is. Die party sê die regering van nasionale eenheid het nie daarin geslaag om beslissend op te tree nie, ondanks die beloftes om die ekonomie om te keer. Alan Beesley van ActionSA sê…
14 May 2025 6AM 1 min

Kernkrag 'op die tafel as basislading-kragstasie'

Kernkrag bly steeds in fokus, veral nadat president Netumbo Nandi-Ndaitwah dit 'n prioriteit gemaak het om vas te stel of 'n kernkragsentrale gebou kan word. Die Elektrisiteitsbeheerraad het lankal bepaal dat 'n basislading-kragstasie benodig word om afhanklikheid van elektrisiteitsinvoere te verminder. Kernkrag is volgens die raad se uitvoerende hoof, Robert…
14 May 2025 6AM 1 min

Zambezi-oorstromings sluit skole, maar water begin sak

Die onderrig van sowat 548 leerlinge van drie skole naby die vloedvlaktes van die Zambezi-rivier is tydelik opgeskort weens stygende watervlakke. Die skole sal na verwagting tot middel Junie gesluit bly, afhangend van die omstandighede. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van die Zambezi-streek Lawrence Sampofu gesels.
14 May 2025 5AM 1 min

Velkleur stop Kaapse Vlakte-inwoners van vlugtelingstatus: GOOD

Die GOOD-party sê talle inwoners van die bendegeteisterde Kaapse Vlakte behoort te kwalifiseer om deur die VSA oorweeg te word as potensiële vlugtelinge. Die party sê die enigste rede waarom dit nie gebeur nie, is hul velkleur. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê volgens amptelike misdaadstatistieke vir die laaste kwartaal…
14 May 2025 5AM 1 min

Werkloosheidsyfer ontbloot mislukking van kapitalisme - Giwusa

Giwusa sê die jongste werkloosheidsyfers wat tot 32,9-persent gestyg het, ontbloot die mislukking van kapitalisme en die regering van nasionale eenheid se ekonomiese strategie. Die vakbond is van mening die verlies van 291 000 werksgeleenthede in die eerste kwartaal van vanjaar weerspieël 'n verdiepende krisis, gedryf deur besuinigingsmaatreëls, privatisering en…
14 May 2025 3AM 1 min

Dis Putin of niks - Zelensky

Russiese president Vladimir Putin het volgens berigte te kenne gegee dat hy môre ‘n afvaardiging na Istanboel sal stuur om te onderhandel oor die oorlog in die Oekraïne. Dit kom na president Donald Trump ‘n skietstilstand geëis het en Putin daarna gesê het Zelensky moet onderhandel. Toe daag Zelensky hom…
14 May 2025 3AM 1 min

Namibia Wildlife Vets vra insette oor kameelperdvrektes

Namibia Wildlife Vets het kommer oor toenemende berigte rakende vrektes onder kameelperde op verskeie plase noord van Okahandja en in die Omaruru-streek. Die meeste kameelperde is vrek aangetref sonder enige vorige kliniese simptome. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Ulf Tubbesing gepraat, wat die publiek vra om die gevalle so…
14 May 2025 3AM 1 min
2920 – 2940