Die Landless Peoples' Movement het 'n perskonferensie aangebied oor die beweerde voortgesette korrupsie by die Roads Contractor Company. Nadat die vorige uitvoerende hoof, Kelly Nghixulifwa, verlede jaar aan korrupsie skuldig bevind is word waarnemende uitvoerende hoof, Dasius Nelumbu, ook na bewering ondersoek deur die Teenkorrupsie-kommissie. Utaara Mootu, LP van die…
Die Namibiese polisiemag het kennis geneem van gerugte wat op sosiale media versprei word oor verdagtes in 'n sewesitplek-voertuig wat glo kinders ontvoer het. Die polisie sê in 'n verklaring dat hulle dit ondersoek. Die publiek word aangemoedig om nie te spekuleer oor ongeverifieerde inligting nie, of dit te skep…
Rugby: Ierland se voormalige hulpafrigter, Les Kiss, is aangewys as Australië se volgende hoofafrigter om Joe Schmidt in 2026 te vervang. Die 60-jarige Kiss wat van 2013 tot 2015 Schmidt se assistent by Ierland was, het ʼn tweejaarkontrak geteken. Schmidt bly aan in sy rol vir die komende toetsreeks teen…
Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, beplan om 'n kopieregheffing in te stel op ingevoerde digitale toestelle wat musiek of flieks kan speel. Waarnemende uitvoerende hoof, Aina Kaundu, sê die heffing sal kreatiewe mense ondersteun en tantieme verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met Bipa se waarnemende uitvoerende beampte vir intellektuele…
Reaksie word ontvang op die begroting van die verdedigingsministerie. Lynminister Frans Kapofi het meer geld vanjaar ontvang, op van net meer as 6,8 miljard Namibiese dollar verlede jaar tot meer as 7,4 miljard dollar vanjaar. PDM-leier McHenry Venaani, wat reeds ‘n geruime tyd eis dat August 26 se ouditverslae bekend…
'n Transitorooftog in Umlazi, suid van Durban is dramaties gefnuik, nadat 'n bestuurder die gewapende rowers ontduik het deur by die Mega City-winkelsentrum in te ry. Die voertuig is op die N2-snelweg in 'n lokval gelei. 'n Woordvoerder van A-L-S Paramedici, Garrith Jamieson, sê die bestuurder het vinnig gereageer en…
Die DA sê hy gaan die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, hof toe vat oor die nuut-ingestelde rasgebaseerde kwotas in die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming. Die party voer aan dit skend grondwetlike regte en gee Meth te veel onbeheerde mag. Die saak sal volgende week in die Hooggeregshof…
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku dat die belofte van 'n tweestaat-oplossing vir Israel en Palestina naby ineenstorting is. Gevegte duur voort in Gaza, met Israel wat sy grond- en lugoperasies oor die enklawe verskerp het in 'n poging om Hamas uit te roei. Byna 2 000 Palestyne…
Die aktivis Shaun Gariseb en gemeenskapslede het 'n veldtog van stapel gestuur om moedertaalonderwys te bevorder, beginnende met Khoekhoegowab-sprekende gemeenskappe voor die skoolregistrasies in Mei tot Junie. Hulle het in Groot Aub afgeskop en sal hul pogings saam met taalkundiges en onderwysers uitbrei. Navorsing toon dat Khoekhoegowab Namibië se tweede…
Die verdedigingsministerie se begroting vir die huidige boekjaar is op met meer as 600 miljoen Namibiese dollar. Die ministerie het verlede jaar 6,8 miljard dollar ontvang en vanjaar net meer as 7,4 miljard dollar. Lynminister Frans Kapofi sê verlede jaar is 62 persent van die begroting op salarisse bestee en…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah se verkose landbouminister, Mac Hengari, is ontslaan na verkragting-bewerings aan die lig gekom het. Hy staar 11 kriminele klagte in die gesig. Hy is ook gearresteer na hy betrap is toe hy sy beweerde slagoffer blykbaar probeer omkoop het met 230 000 Namibiese dollar. Hy is tans…
Ellen Pompeo het haar status as een van die voorste televisie-akteurs van die 21ste eeu verstewig deur 'n ster op die Hollywood Walk of Fame te ontvang. Die bekroonde aktrise en vervaardiger is veral bekend vir haar rol as Meredith Grey in die treffer-ABC-reeks Grey's Anatomy. Die 55-jarige dien ook…
Die verbypad by die brug net suid van Windhoek op die B1 wat op 20 Maart ingegee het tydens oorstromings, is Dinsdag deur vervoerminister Veikko Nekundi amptelik geopen. PDM-leier McHenry Venaani het in die parlement Nekundi gevra oor die veiligheid van die verbypad, asook vir 'n opdatering van werk aan…
Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika wil werkskepping, die bevordering van geslagsbeleid, en billike toegang tot geleenthede die middelpunt van die G20-dialoog maak. Mashatile sê Afrika moet die voortslepende uitdagings van ekonomiese ontwikkeling, politieke onbestendigheid en swak regering aanspreek. Hy sê Afrika kan ontwikkeling versnel deur digitalisering, kunsmatige intelligensie en nuwe…
Staatsaanklaer Zelda Swanepoel het die Joslin Smith-verhoor as die eerste van sy soort in Suid-Afrika beskryf. In haar slotbetoë het sy aan die Wes-Kaapse hoërhof gesê dat Joslin se verdwyning die saak bemoeilik. Joslin se ma en twee ander staan tereg op aanklagte van mensehandel. Swanepoel beweer die kind is…
Die Withuis het Amazon se plan om die koste van president Donald Trump se tariewe op produkte te plaas wat die e-handelsreus verkoop, gekritiseer. Trump het ʼn tarief van 145-persent gehef op ingevoerde produkte uit China, waar baie produkte op Amazon.com vandaan kom. Amazon ontken betrokkenheid by die berig en…
Die justisie en arbeidsverhoudinge-ministerie het Omeya Investment CC beveel om sy sekuriteitsbeamptes die nasionale minimum loon vir die bedryf van 13 Namibiese dollar 50 sent per uur te betaal. Dit volg op 'n vreedsame protesoptog deur werkers wat deur die Namibië Veiligheidswerkersunie, Naswu, verteenwoordig is. Die maatskappy het 8 dollar…
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Botswana wil handel, belegging en goeie internasionale verhoudinge bevorder. Hy het Botswana se president, Duma Boko, Woensdag by Mahlamba Ndlopfu, sy ampswoning in Pretoria, ontvang. Ramaphosa sê bilaterale betrekkinge tussen die twee lande is sterk en dek samewerking oor ʼn wye spektrum, insluitend politiek,…
Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het bevestig dat drie van die vyf liggame wat uit die Hennopsrivier in Centurion, Pretoria, gehaal is, dié van die konstabels is wat verlede Woensdag vermis geraak het. Konstabels Linda Cebekhulu, Keamogetswe Buys en Boipelo Senoge het verdwyn terwyl hulle van Bloemfontein na hul ontplooiingsgebied…
Die Amerikaanse president Donald Trump sê wat die wêreld die afgelope 14 weke gesien het, is 'n rewolusie van gesonde verstand. Hy het Woensdag sy 100ste dag in die amp gevier met 'n veldtogstyl-saamtrek in Michigan. Volgens Gallup is Trump die enigste president na die Tweede Wêreldoorlog met minder as…
29 Apr 2025 11PM
1 min
3260 – 3280
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.