Algerië sê Israel se verbod op die Verenigde Nasies se agentskap vir Palestynse vlugtelinge, UNRWA, is ’n aanval op die hede en toekoms van die Palestynse volk. By die Internasionale Geregshof in Den Haag het Maya Sahli Fadel van Algerië gesê dié optrede skend internasionale reg en bevorder dubbele standaarde…
Advokaat Fanie Harmse, wat Jacquen Appollis in die Joslin Smith-verhoor verdedig, hou vol sy kliënt het nooit betrokkenheid of gelduitruiling erken nie, in teenstelling met Laurentia Lombaard se getuienis. Staatsaanklaer Zelda Swanepoel het in haar slotargumente in die Wes-Kaapse Hooggeregshof beweer Joslin se ma, Kelly, het vir Appollis gesê sy…
Die finansministerie het die laaste paar jaar pogings aangewend om die burgerlike samelewing te betrek om hul verwagtinge van begrotingsprioriteite te verstaan. Een van die belangrikste probleme wat geopper is, is die koste van sanitêre produkte. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Girl Up Namibia se president, Joy Kapepo.
Novel Ford het die Namibiese Rugby-unie met voertuie voorsien in ‘n borgskap van 2,5 miljoen Namibiese dollar. Die voertuie sal die uitvoerende bestuur van die NRU bedien insluitend John Heynes, die uitvoerende hoof, Jacques Burger, die direkteur en die NRU se adjunkpresident Johan Diergaardt. Daar word verwag dat Burger verskeie…
Staatsbegrafnisse het belastingbetalers in die 2024-25 boekjaar 38,4 miljoen Namibiese dollar gekos. Dit was vir 16 begrafnisse, insluitend dié van president Hage Geingob en stigterspresident Sam Nujoma. Eerste minister Elijah Ngurare sê sy kantoor het 1,9 miljard dollar ontvang, waarvan 2,5 miljoen dollar op Heldedag- en 25,6 miljoen op onafhanklikheidsvieringe…
Die uitvoerende hoof van TotalEnergies, Patrick Pouyanné, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah aangeraai om nie die konstruksie van 'n olie-raffinadery na te jaag nie. Hy sê dat Namibië se beperkte markgroottee dit sal laat sukkel om teen groter ekonomieë mee te ding vir olie om te verfyn. Kosmos 94.1 Nuus het…
Drie liggame, vermoedelik dié van polisielede wat verlede week vermis geraak het, is in die Hennopsrivier in Centurion gevind. Die lede, wat op pad van die Vrystaat na Polokwane was, het op 23 April verdwyn terwyl hulle in 'n wit Volkswagen Polo gereis het. Volgens polisiewoordvoerder Athlenda Mathe is die…
Kanadese premier Mark Carney sê sy land verdien respek van die VSA en sal slegs handel- en veiligheidsgesprekke met Amerikaanse president Donald Trump hê onder hulle voorwaardes. Carney het eksklusief met die BBC gepraat voordat stembusse gesluit het, en sê dat hy slegs Washington sal besoek as daar 'n ernstige…
Die Statebond Sake- en Handelsberaad sal in die hoofstad vanaf 16 tot 20 Junie gehou word. Die handelsminister Selma Ashipala-Musavyi sê die beraad is belangrik vir handel en bilaterale verhoudings binne die Statebond en sal handelsministers van die lande bymekaar bring.
Minister van Vervoer, Barbara Creecy sê Suid-Afrika het die laagste aantal padsterftes in drie jaar gedurende die Paasnaweek aangeteken. Botsings het met 32,5-persent verminder en sterftes het met 45,6-persent gedaal in vergelyking met 2024. Creecy skryf die sukses toe aan vroeë beplanning, sigbare verkeerspatrollering, en vennootskappe tussen die gemeenskap en…
Inwoners van Okahandja het 'n protesoptog gehou ter ondersteuning van die gesinne wat rou na die hartseer-moorde op Ingrid Maasdorp, Roswinds Fabianu en Beyonce Kharuxas. 'n Hele aantal hoogwaardigheidsbekleërs, waaronder president Netumbo Nandi-Ndaitwah, adjunk-sportminister Dino Balotti en onderwysminister Sanet Steenkamp, was onder die deelnemers. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met…
Suid-Afrika het die Internasionale Geregshof meegedeel dat Israel straffeloos optree in besette Palestynse gebiede en doelbewus hulp aan Gaza blokkeer. Die Hof hou hierdie week openbare verhore oor 'n versoek vir 'n raadgewende mening oor Israel se verpligtinge ingevolge internasionale reg. Die direkteur-generaal van die Departement van Internasionale Betrekkinge en…
Die Vereniging van Uitsaai Veterane gaan Woensdag, 30 April sertifikate uitdeel aan tien leerders van Windhoek Gimnasium wat die vereniging se opleiding sessies suksesvol voltooi het. Die tien aspirant omroepers sal binnekort begin uitsaai op Windhoek Gimnasium se skool radiostasie. Kolie van Coller, sameroeper van die vereniging, is aan die…
Burger het die onder-20 span aangemoedig om in top-kondisie te bly na hulle Barthés-oorwinning. Hy sê baie van die onder 20 spelers staan 'n kans om in die Wêreldbeker te speel as Namibië dit haal.
Die komende rugbyseisoen beloof om grasgroen en vol geleenthede te wees. Gedurende 'n borgskapoorhandiging van Novel Ford aan die NRU, het Jacques Burger, die direkteur van die Namibië Rugby Unie uiteen gelê wat voorlê met die opkomende seisoen wat in Junie begin met ‘n paar lekker wedstryde ter voorbereiding vir…
Parlementslede het in die Nasionale Vergadering vir die Huiskomitee gestem, en kon daarna skriftelike en mondelinge vrae aan ministers rig. Die kwessie van mediese interns wat verlede jaar betoog het oor die nie-betaling van oortyd het onder die loep gekom. Die interns het die gesondheidministerie na die Arbeidskommissaris geneem, wat…
Die Landless People's Movement het Swapo se reaksie op die aanstelling van Utaara Mootu as adjunkvoorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor Internasionale Betrekkinge, Verdediging en Veiligheid gekritiseer en beskryf dit as kinderagtig en ego-gedrewe. Terwyl die aanvanklike skok van Swapo verstaanbaar is, het die party kommer uitgespreek toe partypresident…
29 Apr 2025 7AM
1 min
3280 – 3300
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.