Die woordvoerder van Namibië se Groenwaterstofprogram, Jona Musheko, sê daar is hernude internasionale belangstelling in sake-moontlikhede in die land. Dit kom na die amptelike inwyding van die HyIron Oshivela aanleg. Musheko het in 'n onderhoud met Henock TV gepraat.
ActionSA sê hy sal hof toe gaan, indien nodig, om die vrystelling van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat se verslag oor die diefstal by president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo af te dwing. Die party het ’n formele aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting ingedien…
Die Bank van Namibië het se ekonomiese vooruitsigte vir 2025 opdateer. Die ekonomie sal na verwagting vanjaar met 3,8 persent groei en teen 4 persent in 2026. Dit is 'n afwaartse hersiening van 0,2 persentasiepunte vir vanjaar vanaf die Desember 2024-skatting. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Josefina Oskar, die…
ActionSA sê hy sal hof toe gaan, indien nodig, om die vrystelling van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat se verslag oor die diefstal by president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo af te dwing. Die party het ’n formele aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting ingedien…
Die olie- en gasbedryf het president Netumbo Nandi-Ndaitwah se herbeklemtoning in haar staatsrede verwelkom dat dié sektor direk onder die beheer van haar kantoor is. Kosmos 94.1 Nuus met Paulo Coelho, woordvoerder van Namcor, oor haar standpunt gesels:
Die Stad Kaapstad se Omgewingsgesondheidspraktisyns het 'n toename van 57-persent in geraasklagtes in die afgelope twee jaar aangeteken. Die hoofbronne van geraasklagtes in Kaapstad is plekke van laatnagvermaak, geleenthede met versterkte klank en woongebied sake-/werkswinkelgeraas. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê in die 2023/2024-boekjaar het geraasklagtes van…
Daar blyk om probleme te wees onder die kombi-taxi's. Bestuurders kla hulle permitte word gekonfiskeer, ten spyte daarvan dat hulle tot September het om te herregistreer. Die IPC se skadu-minister van werke en vervoer, Nelson Kalangula, het dit in die Nasionale Vergadering opgehaal. Werke en vervoer-minister Veikko Nekundi het so…
Cosatu sê Nasionale Tesourie moet die emosionele en nuttelose versoeking weerstaan om belangrike toewysings in die begroting te besnoei. Dit sluit in die bevriesing van die brandstofbelasting, die uitbreiding van kossoorte wat van BTW uitgesluit is, en maatskaplike toelaes bo inflasie. Dit volg nadat die Wes-Kaapse Hooggeregshof die BTW-verhoging van…
Standard Bank het 'n beroep gedoen vir die vestiging van 'n nasionale kredietwaarborgskema om finansiering vir noodsaaklike energie- en breër infrastruktuurprojekte in die land te ontsluit. So ‘n program is 'n regeringsgesteunde program wat lenerrisiko verminder deur 'n deel van 'n lening te dek indien 'n lener in gebreke bly,…
Die 18de Lüderitz Kreeffees begin vandag en duur tot 5 Mei. Hierdie jaarlikse viering stel Namibië se gesogte kreef ten toon, tesame met 'n rits geleenthede, insluitend seekosfeeste, kulturele optredes, motorsport en die gewilde Mej. Kreef-skoonheidskompetisie. Kosmos 94.1 Nuus het met Phil Balhao, die burgemeester van Lüderitz gepraat …
Oliepryse het vroeër ietwat versterk ten spyte van verwarring oor die tariefgesprekke tussen die VSA en China, maar die prys bly steeds rondom 64 Amerikaanse dollar ‘n vat. Handelaars het 'n gebrek aan belangrike nuus en verwagte toenames in aanbod aangehaal met markte wat steeds pryse ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus…
Die landbouministerie sê 90 persent van die besproeibare grond by groenskemas wat deur die regering bestuur word, is reeds aangeplant. Die doel is om teen die winter volle produktiwiteit te bereik. Adjunkdirekteur Felix Ndinamwene het ook aangekondig dat vakante plotte vir mediumskaal-boere volgende maand geadverteer sal word. Kosmos 94.1 Nuus…
Die verbypad by die brug wat net suid van die Aris-weegbrug op die B1 tussen Windhoek en Rehoboth ingegee het, is voltooi, voor skedule. Die brug het op 20 Maart ingegee na swaar reën en ‘n eenbaan verbypad is inderhaas gebou. Kosmos 94.1 Nuus het met Hileni Fillemon, woordvoerder by…
Die Parlement se voorsittende beamptes verwelkom die ooreenkoms oor die BTW-verhoging en fiskale raamwerk wat buite die hof bereik is. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het die voorgestelde BTW-verhoging van 0,5-persent opgeskort en die maatreël amptelik geskrap. Die hof het die bevel uitgereik in die DA en EFF se saak om die…
Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, het ʼn onafhanklike forensiese firma aangestel om bewerings van verkwistende uitgawes te ondersoek wat verband hou met die huur van kantoorruimte vir staatsdepartemente. Die LUR vir Infrastruktuur, Jacob Mamabolo, het onlangs onthul dat 34-miljoen-rand maandeliks aan die huur van kantore bestee word, al besit die…
Namcor het ‘n verklaring uitgereik oor die gewapende roof by die Namcor-vulstasie naby die A. Shipena-skool in Katutura. Net meer as 122 000 Namibiese dollar is gesteel maar, dit is teruggevind en die verdagtes is gearresteer. Paulo Coelho die woordvoerder van Namcor, sê die maatskappy self het geen verliese gely…
Die EFF het die Wes-Kaapse Hooggeregshof se besluit verwelkom om die 0,5-persent BTW-verhoging op te skort, wat dié belastingverhoging Donderdag voorkom. Hierdie besluit volg ná 'n regsgeding deur die DA en die EFF teen die BTW-koersaanpassing en die besluit van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies om…
Die Liberale Demokrate en sy leier, Mark Carney het die Kanadese verkiesing gewen. Kenners meen die verlies van die Konserwatiewe Party is as gevolg van Amerikaanse president Donald Trump se aanvalle op die land. Carney het in sy aanvaardingstoespraak gesê Kanada is die meester in sy eie huis.
Amadhila het die begroting vir die nuwe boekjaar uiteengesit.
28 Apr 2025 11PM
1 min
3300 – 3320
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.