Die verkrygingswetsontwerp is nou in die komiteestadium in die Nasionale Vergadering. Die speaker, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het die parlement se begroting gelees. Sy het die vorige jaar se werksaamhede uitgelig.
Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, sê die bekendstelling van waarnemingshommeltuie en liggaamskameras was 'n keerpunt vir grensbestuurswerk by grensposte. Hy sê ongeveer 112 persone is gedurende die Paastydperk om verskeie redes by grensposte in hegtenis geneem en aan lede van die SAPD oorhandig vir verdere hantering. Masiapato sê…
Die wêreld se nommer-een-manstennisspeler, Jannik Sinner, het sy nuwe stigting, die Jannik Sinner-stigting, bekendgestel, wat toegewy is aan die bemagtiging van kinders deur middel van onderwys en sport. Die stigting se direksie sluit in die Formule Een-president en uitvoerende hoof, Stefano Domenicali en 'n voormalige finansiële hoof van Apple, Luca…
Die Activists and Citizens Forum sê hy verwerp geheel en al die oproepe om die bedanking van die Minister van Finansies, Enoch Godongwana. Godongwana het verlede week aangekondig die 0,5 persent BTW-verhoging word teruggetrek. Woordvoerder van die Forum, Dennis Bloem, sê in plaas van Godongwana, doen hulle ’n beroep dat…
Die Cannabis and Hemp Association of Namibia reël ‘n vreedsame betoging vir die komende Saterdag waartydens hulle ‘n petisie aan die Verenigde Nasies gaan oorhandig vir die wettiging van die gebruik van dagga. Die betoging begin om tienuur in Mahatma Ghandi-straat agter die sentrale gevangenis en sal dan deur Onafhanklikheidslaan…
Die Akkerbouraad van Namibië het sy oesskatting aansienlik verhoog na die goeie reënseisoen. Die raad het vroeg vanjaar 'n tekort aan witmieles verwag, maar dit is aangepas na 'n oes van 70 000 ton vanjaar. Die prys vir witmielies gaan na verwagting meer as 6 800 Namibiese dollar per ton…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om fooie by openbare universiteite te skrap, sal na verwagting 'n skerp toename in studentegetalle tot gevolg hê. Ontleders waarsku dat dit bykomende druk op die ekonomie kan plaas indien dit nie deur ooreenstemmende werkskeppingspogings geëwenaar word nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tim…
Die Vereniging van Staatsamptenare vra werkgewers om hul beleid oor beroepsveiligheid en -gesondheid ter beskerming van werkers te verstewig omdat ongelukke in die werkplek, beroepsiektes en sterftes wêreldwyd 'n uitdaging bly. Die Wêrelddag vir Beroepsveiligheid en -gesondheid, 'n internasionale veldtog om veilige, gesonde en behoorlike werk te bevorder, is Maandag…
Russiese president Vladimir Putin het eensydig 'n driedaagse wapenstilstand in Mei in die oorlog met Oekraïne verklaar ter viering van die 80ste herdenking van die Sowjetunie se oorwinning oor Nazi-Duitsland in die Tweede Wêreldoorlog. Die Kremlin sê die 72-uur wapenstilstand sal van 8 Mei tot 10 Mei duur. Oekraïne se…
Die Namibiese Vereniging van Komponiste en Outeurs van Musiek, Nascam, het onlangs deelgeneem aan 'n bespreking tydens Wêreld Intellektuele Eiendomsdag. Tydens die bespreking het die uitvoerende hoof van Nascam, Albert Nicanor, uitgelig dat hulle steeds worstel met digitale roof. Kosmos 94.1 Nuus het met Nicanor gepraat wat sê dat die…
Die DA sê die ANC het Suid-Afrika se vryheid vernietig en gesteel en is uit voeling met Suid-Afrikaners. Die party sê Suid-Afrikaners het hard geveg vir die vryheid wat hulle in 1994 verower het, en het werklik vooruitgang gebring. Ivan Meyer van die DA sê die vreedsame oorgang van apartheid…
Die sportministerie is tans besig met 'n opname oor die hervorming van die Namibiese Skolesportunie. Die opname word aan verskeie skole gestuur om hul menings rakende die NSSU te deel. Benewens die opname het konsultasiewerkswinkels ook plaasgevind om die navrae persoonlik te beantwoord. Kosmos 94.1 Nuus het met Aina Shikesho,…
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde sê vryheid sonder ordentlike werk, ekonomiese geregtigheid, waardigheid, veiligheid, behuising, en toegang tot gehalte openbare dienste is nie werklike vryheid nie. SAFTU se woordvoerder, Newton Masuku, sê Suid-Afrika staan op die rand van 'n mislukking. Hy sê die werklike omstandighede van die werkersklas het tot…
Die Landbouwerkgewersvereniging sal sy jaarlikse kongres op 10 Junie hou. Boereverenigings word uitgenooi om hulle verteenwoordigers te stuur. Onderwerpe wat onder loep gaan kom is onder andere die geestelike gesondheid van plaaswerkers. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof uitvoerende beampte van die vereniging, Danie van Vuuren gesels.
Die verkrygingswetsontwerp word tans in die Nasionale Vergadering bespreek, terwyl parlementslede ook vrae kan vra. Die drie moorde op Okahandja van jong meisies is ook opgehaal, omdat die twee jongste slagoffers by die KW von Marees Gekombineerde Skool ingeskryf was. Die AR-parlementslid George Kambala het onderwysminister Sanet Steenkamp gevra of…
Meer inligting is bekend oor die standpunt van die IPC se skadu geslagsminister Lilian Lutuhezi oor die aanstelling van oud-landbouminister Mac Hengari. In ‘n verklaring sê sy die skandaal is bewys dat die regering versuim om vroueregte te beskerm. Lilian Lutuhezi Maandag Een
Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê hulle bied 'n beloning van 350 000 Suid-Afrikaamse rand aan vir enige inligting oor waar die drie vermiste polisiekonstabels hulle bevind. Hy sê iemand moes êrens iets opgemerk het, veral sedert Linda (uitspraak: Lienda) Cebekhulu, Keamogetswe Buys en Boipelo Senoge vyf dae gelede die…
28 Apr 2025 6AM
1 min
3320 – 3340
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.