Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3340 – 3360

Nee, geen verdagtes gearresteer vir Okahandja-moorde

Verslae word aanlyn versprei dat drie verdagtes gearresteer is in verband met die Okahandja-moorde van twee 6-jarige dogtertjies en 'n 15-jarige meisie. Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat die inligting verkeerd is, en dat mense net ingeroep is vir ondervraging. Die NamPol streeksbevelvoerder vir Otjozondjupa, kommissaris Phillip Hiidengwa, het met…
28 Apr 2025 6AM 1 min

Trump-tariewe stop nuwe lokomotiewe – vir eers

TransNamib het nie openbare tenders uitgereik om 23 nuwe lokomotiewe te bekom nie, na dit 'n lening van 2,6 miljard Namibiese dollar daarvoor gekry het. Die entiteit het gesê dat dit reeds 'n betroubare lokomotief-verskaffer het, naamlik General Electric Wabtec. Die AR-leier Job Amupanda het in die parlement gevra of…
28 Apr 2025 6AM 1 min

Koop van vervalle gebou 'lyk na korrupsie'

Die Vereniging van Staatsamptenare het die Departement van Verdediging se plan veroordeel om 181 miljoen Suid-Afrikaanse rand te bestee aan die aankoop van 'n klaarblyklik vervalle gebou in Midrand, Johannesburg. Claude Naiker van die vereniging sê die plan om 'n gebou in Halfway Gardens aan te koop, ten spyte van…
28 Apr 2025 6AM 1 min

BOSA het ekonomiese plan vir 5% groei

Terwyl Suid-Afrika vandag op Vryheidsdag 30 jaar van demokrasie vier, wil Build One South Africa die dag gebruik om ʼn dapper nuwe visie vir land se toekoms bekend te stel. BOSA gaan sy plan, A Growth Charter for South Africa: A Path to 5% Economic Growth, onthul. BOSA se woordvoerder,…
28 Apr 2025 3AM 1 min

Okahandja se expo is uitgestel, vergadering vanmiddag oor nuwe datum

Die vergadering vanmiddag oor Okahandja se toerisme en handels-expo is net om ‘n datum te bepaal. Die munisipaliteit het te kenne gegee dat die geleentheid wel uitgestel is na ‘n vergadering wat Sondag gehou is. Kosmos 94.1 Nuus het met die burgermeester van Okahandja, Beatrice Kotungondo, gepraat.
28 Apr 2025 3AM 1 min

Ligte reën word die week verwag

Die Namibiese weerdiens verwag dat ligte reën vandeesweek sal voorkom met die oostelike dele, en die suide wat ook neerslae sal ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met Odillo Kgobetsi van die diens gesels.
28 Apr 2025 3AM 1 min

Stad Windhoek sê oor watertariewe

Die hoofstad se watersekuriteit sal eers ná die reënseisoen ontleed en bepaal word, sê die Windhoekse munisipaliteit. Vir nou val die stad steeds in kategorie D en spaar inwoners nie genoeg water nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Lydia Amutenya, die munisipaliteit se woordvoerder, oor die kwessie gepraat:
28 Apr 2025 3AM 1 min

Gewasbestuursplanne nou belangriker as ooit

Met ligte reën wat nog vandeesmaand verwag word, word boere aangemoedig om reeds te begin voorberei vir die komende winterseisoen. Met 'n gewasbestuursplan word boere aangeraai om hulself te vergewis van die verskeie omgewingsfaktore wat gewasproduksie beïnvloed. Kosmos 94.1 Nuus het met Hanks Saisai, die tegniese adviseur vir gewasse en…
28 Apr 2025 3AM 1 min

SA-parlement erken uitdagings tydens Vryheidsdag vieringe

Die Parlement sê Vryheidsdag vind plaas teen die agtergrond van komplekse plaaslike uitdagings, aanhoudend hoë werkloosheid, toenemende ongelykheid, volgehoue armoede, en die voortdurende stryd teen geslagsgeweld en misdaad. Die Parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê hierdie is nie net statistieke nie, maar dringende oproepe tot verenigde optrede. Hy sê die…
28 Apr 2025 2AM 1 min

Ekonoom sê NNN het gefokus op die regte goed

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het verskeie dwingende kwessies in haar eerste staatsrede aangeraak, onder meer dat tersiêre onderwys vanaf volgende jaar 100 persent deur die regering gesubsidieer sal word. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar op die staatsrede by Cirrus ekonoom Robert McGregor gekry, wat baie positief is.
28 Apr 2025 2AM 1 min

Brand- en Reddingsdienste spook steeds om Tokai-brand te blus

Die brand wat naby Tokai in die Tafelberg Nasionale Park in Kaapstad word, het nie oornag beduidend opgevlam nie. Die stad se woordvoerder vir Brand- en Reddingsdienste, Jermaine Carelse, sê 'n vroue-brandbestryder is beseer en na 'n hospitaal geneem. Brandspanne het deurnag op die brandlyn gebly. Die situasie word fyn…
28 Apr 2025 1AM 1 min

As ons sanksies hef, dan moet ons voorberei vir nog twee jaar van oorlog

Amerikaanse president Donald Trump dreig sanksies teen Rusland en sê dat die Oekraïne baie meer gesind is met vredesonderhandelings. Hy het ook uitgevaar teen president Vladimir Putin en sê hy moet ophou aanvalle uitvoer en begin onderhandel. Maar, vrae word gevra oor hoekom die VSA nog nie sanksies teen Rusland…
28 Apr 2025 1AM 1 min

Vryheidsdag: Werklike vryheid word aan lewenstandaarde gemeet

Die Verenigde Demokratiese Beweging doen 'n beroep op alle Suid-Afrikaners om hulself weer te verbind aan die bou van 'n Suid-Afrika wat regverdig, billik en vry is, en 'n land wat die drome van 1994 weerspieël. Die waarnemende sekretaris-generaal van die UDM, Zandile Phiri, sê werklike vryheid moet gemeet word…
28 Apr 2025 12AM 1 min

Israel is hier om te bly - Bibi

Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het tydens die eerste Jewish News Syndicate se Internasionale Beleidsberaad in Jerusalem weer beklemtoon Israel sal slegs 'n kernooreenkoms met Iran aanvaar wat Teheran se uraanverrykingsvermoëns heeltemal uitskakel. Hy het ook herbevestig dat Israel daar is om bly.
28 Apr 2025 12AM 1 min

DA sê BTW-saak is ‘n sege vir alle Suid-Afrikaners

Die voorsitter van die DA se Federale Raad, Helen Zille, sê die Wes-Kaapse Hooggeregshof-uitspraak dat 'n BTW-verhoging amptelik opgeskort moet word, is 'n sege vir alle Suid-Afrikaners. Sy sê die besluit verseker dat veranderinge aan die BTW-koers behoorlik deur die parlement goedgekeur moet word voordat dit in werking tree. Die…
27 Apr 2025 11PM 1 min

Diskriminasie teen LBGT duur voort

Die baanbrekende Drag and Vogue Beyond Borders-projek is deur Namibië, Kenia, Suid-Afrika en Duitsland bekendgestel. Dit sluit onder andere vyf internasionale fases in, met ook 'n Pride-parade in Namibië. Tydens die geleentheid het Lize Ehlers, die uitvoerende hoof van Drag Nights Namibia, die inhoud van die ooreenkoms gelees. Sy het…
27 Apr 2025 11PM 1 min

Nanso waarsku oor gratis tersiêre onderwys

Nanso het gewaarsku dat gratis tersiêre onderwys in Namibië verskeie uitdagings kan veroorsaak. Dié studenteliggaam het reageer op president Netumbo Nandi-Ndaitwah se aankondig tydens haar staatsrede Donderdag. Kosmos 94.1 Nuus het met die president van Nanso, Dorothea Nangolo, gepraat:
27 Apr 2025 10PM 1 min

Trump ‘dink’ Oekraïne sal Krim opgee

Die Amerikaanse president Donald Trump het die Russiese president Vladimir Putin aangespoor om op sy aanvalle gestaak en ‘n ooreenkoms met die Oekraïne te onderteken. Hy het ook met verslaggewers gepraat na hy van die Vatikaan teruggekeer het en sê hy glo sy Oekraïnse eweknie Volodymyr Zelensky is bereid om…
27 Apr 2025 10PM 1 min

Alkohol, dwelms onder die loep

Die stigter van Hephzibah Mental Health Wellness Centre, Cynthia Martin, het tydens die Sonneblomaand van Beloftes in Windhoek 'n beroep op Namibiërs gedoen om saam te staan teen alkohol- en dwelmmisbruik. Die geleentheid het gefokus op bewustheid van geestesgesondheid en om ouers op te voed oor die gevare van alkohol,…
27 Apr 2025 10PM 1 min
3340 – 3360