Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3360 – 3380

Hengari moes bedank het - kenner

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Sondag gesê sy het landbouminister Mac Hengari amptelik van sy pligte onthef, effektief van verlede Woensdag. Hengari is Saterdagmiddag in hegtenis geneem ná hy glo ‘n 21-jarige vrou wat hom van verkragting beskuldig, met 230 000 Namibiese dollar in kontant probeer omkoop het om die saak…
27 Apr 2025 9PM 1 min

Gemeenskap se reaksie stel eintlik die gemeenskaplike probleem voor

Okahandja is onder die beheer van die Namibiese weermag en polisie geplaas en ‘n aandklokreël geld ná die dorp deur drie kindermoorde die afgelope maand geruk is, waarvan twee die naweek plaasgevind het. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie op die moorde van maatskaplike aktivis, Ethne Mudge gekry, wat sê dit…
27 Apr 2025 9PM 1 min

NNN spreek Okahandja toe, sê NamPol sal dorp 'oorneem'

‘n Massabetoging teen onlangse kindermoorde op Okahandja word vanoggend om tien-uur op die dorp gehou. Intussen word daar berig dat 11 persone van belang deur die polisie ondervra is verband met die moorde. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het ook, nes onderwysminister Sanet Steenkamp en haar adjunk, die dorp Sondag besoek. Sy…
27 Apr 2025 8PM 1 min

SA verbind tot Globale Noorde en Suide

Die waarnemende president, Gwede Mantashe, sê Suid-Afrika is steeds verbind tot 'n progressiewe buitelandse beleid-standpunt, en om met lande van die Globale Noorde en die Globale Suide saam te werk vir die nasionale belang. Hy sê Suid-Afrika is sy bevryding te danke aan die talle wêreldlande wat hom tydens die…
27 Apr 2025 8PM 1 min

Massabetoging teen moorde môre op Okahandja

‘n Massabetoging teen onlangse kindermoorde op Okahandja word môreoggend op die dorp beplan. Die burgemeester van die dorp, Beatrice Kotungondo, het Saterdag teruggekrabbel oor ‘n protesaksie wat sy aanvanklik weens die toerisme- en handelsekspo op Okahandja afgekeur het en gesê dit was ‘n misverstand. Die gemeenskap eis nou dat die…
27 Apr 2025 3AM 1 min

Goeie vooruitsig vir slagpryse

Die jongste vleispryse is deur AMT is bekengemaak. Johan Teessen, landbou-ekonoom by AMT, het die slagpryse uiteengesit, met verwysing na Namibië en Suid Afrika.
27 Apr 2025 2AM 1 min

Miljoene vir nuwe spesiale skool op Kamanjab

Die sooispitseremonie vir ‘n skool wat voorsiening maak vir kinders met ‘n verskeidenheid van gestremdhede, het Saterdag op Kamanjab plaasgevind. Konstruksie aan dié skool van 34 miljoen Namibiese dollar, sal vanjaar begin. Dit sal 500 kinders kan huisves en sal klaskamers en ‘n koshuis insluit. Onderwysminister Sanet Steenkamp het tydens…
27 Apr 2025 1AM 1 min

Tanzanië hef invoerverbod op SA-produkte op

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, het Tanzanië se besluit om sy invoerverbod op Suid-Afrikaanse landbouprodukte op te hef, met ope arms verwelkom. Die woordvoerder van die ministerie, Chrispin Phiri, sê dié besluit volg op konstruktiewe diplomatieke betrokkenheid tussen die minister en sy eweknie en hy het…
27 Apr 2025 12AM 1 min

'Opveil van viskwotas kortwiek Namibiërs'

Die Konfederasie vir Namibiese Visverenigings het ‘n beroep op die regering gedoen om nie langer viskwotas op te veil nie. Matti Amukwa, voorsitter van die vereniging, het Vrydag tydens die jaarlikse byeenkoms van dié bedryf in Walvisbaai gesê die opveil van kwotas belemmer Namibiërs se deelname in die bedryf. Die…
26 Apr 2025 11PM 1 min

Vryheidsfront Plus eis ingryping by Tshwane se water

Die Vryheidsfront Plus in Tshwane eis dringende ingryping by wat hy beskou as die toenemende krisis wat volhoubare watervoorsiening in die metro bedreig. Anne-Marie Sparg van die VF Plus sê die metro moet Rand Water betaal vir elke druppel water wat hy gebruik, en die gelisensieerde waterkwota word gereeld oorskry…
26 Apr 2025 10PM 1 min

Ontplooi weermag in Okahandja, vra burgemeester

Okahandja se burgemeester, Beatrice Katungondo, het vir die ontplooiing van die weermag in die dorp gevra om die gemeenskap te beveilig ná twee jong dogtertjies binne in maand op dié dorp vermoor is. In die jongste voorval is die liggaam van die sesjarige Roslin Fabian Vrydag in Veddersdal gevind. Katungondo…
26 Apr 2025 9PM 1 min

DRK, Rwana werk aan skietstilstand

Die Demokratiese Republiek die Kongo en Rwanda het ʼn ooreenkoms onderteken om mekaar se soewereiniteit te respekteer en aan ʼn skietstilstand te werk. Die oostelike deel van die DRK is sedert Januarie betrokke in gevegte met die Rwandees-gesteunde M23-rebelle. Die ooreenkoms is in Washington onderteken deur die DRK en Rwanda…
26 Apr 2025 3AM 1 min

ANC hou vol RNE staan sterk

Die ANC hou vol die regering van nasionale eenheid bestaan nog en alle partye is tot samewerking verbind. ʼn Afvaardiging ANC- en DA-leiers het Vrydag vergader om die jongste politieke verwikkelinge in die land te bespreek. Dit sluit die nasionale begroting en skrapping van die BTW-verhoging van 0,5-persentasiepunte in. Die…
26 Apr 2025 2AM 1 min

Namcor opgewonde oor Oranjekom

Namcor het meer besonderhede bekend gemaak oor Rhino Resources wat koolwaterstowwe getref het in sy jongste eksplorasie-veldtog aflandig van Namibië se kus. Die vonds is gemaak in die Capricornus-1x-eksplorasieput in PEL 85, waar boorwerk twee maande gelede begin het. Utaara Hoveka, kommunikasiebeampte by Namcor, het meer oor die ontdekking:
26 Apr 2025 1AM 1 min

Water vir die vale in die Vaal

Die departement van water en sanitasie sê tien sluise van die Vaaldam is tans oop. Aanhoudende, bogemiddelde reënval in die reeds versadigde opvangsgebiede veroorsaak ʼn groot invloei van water. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê die Vaal- en Bloemhofdam is tans onderskeidelik 119,68- en 111,87 persent vol. Sy sê…
26 Apr 2025 12AM 1 min

Kry 'n bietjie kleur en help Kankervereniging

Curves Strengthening Women bied vandag 'n spray-a-thon aan van 09:00 tot 13:00 by Platz Am Meer in Swakopmund. Die geleentheid is in vennootskap met die Kankervereniging van van Namibië se Erongo-sentrum en is daarop gemik om bewustheid en ondersteuning vir kankerinisiatiewe in die streek te verhoog. Kosmos 94.1 Nuus het…
25 Apr 2025 11PM 1 min

Legendariese langasem van Afrika weer in Londense Marathon

Die marathon-legende Eliud Kipchoge sal môre na die Londense Marathon terugkeer nadat hy in 2020 laas deelgeneem het. Die 40-jarige Keniaan is 'n viermalige kampioen in die Britse hoofstad en tweemalige Olimpiese gouemedaljewenner, en mik om 'n rekord vyfde oorwinning te behaal. Kipchoge sal na 'n moeilike seisoen verlede jaar…
25 Apr 2025 10PM 1 min

DA vra onafhanklike hersiening van BEE-raamwerk

Die DA sê hy het suksesvol gesorg vir 'n hersiening van die swart ekonomiese bemagtigingsraamwerk. Verslae wat deur die parlement se portefeuljekomitee oor handel, nywerheid en mededinging aangeneem is, beklemtoon kommer oor kaping deur die elite en die beperkte uitwerking van SEB op werkskepping. Toby Chance van die DA vra…
25 Apr 2025 9PM 1 min

Kabinet erken AU se reparasies vir Afrikane-tema

Die Kabinet het die belangrikheid erken om nasionale aktiwiteite in lyn te bring met die AU se 2025-tema van die Jaar: Geregtigheid vir Afrikane en mense van Afrika-afkoms deur middel van reparasies. Alle kantore, ministeries en agentskappe is opdrag gegee om hierdie tema te integreer. Inligtingsminister Emma Theofelus het die…
25 Apr 2025 9AM 1 min
3360 – 3380