Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3380 – 3400

Helikopter help met Tafelberg-veiligheid

SANParke het veiligheid in die Tafelberg Nasionale Park verskerp deur 'n helikopter van die Krugerwildtuin te ontplooi. Die lug-ondersteuning is deel van SANParke se veiligheid- en sekerheidstrategie wat see-, lug- en bergspanne insluit. JP Louw van SANParks sê die helikopter dien as sigbare afskrikmiddel en verseker vinnige reaksie op moontlike…
25 Apr 2025 9AM 1 min

Presidentskantoor se begroting-toewysing in NV

Die begroting word steeds in die Nasionale Vergadering bespreek. Die wetsontwerp is nou in die komiteefase. Al die verskeie stemme en ontwikkelingsprojekte van die sektore word uiteengesit. Tydens vanoggend se sessie het die eerste minister, dr. Elijah Ngurare, die toewysing aan die presidentskantoor voorgelees. Die kantoor het meer befondsing ontvang…
25 Apr 2025 8AM 1 min

BTW-skrapping 'pleister op oop wond'

Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die land se grootste tekortkoming is nie ʼn fiskale tekort nie, maar ʼn gebrek aan integriteit, bevoegdheid en politieke wil. Die organisasie het die skrapping van ʼn BTW-verhoging van 0,5-persentasiepunte verwelkom, maar sê dis bloot ʼn pleister op ʼn oop wond. Bennie van Zyl van…
25 Apr 2025 8AM 1 min

Lewendehawe Produkteraad doen weg met kontant

Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het aangekondig dat hulle kontantlose transaksies in hul bedrywighede gaan implementeer vanaf 1 Junie. Kliënte word aangemoedig om debiet- en kredietkaarte te gebruik, asook EFT-betalings te maak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Anja Boshoff, die vleisstandaarde bestuurder by die raad.
25 Apr 2025 7AM 1 min

Brandstofpryse bly dieselfde in Mei

Die energieministerie het aangekondig dat die brandstofpryse onveranderd sal bly in Mei. Petrol sal dus steeds 20 dollar 67 sent per liter aan die kus kos, terwyl diesel 50 dpm 20 dollar 62 sent sal kos en diesel 10 dpm, 20 dollar 72 sent. Die ministerie se woordvoerder, Anna Salkeus…
25 Apr 2025 7AM 1 min

Borgskap aan Okahandja-dorpsraad dalk onttrek oor Maasdorp-betoging

Ants Mobile Billboards, 'n maatskappy gebaseer in Okahandja, het gedreig om sy eenmalige borgskap vir buitelug-advertensies aan die plaaslike dorpsraad te onttrek indien dit voortgaan om 'n beplande demonstrasie wat geregtigheid vir Ingrid Maasdorp eis, te blokkeer. Die maatskappy het belowe om die protes te ondersteun deur 500 plakkate aan…
25 Apr 2025 7AM 1 min

Ekoloog kap Afrika-energiekamer oor 'Drill, baby, drill'

By die Internasionale Energiekonferensie het die voorsitter van die Afrika-energiekamer, NJ Ayuk, Namibië aangespoor om sy olie- en gasbronne ten volle te benut, ten spyte van wêreldwye oproepe vir 'n groenekonomie. Ayuk het Donald Trump se slagspreuk "Drill, baby, drill" herhaal en gesê die land moet alle energiebronne gebruik om…
25 Apr 2025 7AM 1 min

Le Roux, Van Staden terug vir Bulle teen Glasgow Warriors

Rugby: Die Springbok-heelagter Willie le Roux en flank, Marco van Staden, is terug in die Bulle-groep wat vanaand die verdedigende kampioene, Glasgow Warriors, in die Verenigde Rugbykampioenskap in Skotland takel. Le Roux, wat in Maart ʼn operasie ondergaan het, is op die bank terwyl Van Staden op nommer agt begin…
25 Apr 2025 6AM 1 min

Meer reën, koue (nou al!) op pad

Namibië kan reën verwag tot in die winter weens La Niña wat steeds in sirkulasie in die land is. Pak solank al jou winterjasse uit want dit gaan koud word. Weerkenner Johan van den Berg het meer.
25 Apr 2025 6AM 1 min

Sprinkane saai verwoesting in dele van Zambezi-streek

Sprinkane het na die goeie reën verwoesting begin saai in landerye in sommige noordelike areas. Die Zambezi-streek is veral hard getref en die landbouministerie het sowat 1 965 hektaar se landerye bespuit. Kosmos 94.1 Nuus het met Zambezi-goewerneur Lawrence Sampofu gesels, wat sê dinge lyk nie goed nie en 'n…
25 Apr 2025 5AM 1 min

ANC maak plan met interne etiek, dissipline

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party is besig om streng interne meganismes in te stel om etiese leierskap, doeltreffende regering en deursigtige besluitneming te verseker. Hy het die slotrede gelewer by die party se Noord-Kaapse provinsiale konferensie waar Zamani Saul onbestrede vir ʼn derde termyn as provinsiale…
25 Apr 2025 5AM 1 min

Afrika Energiekamer ondersteun Namibië se olie-ambisies

Die uitvoerende voorsitter van die Afrika Energiekamer, NJ Ayuk, het by die Namibië Internasionale Energiekonferensie sterk steun uitgespreek vir Namibië se olie-ambisies. Hy het die land se plaaslike inhoudbeleid geprys en sê alle beskikbare koolwaterstowwe moet benut word om Namibiërs te bevoordeel. Ayuk beklemtoon die ontwikkeling van plaaslike vaardighede om…
25 Apr 2025 3AM 1 min

Proses rakende volksmoord vergoeding nog nie voltooi nie - NNN

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar staatsrede gesê dat sy die stryd wat haar voorgangers begin het om vergoeding van Duitsland te verseker vir die Nama-Ovaherero-volksmoord, sal voortsit. Die LPM-leier Bernadus Swartbooi het tydens die vraag-en-antwoord sessie gesê die 1,1 miljard euro wat Duitsland aanbied as vergoeding vir die volksmoord…
25 Apr 2025 3AM 1 min

Stadspolisie ontplooi hommeltuie

Die hoof van die Windhoek Stadspolisie, Leevi Ileka, sê die departement gebruik tans een waarneming-hommeltuig, maar daar is planne om die vloot tot 10 uit te brei teen 2027. Die doel is om misdaad met die hommeltuie te bekamp, veral in rivierbeddings en residensiële inbrake. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat…
25 Apr 2025 3AM 1 min

Gratis varsity... wat word van privaat instellings?

Die aankondiging deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah dat tersiêre onderwys gratis sal wees, skyn die lig op privaatinstansies en hulle toekoms. In die verband het Kosmos 94.1 Nuus dr. David Namwandi, die stigter en hoof van die International University of Management genader vir sy mening.
25 Apr 2025 3AM 1 min

Dis 'n bron van kommer dat 7% alleen, medies kan bekostig

Behalwe vir staatsamptenare kan net 7 persent van Namibiërs mediese fondse bekostig, volgens 'n Namfisa verslag. Bydraes het verlede jaar met 11,4 persent gestyg vanaf 2023, met die gemiddelde bydrae per begunstigde net meer as 6 900 Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal…
25 Apr 2025 3AM 1 min
3380 – 3400