Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3400 – 3420

Amushelelo sê Ingrid-protes moet voortgaan soos beplan

Die NEFF-aktivis Michael Amushelelo het Okahandja se burgemeester Beatrice Kotungondo gekritiseer omdat sy nie 'n beplande protes oor die vyfjarige Ingrid Maasdorp se verkragting en moord goedgekeur het nie. Dit was omdat die dorp se toerisme-ekspo terselftertyd plaasvind. Amushelelo het verwys na artikel 21 van die Grondwet en sê Namibiërs…
25 Apr 2025 2AM 1 min

Motsepe sien uit na die Afrikabekertoernooi in Desember

Die president van Afrika se beheerliggaam, Patrice Motsepe, glo vanjaar se Afrikabekertoernooi in Marokko gaan die suksesvolste in die geskiedenis van die kompetisie wees. Die toernooi sal van 21 Desember tot 18 Januarie gespeel word. Motsepe sê Marokko is ook gereed om 2030 se Wêreldbekertoernooi saam met ander lande aan…
25 Apr 2025 2AM 1 min

DA kan nie alleen krediet vat die BTW-afskaffing nie

Die Patriotic Alliance het die DA gekritiseer omdat hy krediet vat vir die skrap van die 0,5-persentasiepunt BTW-verhoging. Volgens die party het die DA gepoog om die BTW-verhoging uit te buit deur aan te dring op privatisering en ander politieke eise, soos die verwydering van die Nasionale Gesondheidsversekering en die…
25 Apr 2025 1AM 1 min

Oliewet moet verander word om onder NNN te val

Die leier van die Landless People’s Movement, Bernadus Swartbooi, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah tydens die vraag-en-antwoord sessie na die staatsrede uitgevra oor die wetlike aspek van olie- en gas-besluite wat nou onder haar kantoor resorteer.
25 Apr 2025 1AM 1 min

Saara spreek NV-personeel toe

Die speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het haar eerste toespraak aan die personeel van die Nasionale Vergadering gelewer. Tydens haar toespraak het sy oor verskeie operasionele strukture binne die parlement gepraat. Een van die dinge wat sy aangespreek het, was die begroting wat aan die Nasionale Vergadering toegeken…
25 Apr 2025 12AM 1 min

BTW is die minste van GNU se bekommernisse

'n Ekonoom aan die Stellenbosse Bestuurskool, André Roux, sê om BTW onveranderd te hou is goeie nuus, maar hy waarsku die regering moet nog 'n groot begrotingsgaping regstel. Hy voeg by met die laer ekonomiese groei wat verwag word, sal belastinginkomste selfs verder krimp. Roux glo die beste oplossing is…
25 Apr 2025 12AM 1 min

Olie en gas... plaaslike inhou weer beklemtoon

Tydens die Internasionale Energiekonferensie het adjunk-eerste minister en minister van myne en energie, Natangwe Ithete, die belangrikheid daarvan beklemtoon om Namibië se natuurlike hulpbronne verantwoordelik te bestuur om te verseker dat alle Namibiërs gelyke voordeel trek. Hy beklemtoon dat die land 'n spilpunt vir innovasie, verwerking en vervaardiging moet word…
24 Apr 2025 11PM 1 min

Beurtkrag afgestel, 2 000MW bygevoeg

Eskom sê fase-twee beurtkrag wat gistermiddag weens verlies aan opwekkingseenhede en 'n groter as verwagte aanvraag ingestel is, is teen middernag opgehef. Dit volg na die herwinning van sowat 2 015 megawatt se opwekkingsvermoë, 'n verwagte afname in aanvraag en voldoende noodreserwes. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê hulle sal…
24 Apr 2025 11PM 1 min

Cyril sê SA is verbind tot vrede

President Cyril Ramaphosa en sy Oekraïnse eweknie, Volodymyr Zelensky, het ooreengekom om samewerking tussen die twee lande te versterk en saam te werk aan sleutelgebiede, insluitend handel, energie en onderwys. Die twee leiers het tydens samesprekings by die Uniegebou in Pretoria maniere bespreek om bilaterale betrekkinge uit te brei en…
24 Apr 2025 11PM 1 min

Geen SME-konsultasies vir begroting nie

Die finansministerie onder voormalige lynminister Ipumbu Shiimi het dikwels die burgerlike samelewing betrek om insette oor begrotingsprioriteite in te samel. Onder die konsekwent geopperde probleme was die nodigheid vir steun aan die informele ekonomie, SME’s en die kreatiewe sektor. Konsultasies het egter nie vanjaar plaasgevind nie. Kosmos 94.1 Nuus het…
24 Apr 2025 11PM 1 min

Gratis tersiêre onderwys... kan stelsel dit hanteer?

Tydens haar Staatsrede het president Netumbo Nandi-Ndaitwah aangekondig dat die regering vanaf 2026 tersiêre onderwys ten volle sal subsidieer. Dit beteken dat studente by openbare universiteite en tegniese- of beroepsonderwyssentrums nie meer registrasiefooie of klasgeld sal betaal nie. Tydens die vraag- en antwoordsessie het AR-leier Job Amupanda gevra waar die…
24 Apr 2025 11PM 1 min

Sal die wankelrige dit kan hanteer'

Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lifalaza Simataa, die LPM se woordvoerder, wat twyfel of die wankelrige stelsel dit sal kan hanteer.
24 Apr 2025 11PM 1 min

NNN antwoord (nie) op PDM se August 26 vraag

Tydens die vraag-en-antwoord sessie na president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsrede, het PDM-leier McHenry Venaani na die president se aangekondigde stryd teen korrupsie verwys. Hy wou weet wanneer die verslag oor die oudit van August 26 Holding Company se boeke vrygestel gaan word. Die maatskappy werk met openbare fondse.
24 Apr 2025 9PM 1 min

Namibiese groeivoorspellings afwaarts aangepas

Die ekonomie van Afrika suid van die Sahara toon veerkragtigheid, sê die Wêreldbank, met verwagte groei van 3,5 persent vanjaar en 4,3 persent teen 2027, aangedryf deur toenemende beleggings en verbruik, en dalende inflasie. Armoede-vermindering is egter stadig en werkskepping bly swak, veral in konflik-geaffekteerde en hulpbronafhanklike lande. Die bank…
24 Apr 2025 9PM 1 min

Primêre nywerhede dra meeste by tot 2024-groei

Die Namibiese Finansiële Stabiliteitsverslag van 2025 is deur die Bank van Namibië in die hoofstad bekendgestel Die verslag ontleed die prestasie van die Namibiese banke in die ekonomie. Die globale ekonomiese vooruitsigte van verskeie lande het afgeneem en sal na verwagting in die Namibiese binnelandse ekonomie deursyfer. Florette Nakusera, direkteur…
24 Apr 2025 8PM 1 min

"Vladimir, STOP!" - Trump

Amerikaanse president Donald Trump en Noorweë se premier, Jonas Gahr Støre, het Donderdag in die Withuis ontmoet, waar Trump gesê het dat die volgende paar dae baie belangrik gaan wees vir 'n skietstilstand-ooreenkoms in Oekraïne. Trump het vroeër gesê hy is nie gelukkig oor 'n groot Russiese lugaanval op Kiëf…
24 Apr 2025 8PM 1 min

Beveg korrupsie, maar waar's die Fluitjieblaser-wet?

Namibiërs wag nog steeds in afwagting dat die Wet op die Beskerming van Fluitjieblasers volledig in werking gestel moet word. Dit is nodig om korrupsie te help ontbloot. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar staatsrede die belangrikheid daarvan om korrupsie te beveg uitgelig, om die land se natuurlike hulpbronne te…
24 Apr 2025 9AM 1 min

Zelensky, Cyril kom ooreen oor meer samewerking

President Cyril Ramaphosa en sy Oekraïense eweknie, Volodymyr Zelensky, het ooreengekom om samewerking tussen die twee lande te versterk en saam te werk aan sleutelgebiede, insluitend handel, energie en onderwys. Die twee leiers het tydens samesprekings by die Uniegebou in Pretoria maniere bespreek om bilaterale betrekkinge uit te brei en…
24 Apr 2025 9AM 1 min
3400 – 3420