Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3420 – 3440

President kondig gratis tersiêre onderwys aan

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar eerste staatsrede aangekondig dat tersiêre onderwys vanaf 2026, 100 persent deur die regering gesubsidieer sal word. Geen registrasie- of klasgelde sal gehef word by staatsbefondsde hoër onderwys instellings nie. Sy het ook herhaal dat die bevolking te klein is om soveel armoede te beleef…
24 Apr 2025 8AM 1 min

Moenie noodsaaklike privaat sekuriteit ontwapen nie: Action Society

Action Society dring aan op die onmiddellike herroeping van die voorgestelde wysigings aan regulasies vir privaat sekerheid, en waarsku dat dit openbare veiligheid ernstig in gevaar kan stel. Hulle voer aan dat die konsepregulasies noodsaaklike sekerheidsdienste sal verswak, veral in hoë-misdaadgebiede waar die polisie dikwels onderbeman en onderbefonds is. Die…
24 Apr 2025 8AM 1 min

Zelensky vra hulp om Oekraïense kinders huis toe te bring

Die Oekraïense president, Volodimir Zelensky, het Suid-Afrika gevra om te help met die terugkeer van meer as 400 Oekraïense kinders wat tydens die oorlog na Rusland geneem is. Hy het tydens sy besoek aan Pretoria deur 'n tolk gesê baie van die kinders is teen hul wil geneem en word…
24 Apr 2025 8AM 1 min

USAid-fondse droog op, maar organisasies maak plan

Amerikaanse president Donald Trump se uitvoerende bevel op 20 Januarie om internasionale USAid-befondsing op te skort, het sommige plaaslike organisasies, veral dié in die LGBT-gemeenskap, hoog en droog gelaat. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Patrick Reissner, mede-stigter van Equal Namibia, wat verduidelik hoe hulle die finansiële terugslag hanteer.
24 Apr 2025 8AM 1 min

So wil regering jeugwerkloosheid bekamp

Jeug-werkloosheid het 'n nypende kwessie in die land geword. Volgens die Namibië Statistiek-agentskap is die totale werkloosheidsyfer 36,9 persent, met werkloosheid onder die jeug op 'n verbysterende 44,4 persent. Hoewel vele sektore die syfers betwis as te laag, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah dit so in haar staatsrede aangehaal. Sy het…
24 Apr 2025 7AM 1 min

Swapo monopoliseer NV-komitees, sê IPC

Die Independent Patriots for Change maak alarm oor wat hy as 'n grondwetlike krisis in die parlement bestempel. Hy beskuldig Swapo daarvan dat hy toesig monopoliseer deur agt uit nege Nasionale Vergadering-komiteevoorsitterskappe te beklee wat slegs die Openbare Rekeninge-komitee onder opposisiebeheer laat. Kosmos 94.1 Nuus het met die IPC-hoofsweep, Rodney…
24 Apr 2025 7AM 1 min

Nama-leiers eis nuwe volksmoord onderhandelinge

Namibië se eerste amptelike volksmoord herdenkingsdag is op 28 Mei, wat ook tot 'n openbare vakansiedag verklaar is. Die Nama Tradisionele Leiersvereniging herdenk die volksmoord egter op 22 Mei, terwyl die Ovaherero 12 April en 2 Oktober verkies. Albei groepe is gekant teen die datum wat die regering vasgestel het,…
24 Apr 2025 7AM 1 min

Staatsrede: Dis hoekom pensioene nie verhoog is nie

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar eerste staatsrede die beloofde verhoging in ouderdomspensioene, wat nie gebeur het nie, opgehaal. Sy het redes verskaf waarom pensioene nie vanjaar verhoog kon word nie. Die pensioenverhoging was 'n belofte wat in die Swapo-manifes en haar verkiesingsveldtogte gemaak is.
24 Apr 2025 6AM 1 min

Nuwe diens-regulasies pas nie by landbou, sê TLU-SA

Die landbou-organisasie TLU SA is bekommerd oor die regering se nuut-ingestelde diensbillikheids-regulasies wat rasgegronde aanstellingsteikens bekendstel. Die regulasies, wat van hierdie maand af geld, is daarop gerig om werkplek-verskeidenheid te verbeter deur die aantal swartmense, vroue en mense met gestremdhede in verskeie poste te verhoog. Bennie van Zyl van TLU…
24 Apr 2025 6AM 1 min

Finansiële stabiliteitsverslag 'herstel openbare vertroue'

Die Bank van Namibië en Namfisa het die jaarlikse finansiële stabiliteitsverslag vrygestel onder die tema "Beveiliging van finansiële stabiliteit in 'n veranderende globale landskap”. Die sleutelverslag kontroleer die gesondheid van die finansiële stelsel deur onder andere risiko's te ontleed, banke te stres-toets en die stelsel se gereedheid vir plaaslike en…
24 Apr 2025 6AM 1 min

BTW-verhoging omgekeer weens DA: Zille

Die DA sê finansminister Enoch Godongwana se besluit om die BTW-verhoging van 'n 0,5-persentasiepunt te skrap, is ʼn draaipunt in die stryd om Suid-Afrikaners teen ongeregverdigde finansiële laste te beskerm. Die party sê hy het ʼn voorstel van Godongwana se prokureurs ontvang om buite die hof te skik oor sy…
24 Apr 2025 5AM 1 min

Venaani wil weet oor begroting vir oud-presidente

Die PDM-leier McHenry Venaani het premier Elijah Ngurare in die Nasionale Vergadering gevra om die toekenning van kantore aan voormalige presidente te hersien, en het die koste en volhoubaarheid van die huidige model bevraagteken. Hy het voorgestel dat bestaande kantore gebruik word, en gevra vir 'n hersiening van die Wet…
24 Apr 2025 3AM 1 min

Saftu verwerp voorstelde wysigings aan arbeidswette

Die vakverbond Saftu vra werkers om die voorgestelde wysigings aan arbeidswette te verwerp, aangesien dit werkgewers bevoordeel en werkersregte verswak. Die organisasie sê die nuwe konsepkode sal onregverdige afdankings toelaat, veral in klein ondernemings, regverdige verhoorprosesse verwyder, en dit makliker maak om werkers op proeftyd of dié wat as onaanpasbaar…
24 Apr 2025 3AM 1 min

Ingrid se ouma woedend oor uitstel van optog vir geregtigheid

Die uitstel van die optog vir geregtigheid vir Ingrid Maasdorp deur die Okahandja-munisipaliteit is steeds in die nuus. Die burgemeester, Beatrice Kotungondo, het inwoners gevra om die beplande betoging oor Ingrid Maasdorp se moord tot ná die Toerisme- en Handelskou uit te stel. Sy sê die skou lok beleggers en…
24 Apr 2025 3AM 1 min

Dis weer /Ae//Gams-fees die naweek

Stad Windhoek bied hierdie naweek die 17de /Ae//Gams Kuns- en Kultuurfees aan. Die tweedaagse geleentheid sal musiek, tradisionele en kontemporêre dans, mode en kookkuns aanbied, wat plaaslike talent en kulturele diversiteit ten toon stel. Kosmos 94.1 Nuus het met die korporatiewe kommunikasiebeampte by die stad, Lydia Shifa, gesels.
24 Apr 2025 3AM 1 min

Bitcoin steek Alphabet verby in markkapitalisasie

Bitcoin, wat nou teen 92 339 Amerikaanse dollar verhandel, het Alphabet, of te wel Google verbygesteek om wêreldwyd die sesde plek te beklee in terme van markkapitalisasie. Volgens bate-ranglysstatistieke het die markkapitalisasie van Bitcoin op 23 April tot 1,87 triljoen dollar gestyg, wat Alphabet se 1,85 triljoen dollar se waardasie…
24 Apr 2025 3AM 1 min

Walvis se klimaatprojekte vertoon uiters goed

Begunstigdes van die tweede fase van die Walvisbaai Jeugklimaataksiefonds, 'n inisiatief van die Bloomberg Sentrum vir Openbare Innovasie, het reeds 1,8 miljoen Namibiese dollar in befondsing ontvang. Die program het ten doel om jongmense te inspireer om klimaatoplossings in hul gemeenskappe te skep en te implementeer. Projekte sluit in 'n…
24 Apr 2025 1AM 1 min

Finansies wil buite die hof met DA skik BTW-saak

Die DA het bevestig dat die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se prokureurs die party genader het om buite die hof te skik. Dit hou verband met die DA se aansoek in die Hooggeregshof om ʼn interdik te kry teen die BTW-verhoging. Godongwana het intussen in ʼn verklaring gesê hy…
24 Apr 2025 1AM 1 min
3420 – 3440