Die AR-parlementslid George Kambala het in die Nasionale Vergadering gesê Namibiërs het nog nie nuwe gesondheidminister Esperance Luvindao gesien nie. Hy het haar uitgevra oor die styging in malaria-gevalle en of die ministerie maatreëls ingestel het om infeksies te elimineer. Luvindao het so geantwoord:
Unam se gradeplegtigheid by Mercure môre en Vrydag by die Mercure Hotel in die hoofstad is dalk ‘n gejuig vir die studente maar, ‘n reuse-hoofpyn vir motoriste. Die universiteit moedig studente aan om van saamry geleenthede of taxi’s gebruik te maak om die druk te verlig. Simon Namesho, Unam-woordvoerder, het…
Suid-Afrika se verbruikersinflasie het in Maart tot 2,7-persent gedaal, wat die eerste daling in vyf maande is. Statistieke Suid-Afrika sê die jaar-tot-jaar verandering in die verbruikersprysindeks het gedaal vanaf drie-persent in Februarie tot die laagste vlak sedert Junie 2020. Patrick Kelly van Statistieke SA sê die hoofbydraers tot die afname…
Cosatu sê hy gaan vandag saam met die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie ʼn optog teen besnoeiings hou na verskeie staatsdepartemente in Tshwane. Cosatu-woordvoerder, Zanele Sabela, sê dis deel van Sadou se voortslepende teenkanting teen sogenaamde neo-liberale begrotingsbesnoeiings wat die onderwyssektor en ander staatsdepartemente negatief raak. Sy sê hulle het die regering…
Netbal: Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee, die sport-departement, en Netbal SA sê hulle sal slegs optree as Netbal SA en Afrika Netbal se president, Cecilia Molokwane amptelik aangekla word deur Wêreldnetbal. Die internasionale liggaam het haar geskors oor beweerde wanadministrasie. Die adjunkminister van Sport, Peace Mabe, het aan die…
'n Ekonoom aan die Noordwes-Universiteit se Sakeskool, professor Raymond Parsons, sê klem moet opnuut geplaas word op die bespoediging van noodsaaklike strukturele hervormings. Die Internasionale Monetêre Fonds het sy vooruitskouing vir Suid-Afrika se bruto binnelandse produk vir 2025 afwaarts aangepas van 1,5 persent tot slegs 1 persent. Die IMF voorspel…
Die voormalige adjunk-eerste minister en oud-buitelandse sake minister van Brittanje, Dominic Raab sê Amerikaanse tariewe bied in werklikheid ‘n uiters groot geleentheid vir die Verenigde Koninkryk om sy handelsbasis uit te brei, veral na die Indo-Stille Oseaan. Raab het met SkyNews gepraat.
Die Elephant Human Relations Aid, bekend as Ehra, neem deel aan die Big Give Green Match Fund wat tot 29 April duur. Elke skenking wat gemaak word, sal deur die fonds verdubbel word. Ehra samel fondse in vir ‘n mobiele waterpunt beskermingseenheid om herstelwerk uit te voer aan infrastruktuur wat…
Die Namibiese Internasionale Energiekonferensie het vandag in die hoofstad begin en eerste minister Elijah Ngurare, het namens president Netumbo Nandi-Ndaitwah afgevaardigdes toegespreek. Hy beklemtoon die bou van vaardighede, die ondersteuning van plaaslike besighede en die bevordering van 'n omgewing waar Namibiese talent kan floreer.
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sal môre haar eerste staatsrede lewer. Die jaarlikse toespraak in die parlement is 'n opdatering van Namibië se ekonomiese, politieke en sosiale status, beklemtoon prestasies en gee 'n uiteensetting van toekomstige regeringsplanne. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die bestuurskenner dr. Marius Kudumo, wat kwessies wat aangespreek…
Duminga Ndala, leier van die LPM-jeugbevel, het 'n beroep op jong LP's gedoen om betekenisvolle, ingeligte debatte aan te pak wat die jeug se sosio-ekonomiese stryd aanspreek. Sy sê politieke retoriek is nie voldoende nie, en dring aan op ontwikkelingsprojekte en regeringsinisiatiewe wat die lewens van jongmense direk sal verbeter…
Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is bekommerd dat ses landdroste wat tans geskors is sedert September 2018 steeds hul salarisse van gesamentlik 31 miljoen Suid-Afrikaanse rand ontvang. Volgens berigte is een van die landdroste reeds in September 2018 geskors, en nog een sedert Julie 2020. Claude Naiker van die…
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku 'n laagdruk-stelsel kan swaar reën, donderstorms en koue weer oor die grootste dele van die land veroorsaak van vandag tot Saterdag. Woordvoerder Tokelo Chiloane sê swaar neerslae kan in die oostelike streke voorkom, en die Vrystaat en Noordwes kan oorstromings en hael verwag. Sy sê sneeu…
Met die reën van die afgelope maande wat Namibië ontvang het, het die uitkyk vir ruvoer pryse drasties verbeter. Laasjaar tydens die droogte was die prentjie heeltemal anders en pryse was voorspel om hoog te bly. Kosmos 94.1 Nuus het met Jaco Labuschagne van Voermeester gepraat wat sê plaaslike produksie…
EFF het opgeruk na die Kimberley-kantoor van die premier van Noord-Kaap Zamani Saul en ‘n versoekskrif oor Orania oorhandig. Die party eis dat Orania en witheid tot ‘n einde moet gebring word en dat die grond, sonder vergoeding, onteien moet word. Op sy sosiale media het Joost Strydom, Orania se…
‘n Persoonlike vriend van die ontslape pous Franciskus, John Studzinski, het met SkyNews gepraat oor hoe hy onthou sal word. Die pous word Saterdag begrawe en lê vir die volgende drie dae in staatsie vir die publiek.
President Donald Trump sê die Amerikaanse tariewe op invoere uit China sal aansienlik daal. Trump het invoertariewe van 145-persent op produkte uit China ingestel waarop China gereageer het met tariewe van 125-persent op Amerikaanse goedere. Amerika se minister van Finansies, Scott Bessent, sê die voortslepende tariefoorlog teen China is nie…
Die Parlement voer aan die verhoging van 0,5-persent in BTW wat volgende week van krag word, is wettig hangend parlementêre wysiging. Die DA en die EFF betwis die verhoging in die Wes-Kaapse Hooggeregshof, en beweer dat dit die Parlement se magte ten opsigte van belasting uitskakel. Uitspraak is voorbehou. Die…
22 Apr 2025 11PM
1 min
3460 – 3480
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.