Die president van die Europese Sentrale Bank, Christine Lagarde, sê sy hoop nie president Donald Trump van Amerika gaan die voorsitter van die Federale Reserwe, Jerome Powell, afdank nie. Trump het Powell in sy eerste termyn aangestel. Hy plaas druk op Powell om rentekoerse te verlaag en waarsku die Amerikaanse…
Die Vryheidsfront Plus sê die MK-party se besoek aan Kleinfontein naby Pretoria plaas weer die kollig op kultuurgemeenskappe en hul reg op bestaan in Suid-Afrika. Die Hooggeregshof in Pretoria het die wit, Afrikaanse dorpie verlede jaar onwettig verklaar op grond van die Stad Tshwane se munisipale soneringsregulasies. Jaco Mulder van…
Die Safland Property Group is besig met 'n winkelsentrum in Lüderitz. One Africa het met die groep se uitvoerende hoof, Kallie van der Merwe, gesels. Hy het meer planne uiteengesit vir die kusdorp maar, het ook oor hulle ontwikkeling by Goreangab gesels. Die sentrum sal na verwagting volgende jaar Mei…
Die voormalige uitvoerende hoof van die Nasionale Behuisingsonderneming, Mike Kavekotora, waarsku dat die regering se plan om binne 'n jaar 5 000 huise in Khomas te bou, die risiko loop om vorige mislukkings te herhaal as dit swak beplan word. Hy het 'n gebrek aan duidelike implementeringsbesonderhede gekritiseer en president…
Die Namibiese Statistiekagentskap se 2025/26-hoofopname van huishoudelike inkomste en uitgawes wat op 20 Maart sou begin, gaan nou eers volgende week afskop. Dit sal armoede-aanwysers, gesondheid en onderwys insluit, asook Namibiërs se totale en gemiddelde inkomste bepaal. Die Namibiese Statistiekagentskap sal die opname hierdie week loods. Kosmos 94.1 Nuus het…
Die leier van BOSA, Mmusi Maimane, bevraagteken die deursigtigheid rakende die voortgesette betalings van die Covid-19-toelaag aan die taxibedryf. 'n Bedrag van 408-miljoen Suid-Afrikaanse rand word in die 2025/26-begroting toegeken. Hierdie eenmalige bydrae het ten doel om die oorblywende 53 407 kwalifiserende operateurs wat nog ondersteuning moet ontvang, te help…
Die Internasionale Monetêre Fonds het sy groeivoorspellings vir Amerika, China en die meeste lande verminder, met verwysing na die impak van Amerikaanse tariewe wat op 'n 100-jarige hoogtepunt is, en waarsku dat stygende handelspanning groei verder sal laat verlangsaam. Groei in die VSA sal nou na verwagting vanjaar net 1,8…
Lenings word dikwels as negatief geag, maar dit kan kragtige instrumente wees om 'n beter toekoms te bou. Om verantwoordelik te leen, gaan nie net daaroor om noodgevalle te dek nie, dit ook oor geleenthede wat ‘n toekoms kan bou. Natasha Winkler, die besturende direkteur by Old Mutual Finance, het…
Die Outomobiel-Assosiasie sê hy is bemoedig deur vroeë aanduidings van ’n beduidende verandering in padgebruikersgedrag gedurende die Paastyd. Voorlopige data dui op ’n noemenswaardige afname in ongelukke en sterftes, ondanks verkeersvolumes wat die hoogste vlak in vyf jaar bereik het. Die AA se woordvoerder, Eleanor Mavimbela, sê dit dui op…
Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het 810 padongelukke tussen 1 Januarie en 13 April vanjaar aangeteken. Dit het gelei tot 1 256 beserings en 130 sterftes. Dit is 'n reuse-styging teenoor dieselfde tydperk verlede jaar, toe 37 ongelukke, 126 beserings en agt sterftes en aangemeld is. Die hoof korporatiewe beampte by die…
Die DA het die minister van Finansies, Enoch Godongwana, daarvan beskuldig dat hy sy grondwetlike magte oorskry het toe hy sonder parlementêre goedkeuring die BTW-verhoging aangekondig het. Die Hooggeregshof in die Wes-Kaap hoor vandag 'n dringende aansoek van die DA en EFF om hom te verbied om BTW volgende maand…
Die Sanlam Kusmarathon vind Saterdag in Swakopmund plaas, onder die tema "Druk deur die grense van deursettingsvermoë”. Deelnemers aan die 5km pretloop kan die Namibië Kankervereniging ondersteun deur te registreer vir slegs 20 Namibiese dollar per persoon. Kaartjies is by die Kankervereniging se Erongo-sentrum beskikbaar en registrasie bly oop tot…
Equal Namibia en vennote nooi die publiek na 'n perskonferensie môre om 9 uur by die House of Democracy in die hoofstad. Dit is om 'n nuwe samewerking te loods onder leiding van jeugbewegings van regoor Afrika en die diaspora. Die inisiatief het ten doel om toenemende anti-LGBT-retoriek op verskillende…
Die onderwysminister Sanet Steenkamp was vanoggend by die Auas-laerskool in Dolam waar aktivis Shaun Gariseb ‘n protes gelei het. Die saak handel oor aantygings dat die skoolhoof Khoekhoegowab wil verwyder en die groep het ‘n petisie oorhandig. Steenkamp het die protesgangers toegespreek. TERUG: Steenkamp het ook gesê kinders wat Khoekhoegowab…
Die leier van die Nasionale Demokratiese Party, Martin Lukato, wat ook een setel in die Nasionale Vergadering het, het ook sy teleurstelling uitgespreek in die versuim van die nuwe regering om gestand te doen aan sy belofte vir ‘n oumens pensioen van 3 000 Namibiese dollar. Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah…
Die komitee wat die Mei-brandstofprys sal bepaal, ontmoet Donderdagmiddag met ‘n moontlike aankondiging wat Vrydag sal gemaak word. Die olieprys lyk goed en die Amerikaanse dollar het effe verswak so daar kan dalk goeie nuus wees. Die lynministerie se petroleum-ekonoom Abednego Ekandjo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die DA in die Wes-Kaap versoek Transnet om sy bedrywighede oop te stel vir kundigheid en sinvolle beleggings uit die privaatsektor. Die party verwelkom die samewerking tussen die sektor en die Wes-Kaap se Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme oor die befondsing en installering van twee kragopwekkers by die Kaapstadse…
Die landbouministerie hou vandag sy strategiese beplanningswerksessie aan die kus. Die verkrygingsplanne en die prestasie van die ministerie sal onder andere beoordeel word en ‘n plan, wat tot 2031 sal duur, sal saamgestel word. Adjunkminister Ruth Masake het die afgevaardigdes toegespreek.
Die MK-party glo die gemeenskap van Kleinfontein naby Pretoria probeer nog ʼn Afrikaner-enklawe soos Orania skep. Die party onder leiding van hoofsweep Mzwanele Manyi het die Afrikaner-nedersetting Maandag as deel van ʼn feitesending besoek. Die Hooggeregshof in Pretoria het Kleinfontein verlede jaar volgens die Stad Tshwane se munisipale soneringsregulasies onwettig…
Aktivis Shaun Gariseb het vanoggend ‘n protes by die Auas-laerskool in Dolam in die hoofstad gelei. Hy eis die afdanking van die skoolhoof Toini Nauyoma met aantygings dat daar pogings is om Khoekhoegowab te verwyder. Maar, daar is ook blykbaar wangedrag en onregverdige praktyke met aanstellings by die skool.
22 Apr 2025 3AM
1 min
3480 – 3500
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.