Die voormalige nasionale sekuriteitsadviseur John Bolton sê die Amerikaanse verdedigingsminister Pete Hegseth se tyd is min. Dit kom ná berigte dat meer militêre aanvalbesonderhede deur hom gedeel is in nog 'n groepsgesprek op Signal. Die groep het Hegseth se vrou, broer en persoonlike prokureur ingesluit, waar Hegseth inligting oor lugaanvalle…
Hondsdolheid bly 'n bekommernis in die land, maar vordering is duidelik met meer as 190 000 honde wat net in 2024 ingeënt is. Die land streef na nul menslike sterftes in 2030. Terwyl sommige streke minder gevalle aangeteken het, sukkel ander steeds weens min inentings, aangedryf deur kulturele oortuigings, vervoerprobleme…
Die afrigter van die onder-20 Namibiese rugbyspan Johan Zaayman het met di e NRU gesels na sy span Saterdag die Zimbabwiërs 41-22 in Harare op die eerste dag van die Rugby Afrika Barthes-trofee toernooi geklop het. Hy sê struktuur kan verder verbeter maar, hy is trots op die span.
Die meeste internasionale markwaarnemers glo dat die tariefgedrewe herstrukturering van wêreldhandel die vraag na ruolie negatief sal beïnvloed. Brent verhandel tans rondom 67 Amerikaanse dollar per vat. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper gepraat, wat sy mening lug oor hoe laer globale ruoliepryse brandstofpryse in Suid-Afrika…
Bridget Phillipson, die Britse minister van vroue en gelykheid, sê verlede week se beslissing deur die hooggeregshof oor die definisie van 'vrou', gee aan die Arbeidersregering duidelikheid, maar, dat transvroue nie negatief daardeur geraak sal word nie. Sy verduidelik.
Die Forum vir Suid-Afrika het kritiek uitgespreek op die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, se kommentaar oor die sekretaris-generaal van die MK-party, Floyd Shivambu, se besoek aan die voortvlugtende pastoor, Shephard Bushiri, in Malawi. Woordvoerder Tebogo Mashilompane sê Kubayi het in 'n persoonlike saak ingemeng en haar ministerie tot 'n…
Die hoërhof het 'n beslissing deur die hersieningspaneel dat die Verkrygingsraad die bodproses vir die koshuisvoedseltender weer moet begin, omgekeer. Dit kom na die onderwysministerie 'n hersieningsaansoek gebring het nadat die paneel die verkrygingsproses gekanselleer het. Die hof het bevind dat die paneel se beslissing onwettig is en het die…
Die ANC sê pous Franciskus het ʼn lewe van diens, nederigheid en onwrikbare morele leierskap gelei. Die 88-jarige pous, wat die eerste Latyns-Amerikaanse leier van die Rooms-Katolieke Kerk was, is Maandagoggend aan beroerte en hartversaking dood. Die ANC-woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê pous Franciskus se vermoë om oor godsdienstige, politieke en…
ActionSA beskuldig die DA van skynheiligheid oor die omstrede beoogde BTW-verhoging, ondanks die DA se openbare teenkanting daarteen. Alan Beesley van Action SA sê die DA se woordvoerder oor Finansies, Ashor Sarupen, was betrokke by die opstel van die oorspronklike begrotingsrede waarin die verhoging ingesluit is. Beesley beweer die DA…
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê pous Franciskus was ʼn voortreflike stem vir vrede, menswaardigheid en maatskaplike geregtigheid. Die 88-jarige pous, wat die eerste Latyns-Amerikaanse leier van die Rooms-Katolieke Kerk was, is gisteroggend aan 'n beroerte en hartversaking dood. Guterres het by die wêreld aangesluit om oor pous…
Die Kamer van Mynwese se 46ste jaarvergadering vind môremiddag in Windhoek plaas. Die president, Zebra Kasete, sal die mynbedryf se prestasie in 2024 hersien, asook die bedryf se belangrikste prestasies en hoogtepunte. Nuwe ampsdraers vir 2025 tot 2027 sal ook aangekondig word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Veston Malango,…
Die polisie en die Presidensiële Beskermingseenheid het 'n ondersoek van stapel gestuur nadat daar op adjunkpresident Paul Mashatile se amptelike voertuig geskiet is. Mashatile het teruggekeer van ’n vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee toe daar 'n paar weke gelede op sy konvooi in Boksburg, naby die N12,…
Amerikaanse president Donald Trump het die verdedigingminister, Pete Hegseth, ondersteun ná berigte dat meer militêre aanvalbesonderhede gedeel is in nog 'n groepgesprek op Signal. Die groep het Hegseth se vrou, broer en persoonlike prokureur ingesluit, waar Hegseth inligting oor lugaanvalle teen Jemen gedeel het. Trump het gesê die bron klink…
President Cyril Ramaphosa sê as kerkhoof en wêreldwye figuurlike leier, het pous Franciskus 'n beskouing van insluiting, gelykheid en sorg vir gemarginaliseerde individue en groepe bevorder. Die eerste Latyns-Amerikaanse leier van die Rooms-Katolieke Kerk, is gisteroggend op 88-jarige ouderdom oorlede. Hy is onlangs uit die hospitaal ontslaan ná weke se…
Namate die temperatuur begin daal, word Namibiërs gewaarsku om voor te berei op 'n winter wat kouer as gewoonlik sal wees. Weervoorspellings dui daarop dat hierdie winter meer gereelde kouestelsels en 'n groter kans op reënval kan bring in vergelyking met vorige jare. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die…
‘n Verslag deur Cirrus oor openbare gesondheidsdienste het genoem dat die land baie staatmaak op buitelandse hulp met die publiek se tevredenheid met die diens wat daal saam met Amerikaanse befondsing. Die bevriesing van Amerikaanse hulp sal dus ‘n wesenlike plaaslike impak hê. Die verslag praat ook oor MIV/Vigs programme…
Die jaarlikse ikoniese Hartebeestloop Bonsmara veiling vind op Saterdag, 17 Mei, plaas op die plaas Hartebeestloop naby Stampriet. Daar sal 48 Bonsmara bulle en 100 vroulike diere aangebied word. Kosmos 94.1 nuus het met Paul Klein van Agra Auctions gepraat.
21 Apr 2025 9PM
1 min
3500 – 3520
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.