Rundu se plaaslike owerheid het vandeesweek voorafbetaalde watermeters op die dorp ingestel. Dié owerheid het miljoene Namibiese dollar se agterstallige skuld by NamWater omdat inwoners nie hul waterrekeninge vereffen nie. Die nuwe stelsel is ‘n belegging van 6,9 miljoen Namibiese dollar. Die goewerneur van die Kavango-Oos-streek, Julius Hambyuka, het die…
Die Hooggeregshof in Mthatha het die uitsettings van studentekoshuise by die Walter Sisulu Universiteit gestaak. Dit volg nadat die kampusbestuur die studente opdrag gegee het om teen 16:00 Vrydagmiddag die perseel te ontruim. Die uitsettingsbevel volg in die nasleep van gewelddadige studentebetogings wat Dinsdagoggend uitgebreek het en tot die dood…
Die burgemeester van Polokwane, John Mpe, sê veiligheidsmaatreëls is verskerp om die skare by die pelgrimstog op Moria te verseker. Duisende lede van die Zion Christian Church het op Moria toegesak vir die eerste volledige pelgrimstog sedert die Covid-19-pandemie. Beperkings is weens die pandemie op massa-geleenthede geplaas en die jaarlikse…
Adjunkpremier Natangwe Ithete het die konstruksie van die Vigor Bio-tegnologieproduksiefasiliteit van stapel gestuur, wat hoëwaarde rob- en neutolie ryk aan Omega-3 by Hentiesbaai sal produseer. Dié fasiliteit sal geskoolde en halfgeskoolde werksgeleenthede verskaf, plaaslike SME's ondersteun en nou saamwerk met beroepsinstellings om jeugdiges en vroue in biotegnologie en mariene verwerking…
Die Verenigde State sal wegstap van pogings om 'n vredesooreenkoms tussen Rusland en Oekraïne te bemiddel, tensy daar binnekort duidelike tekens van vordering is, het die Amerikaanse president Donald Trump en sy minister van buitelandse sake, Marco Rubio, Vrydag gesê. Trump het by navraag geweier om ’n spesifieke sperdatum vas…
In sy eerste parlementêre toespraak het landbouminister Mac Hengari aangekondig dat die kabinet 'n strategie het om die rooilyn te verwyder en die voorvaderlike grondkwessie op te los. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met PDM-president McHenry Venaani, wat sê die grens met Angola moet eers beveilig word voordat die regering…
Kleinhandelverkope in Februarie het volgens Statistieke Suid-Afrika met 3,9-persent gestyg vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die sterkste groei is getoon by kleinhandelaars van tekstiele, klere, skoene en leerware teen 15,7-persent, sowel as algemene handelaars, wat met 3,4-persent gestyg het. Raquel Floris van Statistieke SA sê egter op 'n maand-tot-maand-grondslag…
Landbouminister Mac Hengari sê Namibiërs moet 'n betekenisvolle rol speel in die ontginning van die land se natuurlike hulpbronne en ekonomiese potensiaal. Hy het by die sooispit-seremonie van die Vigor Biotegnologie Produksiefasiliteit in Hentiesbaai gepraat. Die nuwe fasiliteit sal hoë waarde rob- en neut-olies lewer wat ryk is aan omega-3,…
Die Wits-eetstaking-solidariteitskomitee het na die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie in Johannesburg opgeruk om die registrasie van alle studente te eis, ongeag uitstaande skuld. Die betoging volg ná 'n eetstaking van 12 dae, met studente wat Wits Universiteit beskuldig dat hulle arm swart studente ignoreer. Die komitee se woordvoerder, Feziwe Ndwayana, vra die…
Verskeie nuwe parlementslede het in hul nooienstoesprake die voorgestelde begroting gekritiseer. John-Louw Mouton, die IPC se skaduminister van inligting- en kommunikasietegnologie, sê daar word nie genoeg voorsiening gemaak vir sagteware infrastruktuur nie. Mouton het ook die inligtingministerie se S&T-toewysing bevraagteken.
Die Wes-Kaapse Hooggeregshof wat in Saldanhabaai sit, het beslis die bekentenisse van twee beskuldigdes in die Joshlin Smith-saak, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn, is toelaatbaar. Die twee beweer hulle is aangerand en gedwing om skuld te beken, maar Regter Nathan Erasmus het die bewerings van die hand gewys aangesien…
Die B1-pad noord van Otjiwarongo is weer oopgestel vir verkeer, het die padowerheid se woordvoerder, Hileni Filemon, aan die nasionale uitsaaier bevestig. Die pad was gesluit na 'n botsing tussen twee vragmotors, waarvan een sianied na B2Gold se Otjikoto-myn vervoer het. Twee mense is dood en 'n derde ernstig beseer…
Die GOOD-party verwelkom die regering se 90-dae-blitsveldtog teen geslagsgeweld en vrouemoord en noem dit 'n belangrike stap wat lankal gedoen moes word. Die party ondersteun 'n herlewing van die Interministeriële komitee oor geslagsgeweld en pogings om probleme in die regstelsel reg te stel. Die party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê…
Die moord en verkragting van klein Ingrid Maasdorp in Okahandja maak steeds opslae. 'n Kerslig-waak is by die onderwysministerie se auditorium gehou, waar beroepe gedoen is dat wette kinders beter moet beskerm. Die geleentheid is bygewoon deur haar ouers, eerste minister Elijah Ngurare, die adjunkminister van onderwys Dino Ballotti, en…
Die nuutverkose voorsitter van die Erongo-streekraad, Donatus Tegako, het belowe om politieke onenigheid onder raadslede aan te pak en dienslewering te prioritiseer. Tegako, wat Benita Imbamba vervang het ná 'n mosie van wantroue in haar, het belowe om alle raadslede te ondersteun, en die implementering van ontwikkelingsprojekte aan te jaag…
Die voorsitter van die Gesamentlike Staande Komitee oor Verdediging, Malusi Gigaba, waarsku die volgehoue onderbefondsing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag stel die grensveiligheid van die land in gevaar. Gigaba het in gesprek met SABC News gesê internasionale geloofwaardigheid en ekonomiese groei is nou in die gedrang omdat verdedigingsbesteding afgeneem het…
Eerste minister Elijah Ngurare het sy nooienstoespraak in die Nasionale Vergadering gelewer. Hy het sy politieke reis as jeugaktivis begin. Ngurare is in 2015 uit Swapo geskop saam met AR-leier Job Amupanda, Dimbulukeni Nauyoma en George Kambala, oor wat die destydse sekretaris -generaal Nangolo Mbumba onversoenbare gedrag genoem het. Sy…
Die Suid-Afrikaanse regering het die aanvalle op burgerlike teikens in Gaza veroordeel. In die jongste voorval het Israel ʼn missielaanval uitgevoer op die al-Ahli Arab-hospitaal in Gaza Stad. Die hospitaal se intensiewesorg- en operasie-departement is in die aanval vernietig. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking se woordvoerder, Chrispin Phiri,…
Die nuwe Khomas-goewerneur, Sam Shafiishuna Nujoma, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die haweloses wat in Maart 2020 by die stadions in Khomasdal en Katutura gevestig is. Sedertdien het getalle toegeneem en meer en meer mense het daar ingetrek, insluitend lede van die verre noordweste se Himba-stamme. Na Nujoma…
Die leier van die opposisie in die parlement, die IPC se Imms Nashinge, het sy nooienstoespraak in die Nasionale Vergadering gelewer. Hy sê daar sal nie botsings tussen hom en IPC-leier Panduleni Itula wees nie. Volgens hom sal die party eerder botsings met korrupsie en armoede hê.
17 Apr 2025 7AM
1 min
3540 – 3560
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.