Trump se handelstariewe het die Agoa-voordele vir Afrika-lande soos Suid-Afrika en Lesotho feitlik beëindig, terwyl Namibië minder geraak is weens laer uitvoere na die VSA. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Kobus Laubscher, ‘n Suid-Afrikaanse landbou ekonoom oor die impak gesels.
Gesondheidminister Esperance Luvindao het haar nooienstoespraak in die Nasionale Vergadering gelewer. Sy het verskillende opsies uiteengesit om gesondheidsorg te verbeter, soos deur telemedisyne, en het die vervalle toestande van gesondheidsorgsentrums aangespreek.
Olimpiese Spele: Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee hoop dat die land die Olimpiese en Paralimpiese Spele van 2036 of 2040 kan aanbied. Saskok se president, Barry Hendricks, het aan SABC Sport bevestig dat 'n raadplegingsproses aan die gang is terwyl hulle wag op regeringsondersteuning voordat 'n amptelike bod bekend…
Die sianied wat vanoggend gestort is, was bestem vir B2Gold. Dit is veroorsaak deur ‘n ongeluk van voor tussen twee vragmotors vroeg vanoggend met die sianied wat vanaf Walvisbaai na die Otjikoto-myn vervoer is. Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie. B2Gold se algemene bestuurder Eric Barnard het…
In Suid-Afrika sê landbouminister John Steenhuisen die wetgewende vereiste dat eienaars die verspreiding van bek-en-klouseer keer, moet deur die regering se doeltreffende leierskap en toepassing ondersteun word. KwaZulu-Natal het tans 147 aktiewe uitbrekings en nuwe gevalle is in die Newcastle-area aangemeld. Die ministerie se woordvoerder, Joylene van Wyk, het meer.
Die voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserwebank, Jerome Powell sê die tariewe van die Trump-administrasie sal ‘n groot impak op die ekonomie hê. Hy het by die Ekonomiese Klub van Chicago gepraat en sê die Amerikaanse verbruiker sal die kostes dra.
AfriForum het appèl aangeteken teen die besluit van die Departement van Water en Sanitasie om die oordrag te blok van besproeiings-waterregte van 'n swart boer na 'n wit boer. Die departement voer aan die stap weerspreek sy doelwitte rondom transformasie. Marais de Vaal van AfriForum dring aan ras moet nie…
Die Unam Skool vir Geneeskunde doen 'n beroep op Namibiërs om hul liggame vir mediese navorsing te skenk. Sedert 2011 maak die skool staat op kadawers van die Universiteit Stellenbosch in Suid-Afrika weens 'n gebrek aan plaaslike skenkings. Dr. Felicia Christians, mededekaan by die Skool vir Geneeskunde het vanoggend by…
Die noodlottige vragmotorongeluk vanoggend het nie net ‘n lewe geëis nie maar, het ‘n siainiedstorting veroorsaak. Sianied is dodelik en het ‘n wesenlike impak op die omgewing en mense. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Riaan Steenkamp, hoof van die fisikadepartement by Unam gesels.
Dit sal beter wees vir jou om die padreëls na te kom en wet en orde te handhaaf oor die Paasnaweek. Oudergewoonte is NamPol se verkeersafdeling ontplooi regoor die land en sal alles van spoed tot drank en smokkelary ondersoek. Die afdeling se hoof, kommissaris Petrus Swartz het met Kosmos…
Die Namibiese mededingingskommissie het die Vortex Holdings Namibia se verkryging van die oorblywende belang van 50 persent in Roots Abattoir Enterprises, 'n hoender-verwerkingsonderneming, goedgekeur. Die kommissie het bevind dat dit nie mededinging in die mark negatief sal beïnvloed nie, aangesien die ondernemings in verskillende markte werk en nie werksverliese tot…
Die Universiteit van Namibië se gestremdheidseenheid het dringend ondersteuning nodig, aangesien dit sukkel met verouderde tegnologie en 'n gebrek aan noodsaaklike toerusting, veral vir gesiggestremde studente. Volgens eenheidskoördineerder Mascot Muchali, beperk hierdie uitdagings hul pogings om voldoende hulp te verleen, wat studente se vermoë om ten volle aan hul akademiese…
ʼn Nuwe studie het onthul dat Afrika se vinnige verstedeliking voëls se verskeidenheid bedreig. Navorsers gebruik burgerwetenskap-data van Keniaanse en Nigeriese projekte, wat inligting oor voëls karteer, om insig te kry oor hoe verstedeliking voëls, hul verskeidenheid en ekologiese funksies in hierdie nasies beïnvloed. Navorser Ashoka Mukpo het op die…
Kaptein Nolusindiso Booi maak Saterdag geskiedenis wanneer sy die eerste Springbok-vrouespeler word wat in 50 toetse uitgedraf het. Suid-Afrika speel teen Spanje in Elche in hul eerste toets van die seisoen. Booi, wat reeds die vrouespeler is wat die meeste toetse vir Suid-Afrika gespeel het, behaal dié prestasie nadat sy…
Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het sy jongste statistieke oor padongelukke vir die afgelope drie maande bekend gemaak. Van dié ongelukke het private voertuie die meerderheid van die ongelukke tussen 1 Januarie en 6 April uitgemaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Rosalia Martins-Hausiku, die uitvoerende hoof van die fonds gesels.
Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, sê Suid-Afrika Toerisme se jaarlikse prestasieverslag vir 2024 beklemtoon die sterk herstel van die bedryf in die provinsie. Dit toon 'n toename van 6,8 persent in internasionale toeriste-aankomste in die provinsie. Meyer sê die verslag toon ook dat die…
Die Britse hooggeregshof het beslis dat die definisie van vrou biologies is en geslaggebaseerd is. Die beslissing verhoed transvroue om byvoorbeeld vroue se geriewe te gebruik of, selfs as daar geslagsverandering aangebring is, om byvoorbeeld aan vrouesport deel te neem. Die aansoek is gebring deur For Women Scotland. Maar, daar…
Die Roads Contractor Company het in die Nasionale Vergadering onder die loep gekom. Die Tender Bulletin het onder andere vroeër berig dat die maatskappy onwettig, volgens die Paaie-owerheid, twee tenders ter waarde van 6 miljoen Namibiese dollar aan die Ondongo en Oukwanyama tradisionele owerhede vir pad instandhoudingswerk gegee het. Die…
16 Apr 2025 11PM
1 min
3560 – 3580
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.