Die Organisasie teen Belastingmisbruik vra die Parlement om beheer te verskerp oor ministers se voordele. OUTA wil hê alle veranderings aan byvoordele moet hersien, bereken en openbaar gemaak word. Dit volg ná 'n voorlegging wat die Wysigingswetsontwerp op die Vergoeding van Openbare Ampsdraers steun, om te keer dat byvoordele toegestaan…
'n Amerikaanse sendeling is gered nadat hy verlede week deur gewapende mans ontvoer is tydens ʼn erediens by die Fellowship Baptist Church in Motherwell, Gqeberha, in die Oos-Kaap. Die Valke se woordvoerder, Avele Fumba, sê hulle het inligting ontvang dat die 45-jarige Josh Sullivan by ʼn huis in KwaMagxaki in…
Die Amerikaanse Sentrum vir Siektebeheer het ‘n verslag oor outisme in die land bekendgestel. Volgens die syfers het outisme in die land in 2022 gestyg na 1 uit 31, op van 1 uit 36 in 2020. Die sentrum sê die styging kan toegeskryf word beter toetse en meer bewustheid maar,…
Met die Paasnaweek op hande en mense wat voorberei om te reis vir kus-wegbreke, dring die owerhede aan op versigtigheid te midde van swaar verkeer en hoë besoekersgetalle. Wetstoepassing, nooddienste en toerisme-operateurs doen 'n beroep op reisigers om veiligheid te prioritiseer terwyl hulle die langnaweek geniet. Kosmos 94.1 Nuus het…
Die inwoners van Walvisbaai het onlangs voorgestelde heffings vir agterplaas-plakkers verwerp. Die munisipaliteit het die heffings voorgestel omdat die dorp sukkel met grondlewering, en in sommige buurte is daar tot 10 gesinne wat agterplaashutte huur. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Immanuel Festus van die Backyard Tenants-groep in Walvisbaai, wat…
Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, het sy jaarlikse boete-kwytskeldingsprogram verleng tot 30 September. Bipa sê dit strook met sy voortgesette pogings om nakoming in die sakegemeenskap te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het met Ockert Jansens van die owerheid gesels. Voordelige eienaarskap sal verklaar moet word vir kwytskelding.
Die Vereniging van Staatsamptenare vra die Grensbestuursowerheid en die binnelandse sake departement om die instelling van die liggaamskamera-beleid onmiddellik te staak. Die vakbond vra ’n deursigtige en inklusiewe raadplegingsproses en dat die owerheid in daadwerklike dialoog met georganiseerde arbeid moet tree om saam ’n beleid te ontwikkel wat eties, wettig…
‘n Lid van die Board of Deputies of British Jews, Harriet Goldenberg, het in ‘n ope brief die oorlog in Gaza en Israel se optrede in die strook, skerp veroordeel. Sy sê ten spyte van die gruweldade op 7 Oktober 2023, tree Israel nou onmenslik op. Sy het met SkyNews…
Die groenwaterstofprogram het ‘n memorandum van verstandhouding met die Spaanse Waterstofvereniging onderteken. Deur die samewerking hoop die twee lande om groen industrialisasie en globale ontkoling aan te dryf. Die groenwaterstofkommissaris James Mnyupe sê beide lande wil ekonomiese aktiwiteite diversifiseer.
Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die ANC het kiesers vervreem met sy voortgesette navolging van ongewilde sosio-ekonomiese beleid. Die DA het die ANC die eerste keer in ʼn IRR-meningspeiling verbygesteek. Hermann Pretorius van die instituut sê een van die kenmerke van die jongste peiling is die idee dat politiek voortaan…
Die stedelike ontwikkelingsministerie beplan om 10 000 erwe jaarliks te diens teen 2027. Die nuwe lynminister James Sankwasa sê die Build Together-program moet herleef word en saam met die Shack Dwellers-federasie moet lae- tot middelinkomste huise gebou word. Heinrich Amushila van die federasie het hulle suksesse met Kosmos 94.1 Nuus…
Sokker: Die middelveldspeler Jude Bellingham sê die tweede kragmeting in hul Kampioeneliga-kwarteindstryd teen Arsenal is 'n geleentheid vir Real Madrid om te presteer. Die heersende Europese kampioen sal vanaand op die Bernabéu-stadion probeer om 'n agterstand van 3-0 om te keer. Madrid het slegs een keer in sy geskiedenis van…
Elektriese voertuie is besig om vastrapplek in Namibië te kry, wat die behoefte aan toeganklike laai-opsies uitlig. Die Grove Mall in Windhoek het nou die land se eerste openbare laaistasie, wat met die hulp van hernubare energie-voorstaanders Jens Denk en Conrad Roeder van stapel gestuur is. Kosmos 94.1 Nuus het…
Die kommunikasie regulerende owerheid, Cran, het in November verlede jaar Starlink beveel om sy internet-dienste in Namibië te staak, terwyl die diens nie plaaslik gelisensieer is nie. Sedertdien pleit veral boere in afgeleë en ondergedienste gebiede dat die owerheid Starlink lisensieer weens die voordele wat dit bring vir boerdery en…
In April het die petrolprys met 50 sent gedaal en beide grade diesel met 80 sent. Terwyl die olieprys gedaal het, het die Suid-Afrikaanse rand verswak en met die uitwerking van die Trump-tariewe is daar onsekerheid oor brandstofpryse die komende maand. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Cirrus-ekonoom Oliver…
Volgens die jongste verslag van die Namibië Hidrologiese Diens is daar steeds hoë invloei in ishanas in die Ohangwena, Omusati en Oshana-streke. Watervlakke in die westelike deel van die Cuvelai-Etosha-bekken neem egter geleidelik af. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Pauline Mufeti, die hidrologiese diens se hoof-hidroloog, wat meer inligting…
Die Verenigde Nasies se Menseregtekantoor sê Israelse weermagoperasies in Libanon het kommer laat ontstaan oor toenemende skendings sedert die skietstaking in November verlede jaar in werking getree het. Minstens 71 burgerlikes is deur Israelse magte in Libanon doodgeskiet, insluitend 14 vroue en nege kinders. Meer as 92 000 mense is…
Die Tender Bulletin berig dat die Lüderitz-waterfront Ontwikkelingsmaatskappy weer deur die Teenkorrupsie-kommissie ondersoek word. Daar is bewerings dat die maatskappy kontrakte toegeken het sonder die nodige tenderproses. Projekte wat deur die proses aangepak word, is die opgradering van die Ou Kragstasie, wat fasiliteite van 'n ouditorium en wegbreekkamers insluit. Kosmos…
Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe het Musa Xulu aangestel om 'n onafhanklike Artikel 22-komitee te lei, met die doel om waardigheid in die godsdienssektor te herstel. Dit volg op die vryspraak van die televisie-evangelis Timothy Omotoso en die voortgesette mishandeling…
16 Apr 2025 5AM
1 min
3580 – 3600
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.