Noordwes se Gesondheidsdepartement sê hy het nie 'n ander keuse as om armlastige begrafnisse te hou vir die onopgeëiste liggame van mynwerkers van Stilfontein nie. Woordvoerder Tshegogatso Mothibedi het aan die SABC gesê slegs 12 van die 78 liggame wat uit Skag 11 gehaal is, is uitgeken deur familielede. Hy…
Die goewerneur van die Zambezi-streek Lawrence Sampofu sê sommige skole in sy streek is reeds gesluit as gevolg van die stygende vlakke van die Zambezi-rivier. Die Namibiese Hidrologiese Diens waarsku dat inwoners van die oostelike Zambezirivier-vloedvlakte moet gereed maak vir oorstromings. Die Zambezi by Katima Mulilo is steeds besig om…
Die Staatsinstellings Pensioenfonds het 'n verhoging in pensioenuitbetalings van 4 persent aangekondig, effektief 1 April vanjaar. Dit geld vir alle begunstigdes, met pro-rata aanpassings vir diegene met pensioene vir minder as 'n jaar. Martin Inkumbi, uitvoerende hoof, beklemtoon dat die verhoging deur die fonds se sterk finansiële posisie ondersteun word.
Die besturende direkteur van Ultimate Safaris, Tristan Cowley het gereageer op die uitstel van die sperdatum wat deur die Namibiese Mededingingskommissie het sy sperdatum tot 90 dae verleng is. Die kommissie sê drie bewareas moet hulle eksklusiewe kontrak van 25 jaar met Ultimate Safaris opskort.
Die goewerneur van die sentrale bank, Johannes !Gawaxab, sê die monetêre beleidskomitee het eenparig gestem om die repokoers onveranderd op 6,75 persent te laat. Hy het die redes hiervoor so aangevoer.
Dit is vandag die tiende herdenking van die dood van Namibië se legendariese spotprent-tekenaar Gene Travers. Hy het in die laat Sewentigs spotprente vir die destydse Windhoek Observer geteken en het in 1981 by die Republikein aangesluit. Baie het hom beskryf as 'n kunstenaar met 'n hoë verantwoordelikheidsin en sy…
Reaksie word ontvang op die sentrale bank wat die repokoers onveranderd op 6,75 persent gelaat het. Dit is vroeër ook so deur ekonome voorspel. Kosmos 94.1 Nuus het Cirrus-ekonoom Robert McGregor gesels.
Die Internasionale Lugvervoervereniging, Iata, het die belangrike rol wat lugvrag in wêreldhandel, e-handel en humanitêre hulp speel beklemtoon. Die vereniging se hoof, Brendan Sullivan, het tydens die World Cargo-simposium in Dubai gepraat en gewaarsku handelspanning bedreig ekonomiese groei en verbruikerstoegang. Linden Birns van Plane Talking wat Iata se skakelbeampte is,…
Die KwaZulu-Natalse LUR vir Vervoer en Menslike Nedersettings, Siboniso Duma, sê spanne is op 'n gereedheidsgrondslag terwyl reën en sneeu in die provinsie verwag word. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel 'n kouefront vir die provinsie wat temperature sal laat daal, en swaar reën en moontlik sneeu tot gevolg sal hê. Die…
Die Namibiese Akkerbouraad is optimisties oor vanjaar se witmielie-produksie. Die B2Gold-myn boer op 'n gedeelte van die land by die Otjikoto-myn, die Erhardtshof -landbouprojek. Verlede jaar tydens die droogte het die projek 1 100 ton witmielies gelewer, en hulle hoop op 'n beter oes vanjaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels…
Vetaruhe Kandorozu, 'n Nudo-parlementslid, het in die Nasionale Vergadering onderwysminister Sanet Steenkamp gevra of haar ministerie dit oorweeg om die registrasietydperk vir die jaar eindeksamens te verleng. Dit kom nadat heelwat leerders die registrasie-sperdatum op 28 Februarie misgeloop het. Volgens Kandorozu kon baie van hulle nie die registrasiefooi bekostig nie…
Die Withuis sê ongeveer 15 lande is tans besig met handelsooreenkomste rakende president Donald Trump se tariewe maar het nie die lys van lande bekend gemaak nie. China, wat 145 persent tariewe moet hanteer, is nie op die lys nie en die perssekretaris van die Withuis Karoline Leavitt, sal die…
Die Suid-Afrikaanse handelsdepartement het beklemtoon hoe belangrik dit is vir Afrika om sy eie medisyne te vervaardig. Die departement se hoofdirekteur van Nywerheidsverkryging, Tebogo Makube, het op die G20-hoëvlak ministeriële dialoog gepraat oor die versterking van streekswaardekettings in die Afrika-mark, met hindernisse in handel wat uit die weg geruim moet…
Die hoof van die sending by die Soedanese-ambassade in Londen, Babikir Elamin, het kritiek uitgespreek oor die Britse internasionale vergadering oor Soedan wat in Londen gehou is – sonder enige verteenwoordiging van die betrokke partye.
Die Oos-Kaapse polisie sê niemand is nog in hegtenis geneem ná gisteroggend se skietvoorval op die Mthatha-kampus van die Walter Sisulu-universiteit nie. 'n Student is na bewering deur 'n kampuskoshuisbestuurder geskiet tydens 'n betoging oor kwessies, insluitend die haglike toestand van verblyf. Twee ander studente is in die hospitaal opgeneem…
Oudpresident Joe Biden sê in minder as 100 dae het sy opvolger, Donald Trump, se administrasie groot skade aangerig. Hy het gister die nasionale konferensie van advokate, raadslede en verteenwoordigers vir gestremdes in Chicago bygewoon. Dit was sy eerste toespraak sedert hy nie meer president is nie. Biden kritiseer die…
Mej. Namibië 2018, die model Selma Kamanya, het destyds haar frustrasie uitgespreek omdat sy min of geen finansiële steun van die Mej. Namibië-organisasie gekry het nie. Sy moes die meeste van haar uitrustings vir die Mej. Heelal-kompetisie self finansier. Nou beplan sy 'n terugkeer na die wêreld-verhoog, om in die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.