Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3680 – 3700

Een party kan nie dooiepunt oor BTW oplos nie

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê hulle sal hierdie week ʼn ooreenkoms uitwerk met al die partye wat saamstem om die begrotingdooiepunt te verbreek. Die ANC het met alle partye binne en buite die regering van nasionale eenheid beraadslaag om ʼn oplossing vir die dooiepunt te vind. Die BTW-verhoging…
13 Apr 2025 11PM 1 min

Delacour vat SA Vroue Ope

Perrine Delacour van Frankryk het 'n laaste ronde van twee onder 70 aangeteken om die Suid-Afrikaanse Vroue Ope met twee houe te wen by die Erinvale Country and Golf Estate in Kaapstad. Dit is haar tweede Europese Vrouetoer-titel. Suid-Afrika se Casandra Alexander het met haar laaste ronde van 66 tweede…
13 Apr 2025 11PM 1 min

Bloemhofdam: Gemeenskappe moet eerder ontruim

Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, doen 'n beroep op gemeenskappe langs die vloedlyn van die Bloemhofdam om te ontruim aangesien nog water uit die dam vrygelaat gaan word. Dit is om die swaar invloei van die boonste opvanggebiede te beheer. Majodina het bewerings die nek in geslaan…
13 Apr 2025 10PM 1 min

Etosha kry vragmotors

Die omgewingsministerie het onlangs twee vragmotors aan die Etosha Nasionale Park oorhandig om bedrywighede vlotter te laat verloop. Omgewingsminister Indileni Daniel het meer besonderhede tydens die oorhandigingseremonie verskaf:
13 Apr 2025 10PM 1 min

Boere – kameelperd bewaring het julle nodig

Die Giraffe Conservation Foundation is tans besig met ‘n studie oor die laer-ledemate van kameelperde om die versorging van dié diere in dieretuine en bewaringsprogramme wêreldwyd te bevorder. Hulle benodig egter hulp van die boere. Kosmos 94.1 Nuus het met Stephanie Fennessy, die uitvoerende direkteur en stigter die Giraffe Conservation…
13 Apr 2025 10PM 1 min

Ekonoom sê oor Nambiese handel en tariewe

Die omstrede handelstariewe van Amerika se president Donald Trump geld nie vir skootrekenaars, slimfone en ander elektroniese toestelle nie. Namibië se handelsminister Selma Ashipala-Musavyi en haar span is besig met onderhandelinge met die Amerikaanse ambassade in die land oor die ander tariewe tydens die grasietydperk van 90 dae. Kosmos 94.1…
13 Apr 2025 9PM 1 min

Swak rand vee lae olieprys voordeel weg

In die buurland skryf ontleders die afgelope week se swak vertoning van die rand toe aan die impak van politieke onsekerheid in Suid-Afrika en kommer dat die regering van nasionale eenheid kan skeur. Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper meen egter politieke onsekerheid het min daarmee te doen. Kosmos 94.1 Nuus het…
13 Apr 2025 9PM 1 min

Namcor vergader met publiek oor Venus-ontwikkeling

Namcor voer saam met Qatar Energy, Total Energies en Impact Oil and Gas 'n omgewings- en sosiale impakstudie uit vir die voorgestelde ontwikkeling van die Venus-ontdekking in Blok 2913B aflandig die Namibiese suidkus. Namcor sal openbare vergaderings in verskeie dorpe aanbied om met gemeenskappe te skakel. Die vergaderings het op…
13 Apr 2025 8PM 1 min

McIlroy word sesde speler met Grand Slam loopbaan

Die wêreld se nommer twee, Rory McIlroy, het Justin Rose van Engeland in ʼn uitspeelronde geklop om die Meesters by Augusta National in Georgia te wen en sy loopbaan-Grand Slam te behaal. Die Noord-Ierse speler het ʼn voëltjie op die eerste putjie van die valbylronde aangeteken om sy vyfde Major…
13 Apr 2025 8PM 1 min

Boere, polisie vergader oor veediefstal

NamPol het 'n vergadering met boereverenigings in Outjo en die omgewing gehou na 51 bees naby Outjo gesteel en sommige wreed geslag is. Veediefstal vind egter gereeld plaas en groot aantalle bees is al voorheen in die omgewing gesteel. Die onderhoof van NamPol, generaal-majoor Elias Mutota, het ook in Otjiwarongo…
13 Apr 2025 3AM 1 min

Ongeregistreerde spazawinkels in SA 'n euwel

Forum for South Africa sê die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa en die regering van nasionale eenheid moet ongeregistreerde spazawinkels onmiddellik sluit. Indien nie, moet hulle weens pligsversuim in hul persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou word. ʼn Agtjarige seun van Mapetla, Soweto, het in die hospitaal beland…
13 Apr 2025 2AM 1 min

Katy Perry mik vir die sterre

Die popster Katy Perry vertrek môre op Blue Origin se New Shepherd-vuurpyl na die ruimte. Sy is deel van ‘n span wat net uit vroue bestaan en ook die CBS Mornings-aanbieder, Gayle King, Lauren Sanchez, die Blue Origin-eienaar Jeff Bezos se verloofde, die voormalige Nasa-vuurpylwetenskaplike, Aisha Bowe, die menseregteaktivis, Amanda…
13 Apr 2025 1AM 1 min

Tekort aan verpleërs in SA 'n 'ramp'

Die Demokratiese Verpleegorganisasie van Suid-Afrika, Denosa, sê die tekort aan verpleegkundiges in die land is niks minder as 'n rampspoedige krisis nie. Die organisasie se kommentaar volg nadat die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, die werwing van slegs 200 verpleegkundiges in die openbare gesondheidsorgstelsel aangekondig het. Denosa se woordvoerder, Sonia…
13 Apr 2025 12AM 1 min

DA praat met ANC oor BTW-middeweg

Die DA sê sy onderhandelingspan het met 'n afvaardiging van die ANC in Johannesburg vergader. Die beraadslagings volg in die nasleep van die onlangse geskil oor die nasionale begroting se fiskale raamwerk, wat 'n een-persent BTW-verhoging oor twee jaar behels. Die DA se woordvoerder, Helen Zille, sê die party herhaal…
12 Apr 2025 11PM 1 min

Meeste werkgewers betaal wel hoër minimumloon

Bykans 87 persent van werkgewers wat deur inspekteurs van die arbeidsministerie besoek is, voldoen aan die vereistes vir die nuwe minimumloon. ‘n Minimumloon van 18 Namibiese dollar per uur geld sedert die begin van die jaar, buiten vir huis- en plaaswerkers, asook sekuriteitswagte. Die woordvoerder van die arbeidsministerie, Maria Hedimbi,…
12 Apr 2025 10PM 1 min

G20-beraad: EFF vies oor Trump se reaksie

Die EFF sê hy neem kennis van ʼn plasing op sosiale media waarin president Donald Trump van Amerika sê hy het sy bedenkinge oor die bywoning van die G20-beraad in Suid-Afrika. ʼn Woordvoerder, Sinawo Thambo, sê Trump voer grondgrype en volksmoord as rede aan en het ʼn video geplaas van…
12 Apr 2025 9PM 1 min

Otjimbingwe kommunale boere kry knopvelsiekte-instruksies

Die beweging van vee in en uit die Otjimbingwe kommunale gebied word beperk na 'n knopvelsiekte-geval op 2 April bevestig is. Volgens dieregesondheidsregulasies is die gebied onder kwarantyn en alle beeste moet ingeënt word. Verdagte gevalle moet aangemeld word, aangesien knopvelsiekte 'n aanmeldbare siekte is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels…
12 Apr 2025 3AM 1 min

AU Jeugspele strook met regering se ondersteuning van sport: Balotti

Namibië sal die 11de uitgawe van die Afrika-unie Sportraad se Streek 5 Jeugspele van 4 tot 13 Julie in Windhoek en Swakopmund aanbied. Tydens die bekendstelling van die spele Vrydag het die adjunkminister van sport, Dino Ballotti, die belangrikheid van sport vir president Netumbo Nandi-Ndaitwah se administrasie beklemtoon.
12 Apr 2025 3AM 1 min

Samesmelting van Pep, Big Daddy, OK furniture 'voordelig vir almal'

Die Namibiese Mededingingskommissie het 'n openbare konferensie oor die voorgestelde samesmelting van Pep Stores, Big Daddy en JD Financial, sowel as OK Furniture aangebied. Rolspelers en belanghebbendes kon voorleggings oor die voorgestelde samesmelting maak. Die ondernemings se senior advokaat, Jerome Wilson, het die konferensie toegespreek oor die voordele van 'n…
12 Apr 2025 2AM 1 min

Ngurare lê klem op geen korrupsie, nepotisme in ministeries

Eerste minister Elijah Ngurare het uitvoerende direkteure aangespoor om onnodige burokrasie uit te skakel en praktiese, proaktiewe bestuur te prioritiseer. Tydens sy eerste vergadering met direkteure het hy beklemtoon dat Namibiërs billike en gehaltediens eis, nie gunste nie. Hy het nepotisme, korrupsie en begunstiging in werwings- en verkrygingsprosesse veroordeel en…
12 Apr 2025 1AM 1 min
3680 – 3700