Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3700 – 3720

Cosatu, internasionale vakbonde vra demokrasie in Eswatini

Cosatu sê hy het by miljoene werkers en mense reg oor die wêreld aangesluit om vir 'n demokratiese bestel in Eswatini te vra. Dis vandag die 52ste herdenking van die 1973-dekreet wat politieke partye verban en amptelik alle politieke aktiwiteit in die land verbied. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê die vakverbond…
12 Apr 2025 1AM 1 min

EU kondig N$280 miljoen belegging in HyIron-Oshivela projek aan

Die baanbreker HyIron-Oshivela aanleg naby Arandis is Vrydag amptelik geopen. Die fasiliteit gebruik groenwaterstof om direk verminderde yster te vervaardig, wat bydra tot die wêreldwye groenenergie-omwenteling. Daar word beplan om in die eerste projekfase 15 000 ton direk verminderde yster jaarliks te vervaardig. Die Europese Unie het onderneem om sowat…
11 Apr 2025 11PM 1 min

Bulle het 6 Bokke op die bank vir Edinburgh

Rugby: Ruan Nortjé en Cameron Hanekom is terug in die Bulle se opdrafspan vir vanmiddag se Uitdaagbeker-kwarteindstryd teen Edinburgh in Skotland, nadat hulle verlede naweek teen Bayonne op die bank was. Die Springbokhaker Johan Grobbelaar is ook op die bank saam met Johan Goosen en Canan Moodie, en ander Springbokke…
11 Apr 2025 11PM 1 min

Ma kry opgeskorte vonnis na sy haar kinders vergiftig

’n Ma van Dunnottar in Nigel is tot agt jaar tronkstraf gevonnis, opgeskort vir vyf jaar, nadat die Hooggeregshof in Pretoria haar skuldig bevind het aan die moord op haar 16-jarige seun en ’n poging tot moord op haar sewejarige dogter. In Junie 2022 het die vrou rottegif in haar…
11 Apr 2025 10PM 1 min

Copps 94.1-span help siek kleuter, stop bakleierye

Die Copps 94.1-span het 'n woelige aand in die hoofstad beleef, met alles van nood-gesondheidsdiens vir 'n 4-jarige kleuter, tot huismoles op die spyskaart. Francois Lottering was aan diens en gee die besonderhede.
11 Apr 2025 9PM 1 min

FNB se N$1 miljard aan SME’s 'uitstekende inisiatief'

FNB Namibia het 1 miljard Namibiese dollar opsy gesit om plaaslike SME’s te ondersteun wat betrokke is by die olie-, gas-, energie- en ontginningsektore. Dit volg op 'n memorandum van verstandhouding wat met Nigerië se Moneda Capital Management en Ino Capital Investments onderteken is. SME’s se kapasiteit sal ook gebou…
11 Apr 2025 9AM 1 min

IVP vergader met ANC oor begroting-dooiepunt

'n Afvaardiging van die IVP onder leiding van sy president, Velenkosini Hlabisa, het Donderdag met die ANC vergader om dringende nasionale kwessies te bespreek, veral die voortslepende dooiepunt in die regering van nasionale eenheid oor die begroting. Die ANC het met partye binne, sowel as buite die koalisieregering, onderhandel om…
11 Apr 2025 9AM 1 min

Ithete fokus op jeug-werkverskaffing in Erongo mynbou

Adjunk-premier Natangwe Ithete het die noodsaaklikheid beklemtoon dat Namibiërs, veral die jeug, voordeel moet trek uit die land se natuurlike hulpbronne, spesifiek in die Erongo-streek. Hy het tydens 'n besoek aan die streek jeugwerkloosheid en die belangrikheid daarvan om jongmense by ekonomiese geleenthede te betrek uitgesonder. Hy sê dat beleide…
11 Apr 2025 8AM 1 min

Salah teken nuwe kontrak met Liverpool

Sokker: Die Egiptiese doelskieter Mohamed Salah het 'n nuwe kontrak van twee jaar met Liverpool onderteken wat hom tot 2027 op Anfield sal hou. Sy kontrak sou die einde van hierdie seisoen verstryk. Die 32-jarige het hierdie seisoen 27 doele en 17 aanvorings bygedra om Liverpool tot boaan die Premierliga-punteleer…
11 Apr 2025 8AM 1 min

Reën ry Tsumeb Dirt Ovals in die wiele, maar daar's aksie in Windhoek

Die Tsumeb Dirt Ovals sal nie môre deur die Tsumeb Motorklub by die Redline Race World net buite Tsumeb plaasvind nie. Swaar reënval wat ontvang is maak die geleentheid onmoontlik, maar, die knortjorre is môre in die hoofstad in aksie. Francois Lottering van Motor Media Namibia het die besonderhede.
11 Apr 2025 7AM 1 min

Onthou om bloed te skenk op Red Saturday!

Die Paasnaweek met sy verhoogde padongelukke is om die draai, en die Namibiese Bloedoortappingsdiens hou môre sy landswye Red Saturday-veldtog om sy bloedbank aan te vul. Skenkings sal in verskeie sentrums regoor die land gemaak kan word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Zita Tobin, die diens se bemarkingshoof, wat…
11 Apr 2025 7AM 1 min

Langafstand permitte vir sewe-sitplek taxi's 'gaan wrywing veroorsaak'

Reaksie word ontvang op die aankondiging van vervoerminister Veikko Nekundi dat sewe-sitplek taxi’s nou ook langafstandpermitte kan kry vir roetes so ver soos Katima Mulilo. Die permitte moet teen einde September vanjaar verkry word vir omskakeling na die stelsel waar die tweejaarliks hernu sal word. Pendapala Nakathingo van die Namibiese…
11 Apr 2025 7AM 1 min

Baanbrekende HyIron-Oshivela aanleg amptelik geopen

Namibië se baanbreker HyIron-Oshivela aanleg naby Arandis is amptelik geopen deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Dit is Suider-Afrika se eerste fasiliteit wat groenwaterstof gebruik om direk verminderde yster te vervaardig en die vlagskip-projek vir die land se groenenergie-ambisies. Die aanleg was vroeër vanjaar gereed vir die bekendstelling, maar dit is vertraag…
11 Apr 2025 7AM 1 min

Mens-dier-konflik 'gaan net erger word'

Die omgewingsministerie het die gebied van Casablanca naby Oshivelo ontbos ná 'n leeu-aanval. Adjunkdirekteur in die ministerie Erkki Rehabeam sê die buffersone het ten doel om gevaarlike ontmoetings te voorkom. Dit volg op 'n voorval waar twee bewaarders deur 'n leeu beseer is. Die leeu, 'n tiener mannetjie, was moeilik…
11 Apr 2025 7AM 1 min

ECB stel kletsbot bekend vir enkelkopermarkmodel

Die Elektrisiteitsbeheerraad van Namibië het 'n werkswinkel oor die gewysigde enkelkopermarkmodel in Swakopmund aangebied. Die model laat sekere elektrisiteitsverbruikers en onafhanklike kragprodusente toe om direk met mekaar transaksies te doen vir tot 30 persent van hul kragbehoeftes, wat plaaslike opwekking bevorder en koste verlaag. Die beheerraad se uitvoerende hoof, Robert…
11 Apr 2025 6AM 1 min

Hamilton hoop opgradering kan Ferrari ’n hupstoot gee in Bahrein

Motorsport: Die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen, Lewis Hamilton, hoop Ferrari kan die naweek in Bahrein ʼn tree vorentoe gee. Die Scuderia is tans vierde in die vervaardigerskampioenskap nadat hy in die eerste drie wedrenne gesukkel het teen ander mededingers soos McLaren en Mercedes. Die Brit sê hulle het ʼn opgradering aan…
11 Apr 2025 6AM 1 min

Unam vra aksie by Neudamm oor gevaarlike brug, vloede

Tydens die swaar reënval oor die laaste paar weke het die Unam Neudamm-kampus te kampe gehad met vloede by die Seeisrivier, wat studente en dosente verhinder het om klasse by te woon. Die kampus is oos van die hoofstad en die brug en padinfrastruktuur kort dringend aandag. Kosmos 94.1 Nuus…
11 Apr 2025 5AM 1 min

DA, VF Plus gaan met Mbalula vergader oor hul verskille

Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê hy vergader die naweek met die DA en die Vryheidsfront Plus om hul verskille in die regering van nasionale eenheid te bespreek. Dit volg nadat die DA en VF Plus verlede week teen die fiskale begrotingsraamwerk, wat ʼn BTW-verhoging insluit, gestem het. Mbalula…
11 Apr 2025 5AM 1 min

MTC se bemarkingsindaba bied gulde geleentheid

Die drie-dag MTC Handelsmerk- en Bemarkingsindaba het in Windhoek begin en bring meer as 300 afgevaardigdes en meer as 30 uitstallers bymekaar. Dit is die eerste geleentheid van sy soort in die land en bevat aanbiedings deur kundiges en paneelbesprekings oor handelsmerke, bemarking, openbare betrekkinge en advertensies. Dit bied ook…
11 Apr 2025 3AM 1 min

Instituut sê arm gemeenskappe moet beskerm word teen BTW-verhoging

Die Instituut vir Rasseaangeleenthede sê opposisiepartye wat die voorgestelde BTW-verhoging teenstaan as beginselbeswaar, moet ook negatiewe sakebeleid konfronteer. Die instituut het die EFF en MK-party gevra om nie net die BTW-verhoging te verwerp nie, maar om ook arm gemeenskappe daadwerklik te beskerm teen wat inderwaarheid belasting is vir swart ekonomiese…
11 Apr 2025 3AM 1 min
3700 – 3720