Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3720 – 3740

Goud sal verder, vinniger klim

Reaksie word ontvang op die goudprys wat vanoggend vir die eerste keer die deurslaggewende vlak van 3 200 Amerikaanse dollar per fynons verbygesteek het. Ontleders sê daar is 'n voortdurende uittog van Amerikaanse dollar-gebaseerde bates met aandele en effekte se verkoop te midde van tariefbeleid en onsekerheid. Ekonoom Chris Hart…
11 Apr 2025 3AM 1 min

Ekonoom sê resessie kom in die VSA

Goldman Sachs het Woensdag sy resessievoorspelling vir die Amerikaanse ekonomie teruggetrek. Dit was na president Donald Trump 'n 90-dae-pouse ingestel het op meeste van die nuwe tariewe wat hy op 2 April aangekondig het. Die beleggingsbank verwag egter steeds dat die Amerikaanse ekonomie vanjaar skerp sal verlangsaam weens voortdurende beleidsonsekerheid…
11 Apr 2025 3AM 1 min

Dwelms: Pluimpie vir polisie, kommer oor hoeveelhede

Dwelm-beslagleggings deur die polisie gaan onverpoosd voort, en dit wissel van 'n paar eenhede tot enorme hoeveelhede. Volgens NamPol se verslag oor beslagleggings in Maart is 3,12 miljoen Namibiese dollar se dagga gekonfiskeer, met kleiner hoeveelhede Mandrax, kokaïenpoeier en crack-kokaïen ook op die lys. 'n Paar dae gelede is 'n…
11 Apr 2025 3AM 1 min

GRN het kommer oor 'deep fakes'

Na vals video's onlangs op sosiale media versprei is met sogenaamde “deep fakes” van die goewerneur van die Bank van Namibië en president Netumbo Nandi-Ndaitwah, het die inligtingsministerie die publiek gewaarsku om bewus te wees van soortgelyke aanlyn bedrogspulle. Inligtingminister Emma Theofelus het 'n ministeriële verklaring in die Nasionale Vergadering…
11 Apr 2025 2AM 1 min

Ekonoom sê vergoeding vir Zim-boere sal die land help

Nog reaksie word ontvang op die nuus dat die Zimbabwiese regering vergoedingsbetalings aan voormalige plaaseienaars betaal. Sowat 59,3-miljoen Namibiese dollar is reeds uitbetaal aan die eerste 378 plase uit 'n totaal van 740 wat goedgekeur is vir vergoeding. Die Zimbabwiese ekonoom Eddie Cross sê dis ‘n goeie ding veral om…
11 Apr 2025 2AM 1 min

Mark manipulasie: Trump het belangriker goed om aan te dink

Die sogenaamde Wolf of Wall Street, Jordan Belfort, het met SkyNews gepraat oor aantygings dat president Donald Trump die mark gemanipuleer het met sy aankondiging dat dit ‘n goeie tyd is om te koop terwyl die markte getuimel het oor sy tariewe en vier ure daarna die 90-dag opheffing daarvan…
11 Apr 2025 1AM 1 min

BTW-onderhandelings vorder - Mbalula

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê onderhandelings oor die begrotingsdooiepunt vorder goed en hulle is optimisties dat hulle ʼn oplossing sal vind. Die party beraadslaag met partye soos ActionSA en Build One South Africa. Die fiskale begrotingsraamwerk is verlede week in die Parlement aanvaar, maar partye wil hê die…
11 Apr 2025 1AM 1 min

Jeug kan nie net 'n voetnota wees nie - Kambala

Die Nasionale Vergadering luister na die nooiensredes van nuwe parlementslede. George Kambala, die woordvoerder van die AR-beweging, was een van hulle. As een van die stigters van die AR-beweging het die jong LP sy reis van 'n sukkelende jeugdige tot 'n aktivis wat ander wou ophef beskryf. Sy toespraak het…
11 Apr 2025 12AM 1 min

Numsa eis 10% verhoging in motorbedryf

Die metaalwerkersvakbond Numsa het loongesprekke in die motorbedryf begin met 'n eis van 'n algemene 10 persent-salarisverhoging. Die unie sê veral swart werknemers, verdien te min om met die stygende koste by te bly. Hulle vra ook vir vervoer- en nagdienstoelaes, mediese hulp, en ondersteuning tydens verkorte werkure. Woordvoerder van…
11 Apr 2025 12AM 1 min

Minister besoek Bloemhofdam te midde van vloedbekommernisse

Die minister van Water en Sanitasie, besoek vandag die Bloemhofdam om skade aan die infrastruktuur te evalueer ná stroomaf-ontruimings weens vloede. Die woordvoerder, Wisane Mavasa, sê die dam, tans op 111,07-persent, laat meer as 2 000 kubieke meter per sekonde vry om die swaar invloei vanaf die Vaaldam, wat op…
10 Apr 2025 11PM 1 min

Kleinsake het uitdagings maar ook drome

Volgens 2024-statistieke is daar ten minste 40 000 klein- en mediumgrootte ondernemings werksaam in die land. Hulle verskaf werk aan meer as 200 000 Namibiërs en dra ongeveer 12 persent van die BBP by. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Bianca Janse van Vuuren, Bank Windhoek se hoof van klein-…
10 Apr 2025 11PM 1 min

Raymond Parsons het raad vir GNU oor tariewe

Die ekonomie-professor aan die Noordwes-universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons, sê Suid-Afrika moet die uitstel van 90 dae op Amerikaanse tariewe gebruik om ʼn beter ooreenkoms te onderhandel. Die land staar tariewe van 31-persent in die gesig op belangrike uitvoere na Amerika. Meer as 60 lande sal egter steeds president Donald…
10 Apr 2025 10PM 1 min

Rose loop voor in Augusta

Justin Rose van Engeland loop voor met drie houe ná die openingsronde van die Meesterstoernooi in Augusta, Georgia. Die 44-jarige het sewe-onder baansyfer, 65, aangeteken, en daarmee 'n groot voorsprong verkry op die verdedigende kampioen, Scottie Scheffer van Amerika, Swede se Ludvig Åberg en Corey Conners van Kanada. Rory McIlroy…
10 Apr 2025 10PM 1 min

Kenner sê bees slagpryse sal N$70 en meer, per kilo bereik

Namibië, bekend vir sy sterk veesektor en premium beesvleis, word beskou as die land met die tweede hoogste gehalte beeste ter wêreld, net na Argentinië. Dit is bevestig deur professor Helmke von Bach, 'n landbou-ekonoom by Unam, wat van mening is dat beesvleispryse by abattoirs tot meer as 70 Namibiese…
10 Apr 2025 10PM 1 min

Oorstromings: Kabinet gee breedvoerige instruksies

Inligtingminister Emma Theofelus het die jongste kabinetsbesluite aangekondig, wat insluit breedvoerige instruksies oor oorstromings in die land. Dit sluit in dat die landelike en stedelike ontwikkeling-ministerie waarskuwings- en multi-gevaar-gebeurlikheidsplanne moet aktiveer in die Cuvelia-Etosha-kom, die Okavango- en Zambezirivier vloedvlaktes, die Kunene korridor, die benede-Kuiseb- en Oranjeriviere, en die Hardap-Mariental sone…
10 Apr 2025 9PM 1 min

Minderheid van Zim-boere aanvaar regering se 'vergoeding'

Die Zimbabwiese regering is besig om vergoedingsbetalings aan voormalige plaaseienaars uit te betaal. Sowat 59,3-miljoen Namibiese dollar is reeds uitbetaal aan die eerste 378 plase uit 'n totaal van 740 wat goedgekeur is vir vergoeding. Kosmos 94.1 nuus het gepraat met Deon Theron, die voormalige president van Zimbabwe se kommersiële…
10 Apr 2025 9PM 1 min

Ses dood toe helikopter in Hudsonrivier, New York val

Ses mense insluitend drie kinders is dood nadat ʼn helikopter wat passasiers vervoer in die Hudsonrivier in New York neergestort het. Amptenare sê die helikopter het in die lug opgebreek en onderstebo in die rivier neergestort. Vyf van die passasiers was ʼn gesin van Spanje en die sesde persoon was…
10 Apr 2025 8PM 1 min

Tariewe op China staan nou op 145%

Aandele op Wall Street het Donderdag weer getuimel weens toenemende kommer oor die ekonomiese impak van Amerikaanse president Donald Trump se multi-front tariefoorlog. Al drie groot Amerikaanse aandele-indekse het skerp gedaal en baie van die vorige sessie se winste uitgewis. CNBC berig dat die totale tariewe op China na 145…
10 Apr 2025 8PM 1 min

Gesondheidministerie besig met laboratoriumbeleid opdatering

Gesondheidminister Esperance Luvindao het aangekondig dat die ministerie besig is om die laboratoriumbeleid op te dateer om laboratoriumdienste en -tegnologie te bevorder. Sy het by die 2025 Namibiese laboratoriumwetenskap-kongres die belangrike rolle van aptekers en laboratoriumpersoneel in ingeligte besluitneming uitgelig. Sy het die publiek aangespoor om te fokus op die…
10 Apr 2025 9AM 1 min

Mense onder Vaal-, Bloemhofdam gewaarsku oor oorstromings

Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het inwoners wat onder vloedlyne woon langs die Vaalrivier, stroomaf van die Vaaldam en die Bloemhofdam, gewaarsku laagliggende gebiede bly kwesbaar. Dit is as gevolg van die sluise van albei damme wat oopgemaak is om watervlakke te bestuur. Majodina het inwoners versoek…
10 Apr 2025 9AM 1 min
3720 – 3740