Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3760 – 3780

GNU fokus meer op selfbehoud as Suid-Afrika

Cope waarsku dat die regering van nasionale eenheid, wat na Mei 2024 se verkiesing ontstaan het, 'n wettigheidskrisis ondervind wat Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie bedreig. Pakes Dikgetsi van COPE sê die regering, ondersteun deur 'n minderheid kiesers te midde van 'n gebrek aan belangstelling, stort in duie weens 'n magstryd…
10 Apr 2025 12AM 1 min

VN bepleit bystand, demokrasie vir Mianmar na aardbewing

Meer as 3 600 mense is in Mianmar dood na die 7,7 aardbewing op 28 Maart maar, die militêre regering hou steeds aan om aanvalle uit te voer teen rebelle in die land se langdurige burgeroorlog. Hulporganisasies het groot uitdagings om noodsaaklike kos, water en skuiling te versprei as gevolg…
10 Apr 2025 12AM 1 min

Stad Whk onder skoot vir onvoltooide rioolwerk

Inwoners langs die Hakahana na Havana-pad en Peter Nanyemba, oftewel Monte Christo-straat in Windhoek, maak alarm oor oop rioolslote wat 'n ernstige openbare veiligheidsgevaar inhou. Die slote lê oop weens langdurige en onvolledige padkonstruksie. Tot op hede is ten minste vyf gevalle van voertuie wat in die slote geval het…
10 Apr 2025 12AM 1 min

Plaasmoorde moet as voorkeurmisdaad geklassifiseer word

AfriForum het 'n dringende versoek aan die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, gerig om plaasaanvalle as voorkeurmisdaad te klassifiseer ingevolge die Wet op die Polisie. Die organisasie voer aan plaasaanvalle is uiters georganiseerd en gewelddadig en het 'n uitwerking op nasionale bestendigheid, wat ondersoeke deur die Valke vereis. Jacques Broodryk van…
10 Apr 2025 12AM 1 min

Tariewe: Ooreenkomste sal met elke land onderhandel word

President Donald Trump het al die wederkerige tariewe wat hy ingestel, het vir 90 dae op ys gesit, behalwe vir China. Gedurende die tydperk sal daar 'n algemene tarief van 10 persent geld, terwyl heffings vir Beijing tot 125 persent styg. Trump sê billike ooreenkomste sal met China en elke…
9 Apr 2025 10PM 1 min

Agoa word bedreig – De Jager

Amerikaanse president Donald Trump tariewe chaos oorheers die nuustoneel regoor die wêreld. Sy 90-dag opheffing van tariewe teen lande wat geen wederkerige tariewe op die VSA ingestel het nie bring effe verligting, maar die bedreiging is nie verby nie. In Suid-Afrika is Agoa uiters kwesbaar. Dr. Theo de Jager, voorsitter…
9 Apr 2025 10PM 1 min

GOOD soek antwoorde oor DA, PA se 'geheime' besoek aan Israel

Die herrie is los in Suid-Afrika. The GOOD Party sê parlementslede van die DA en die Patriotic Alliance het, volgens hulle, in die geheim na Israel gereis het sonder om die parlement of die regering daarvan in kennis te stel. Die party voer aan dat die afvaardiging, wat blykbaar Nicholas…
9 Apr 2025 10PM 1 min

Boere betreur gaping in samewerking tussen NamPol en howe

Die geval van 51 bees wat naby Outjo gesteel en sommige wreed geslag is, maak steeds opslae. Dit egter nie die eerste keer dat 'n groot aantal bees in die omgewing gesteel is nie. Vier verdagtes het reeds in die hof verskyn. ‘n Vergadering van NamPol met die boereverenigings in…
9 Apr 2025 9PM 1 min

Nanso sê internplan is beter as niks

Die regering het fondse herlei, insluitend van ministeries se S&T-begrotings wat dikwels gekritiseer word weens misbruik, om internskappe te ondersteun en jeugwerkloosheid aan te pak. Ministeries moet 15 interns aanstel wat 2 500 Namibiese dollar per maand sal verdien vir ses maande, asook 25 gegradueerde interns teen 3 500 dollar…
9 Apr 2025 9PM 1 min

Tariewe: Beleggers moet na langtermyn prentjie kyk

Die Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad het die regering aangemoedig om die kwessie van Amerikaanse tariewe dringend aan te spreek al is dit vir 90 dae herroep. Diamante, vis en boustene is die land se mees-geraakte uitvoere na die VSA, en beleggers behoort hiervan kennis te neem. Kosmos 94.1 Nuus het…
9 Apr 2025 8PM 1 min

Trump herroep tariewe vir 90 dae, behalwe China, resessie steeds moontlik

Groot aandele-indekse het skerp gestyg na Amerikaanse president Donald Trump 'n 90-dae-pouse op baie van sy nuwe tariewe gemagtig het, selfs nadat hy dit na 125 persent op China verhoog het. Tariewe op invoere van Kanada en Mexiko bly ook onveranderd. Ontleders sê die styging is nie verbasend nie, want…
9 Apr 2025 8PM 1 min

Handelstekort krimp, maar nuwe markte nodig

Namibië se handelsektor het in Februarie herstel met die tekort wat van 2,7 miljard Namibiese dollar tot 2 miljard dollar gekrimp het. Simonis Storm se Almandro Jansen sê daar is goeie vordering in veral infrastruktuur maar, daar is uitdagings. Nuwe markte moet dringend ondersoek word en indien dit reg hanteer…
9 Apr 2025 9AM 1 min

Vakbond het kommer oor Openbare Beleggingskorporasie se geldmors

Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is bekommerd oor die voortgesette onreëlmatige uitgawes by die Openbare Beleggingskorporasie, soos uitgelig in 'n onlangse ondersoek deur die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge. Claude Naiker van die vakbond sê die OBK het oor die afgelope vyf jaar meer as 467,7-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan…
9 Apr 2025 9AM 1 min

Geen Afrikaanse nuus op SABC2 was skeduleringsfout

Die DA het die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, se bevestiging verwelkom dat 'n skeduleringsfout die afgelope naweek daartoe gelei het dat die Afrikaanse nuusbulletin op SABC2 nie uitgesaai is nie. Die DA-lid, Willie Aucamp, sê hulle sal voortgaan om die uitsending van die bulletin oor die…
9 Apr 2025 8AM 1 min

Boksewes-vroue vol vertroue voor laaste deel van Uitdaagreeks

Rugby: Zintle Mpupha van die Springbok-sewes-vrouespan sê hulle is vasberade om hul momentum van die eerste twee toernooie van die Wêreld-sewes se Uitdaagreeks te behou. Suid-Afrika, wat tweede op die punteleer is, is in Pole vir die derde en laaste toernooi in die kompetisie. Die top-vier spanne staan ʼn kans…
9 Apr 2025 8AM 1 min

Omaheke mik na groei met beleggingskomitee

Die Omaheke-streek het 'n beleggingskomitee van stapel gestuur om landbou, toerisme, vervoer en logistiek 'n hupstoot te gee. By die eerste vergadering in Gobabis het streekraadsvoorsitter Ignatius #Kariseb gesê die komitee beoog om lewensvatbare projekte te identifiseer, beleggingshindernisse aan te pak en streeksgroei aan te dryf.
9 Apr 2025 7AM 1 min

Mboma en Masilingi reg vir Bostswana-byeenkoms

Christine Mboma en Beatrice Masilingi, die 21-jarige Namibiese naellopers, sal Saterdag aan die 100 meter by die Wêreldatletiek Kontinentale Toer se Goue Grand Prix in Gaborone, Botswana, deelneem. Afrigter Henk Botha het bevestig beide atlete het van beserings herstel, met Masilingi se skouer wat ten volle genees is. Dit merk…
9 Apr 2025 7AM 1 min

Spreek VSA-tariewe dringend aan: NIPDB

Die Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad het die regering aangemoedig om dringend die kwessie van Amerikaanse tariewe aan te spreek. Terwyl die impak op landbou-produkte gering is omdat daar so min daarvan na die VSA uitgevoer word, word diamante, vis, en boustene geraak. Die bestuurder by die raad, Roberth Simon sê…
9 Apr 2025 7AM 1 min

Jeug moet ingesluit word by besluitneming: Swapo-LP Tutjavi

Namibië se jongste parlementslid, die 22-jarige Fenny Tutjavi van Swapo, het haar nooienstoespraak in die Nasionale Vergadering gelewer en die behoefte aan selfstandigheid beklemtoon, veral onder die jeug. Sy het 'n beroep gedoen op die insluiting van die jeug in die vorming van hul toekoms, nie liefdadigheid nie. Sy het…
9 Apr 2025 7AM 1 min

Nuwe landbouminister sit prioriteite uiteen

Die landbouministerie het 'n aanvangsvergadering vir die nuwe administrasie aangebied. Die nuwe lynminister, dr. Mac-Albert Hengari, het die personeel toegespreek en gesê president Netumbo Nandi-Ndaitwah het alle ministers beveel om sonder versuim hard te begin werk. Een van die ministerie se fokusareas sal wees om bestaansboere te kommersialiseer en meer…
9 Apr 2025 7AM 1 min
3760 – 3780