Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3780 – 3800

Astro Bot wen 5 Bafta-toekennings

Die platform-speletjie, Astro Bot, was die groot wenner by die Bafta-speletjietoekennings. Dit het vyf toekennings ontvang, waaronder beste speletjie van die jaar en beste animasie. Die sielkundige-riller-speletjie, Still Wakes the Deep, het drie ontvang. Die toekenning vir beste toneelspel gaan aan Alec Newman vir sy rol as Cameron McLeary in…
9 Apr 2025 6AM 1 min

FIFA skenk miljoene aan Klubwêreldbeker-gasheerstede

Sokker: FIFA sal 19-miljoen Namibiese dollar aan elke gasheerstad van die 2025 Klubwêreldbeker skenk vir die bou van mini-velde. Dit maak deel uit van FIFA se nalatenskapsplan vir die uitgebreide toernooi, wat 19,6-miljard dollar se totale prysgeld, insluitend twee-miljard dollar vir die wenner, beloop. Die 32-span-toernooi begin op 15 Junie,…
9 Apr 2025 6AM 1 min

TotalEnergies beplan hoofkwartier op Lüderitz

Die jeugberaad van die Nama Tradisionele Leiersvereniging het op Lüderitz afgeskop. Belangrike besprekings rondom hul geskiedenis en erfenis, en toekomstige geleenthede vir die Nama-bevolking sal onder die loep kom. Die woordvoerder van die Lüderitz-dorpsraad, Elwin !Gaoseb het die afgevaardigdes toegespreek en sê TotalEnergies beplan om sy Namibiese hoofkwartiere in Lüderitz…
9 Apr 2025 5AM 1 min

Stad Kaapstad kry kritiek na oorstromings

Die GOOD-party sê dis duidelik die Stad Kaapstad versuim om behoorlik voor te berei vir seisoenale veranderinge. Swaar reën het Dinsdag wydverspreide oorstromings in gebiede soos Athlone, Nyanga, Mfuleni, Gugulethu, en Khayelitsha tot gevolg gehad. GOOD-woordvoerder Siyabulela Mamkeli sê die Departement van Stedelike Mobiliteit se dienslewering is onvoldoende omdat die…
9 Apr 2025 5AM 1 min

Studente eis geld terug vir ongeakkrediteerde kursus

Studente by Atlantic Training Institute eis terugbetalings van 29 000 Namibiese dollar elk vir die ongeakkrediteerde Hulpverpleeg-oorbruggingsprogram. Die Namibiese Kwalifikasie-owerheid en die Verpleegraad van Namibië het bevestig die program word nie erken nie. Die instelling het ook versuim om sertifikate aan gegradueerdes uit te reik. Matheus Isak, voorsitter by die…
9 Apr 2025 3AM 1 min

IRR sal met EFF, MK oor BTW vergader

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê hy gaan dié week leiers van die EFF en die MK-party betrek oor alternatiewe vir die omstrede verhoging in BTW. Die IRR sê aangesien sekere partye teen die verhoging gestem het, is dit noodsaaklik om alternatiewe te vind. Makone Maja van die instituut sê een…
9 Apr 2025 3AM 1 min

CAN se Baby Navara word voorberei vir Rough N Tough

Die Kankervereniging van Namibië se "Baby Navara", eintlik ‘n Nissan 1400-bakkie, berei voor vir die 2025 Rough N Tough-uitdaging, wat op 15 Mei begin. Hierdie drie-dag-tydren oor 1 000 kilometer in Damaraland ondersteun die Kankervereniging en Palliatiewe Sorg Namibië. Die geleentheid word gereël deur die Baard-familie en het reeds miljoene…
9 Apr 2025 3AM 1 min

Walvisbaai-plakkers heffing moet deur verhuurder betaal word

Die Walvisbaai-munisipaliteit het onlangs heffings vir agterplaas plakkers voorgestel wat deur inwoners verwerp word. Die dorp het wesenlike uitdagings met grondlewering wat die raad sukkel om te voorsien. In sommige gevalle, soos in Kuisebmond, kan een erf tot 10 gesinne hê wat agterplaashutte huur. Dit verhoog die kanse vir brande…
9 Apr 2025 3AM 1 min

Tariewe: Trump sê almal smeek by hom, en hy weet hoe om te onderhandel

President Donald Trump van Amerika hou vol sy wêreldwye tariewe is noodsaaklik vir sy ekonomiese visie en werkskepping. Die tariewe is nou in werking en sluit ʼn tarief van 104-persent vir China in, asook heffings op sowat 60 lande wêreldwyd wat Amerika die grootste oortreders noem. Die heffings op hierdie…
9 Apr 2025 3AM 1 min

Tariewe: VSA het geen ander keuse gehad nie

Die VSA-handelsverteenwoordiger, Jamieson Greer, sê Amerika het te doen met onregverdige, ongebalanseerde en nie-wederkerige handel, wat president Donald Trump genoop het om 'n nasionale noodtoestand oor tariewe af te kondig. Trump sê 'n tarief van tien-persent op alle lande en tariewe van tot 50-persent op sekeres, sal die Amerikaanse ekonomie…
9 Apr 2025 2AM 1 min

Aantygings van diskriminasie teen skoolhoof in Dolam

Gemeenskapslede het die hoof van die Auas-laerskool in Dolam in die hoofstad daarvan beskuldig dat hy plaaslike Damara/Nama-leerders opsy sit ten gunste van nie-plaaslike leerders en dat hy poog om Khoekhoegowab uit die kurrikulum te verwyder. Hulle beweer dit is deel van 'n breër agenda om inheemse tale te ondermyn,…
9 Apr 2025 2AM 1 min

Parlement bespreek (uiteindelik) begroting

'n Week na die begroting ter tafel gelê is, word daar uiteindelik in die parlement debat gevoer daaroor. Die Nasionale Vergadering het 'n skedule opgestel tot president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsrede. Tydens die debat het die IPC, wat nuut is in die parlement as die amptelike opposisie, hul kommentaar oor…
9 Apr 2025 1AM 1 min

VN verwerp Israel se voorstel vir hulp aan Gaza

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het ʼn nuwe voorstel van Israel om aflewerings in Gaza te beheer, verwerp. Hy sê as hulp opraak, begin die grusaamheid van voor af. Sedert 2 Maart is geen hulp in die Palestynse gebied met sowat 2,1-miljoen mense afgelewer nie. Israel sê hy…
9 Apr 2025 1AM 1 min

Arsenal skop Real Madrid se bas

Arsenal het Real Madrid met 3-0 verslaan in die eerste deel van die Kampioeneliga-kwarteindronde by die Emirates-stadion in Londen. Declan Rice het twee vryskoppe aangeteken en Mikel Merino het ʼn derde bygevoeg. Dit gee die Gunners ʼn goeie kans om die halfeindronde te haal. In Duitsland het Inter Milan ʼn…
9 Apr 2025 12AM 1 min

Kommer oor puttoilette by SA-skole

Die Vereniging van Staatsamptenare het teleurstelling uitgespreek oor die regering sy sperdatum misgeloop het om puttoilette by 141 skole te verwyder. Die vakbond sê die voortgesette teenwoordigheid van hierdie toilette bedreig die veiligheid en waardigheid van leerders en onderwysers. Claude Naiker van die vakbond sê hoewel 175-miljoen Suid-Afrikaanse rand opsy…
9 Apr 2025 12AM 1 min

Klimaataksie, werksgeleenthede by landbou bespreek

Namibië beoog om in lyn met Visie 2030 en die Harambee-welvaartplan 2, kweekhuisgasvrystellings met 65 persent te sny en koolstofputte met 5 000 metrieke ton te verhoog. Tot dusver het die land 4 miljard Namibiese dollar aan klimaatsfinansiering verkry, met huidige projekte wat 1,3 miljard dollar beloop. Om toegang tot…
8 Apr 2025 11PM 1 min

Woods sal kortbaan by Augusta ontwikkel

Die vyftienmalige major-wenner Tiger Woods gaan saam met die Augusta Nasionale gholfklub in Augusta werk om 'n nege-putjie kortbaan te ontwerp. Woods se argiteksfirma, TGR Design, sal die nuwe baan bou as deel van 'n opknappingsprogram by die Augusta Munisipale Gholfbaan. Daarbenewens, sal Woods se TGR-stigting sy vierde Leerlaboratorium in…
8 Apr 2025 11PM 1 min

Nama-jeugberaad begin vandag

Die Nama Tradisionele Leiersvereniging hou vandag tot Vrydag sy eerste jeugberaad in die Waterfront-ouditorium in Lüderitz sal plaasvind. Die geskiedkundige beraad het ten doel om die jeug te betrek by belangrike besprekings rondom hul geskiedenis en erfenis, en toekomstige geleenthede vir die Nama-bevolking. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Maboss…
8 Apr 2025 10PM 1 min
3780 – 3800