Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3800 – 3820

Hawe, infrastruktuur aanloklik vir VSA-beleggers

Namibië se hawe-ontwikkelings en ander belangrike infrastruktuurprojekte lok belangstelling onder Amerikaanse beleggers uit. Die uitvoerende hoof en voorsitter van die Amerikaans-gebaseerde Corporate Council on Africa, Florizelle Liser, het Vrydag met president Netumbo Nandi-Ndaitwah in die VSA ontmoet om ekonomiese bande tussen die twee lande te versterk.
28 Sep 2025 1AM 1 min

Miljoene om meer aartappels te plant

Die Namibiese Akkerbouraad het ‘n ontwikkelingskema vir aartappel-verbouing van stapel gestuur in ‘n poging om plaaslike produksie te bevorder en invoere te verminder. Die Akkerbouraad sal produksiekoste met 50 persent subsidieer, terwyl Agribank lenings vir die oorblywende helfte sal toestaan. Vir die volgende vyf jaar, sal 5,5 miljoen Namibiese dollar…
28 Sep 2025 12AM 1 min

Toivo ya Toivo-standbeeld pryk op Robbeneiland

‘n Standbeeld van die ontslape Namibiese vryheidsvegter en een van Swapo se stigterslede, Andimba Toivo ya Toivo, is Saterdag op Robbeneiland naby Kaapstad onthul. Toivo ya Toivo was 16 jaar ‘n gevangene op Robbeneiland, onder andere saam met Nelson Mandela. ‘n Muur van herinnering met die name van 5 000…
27 Sep 2025 11PM 1 min

Rusland sal nie aggressie duld nie, dreig Lavrov

Rusland se minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, sê die land het geen voornemens om die Europese Unie of Navo-lidlande aan te val nie. Moskou sal egter beslissende stappe neem teen enige aggressie wat daarteen gemik word, het Lavrov Saterdag in ‘n toespraak by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering…
27 Sep 2025 10PM 1 min

Etosha-brand: Nóg honderde soldate ontplooi

Die weermag ontplooi vandag nóg 500 soldate in die Etosha Nasionale Park om veldbrande te help bestry. Bykans 800 000 hektaar, of 34 persent van Etosha, het is reeds vernietig, het omgewingsminster Indileni Daniel Saterdag bevestig. Meer as twintig naburige boere help sedert Vrydag amptenare van die ministerie en reeds…
27 Sep 2025 9PM 1 min

NNN pleit vir vreedsame atoomkraggebruik

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens ‘n hoëvlak-vergadering by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York gesê atoom-energie moet vir vreedsame doeleindes aangewend word. Namibië is een van die drie grootste uraanprodusente ter wêreld en probeer lidmaatskap by die Kernverskaffersgroep te verkry.
27 Sep 2025 3AM 1 min

Europese Raad roskam Rusland

Die president van die Europese Raad, Antonio Costa, veroordeel Russiese aggressie en waarsku dat die oortredings deur ‘n permanente lid van die VN se Veiligheidsraad plaas elke VN-lidland in gevaar. Costa het in New York by die 80ste algemende vergadering van die VN gepraat.
27 Sep 2025 2AM 1 min

AfriForum boos oor Paul Kruger-standbeeld

AfriForum het die aanval op die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein in Pretoria veroordeel, waar dele van twee Boere-krygerstandbeelde en die veiligheidsheining beskadig is. Die voorval volg 'n week nadat die EFF die verwydering van Afrikanermonumente in die parlement versoek het. Ernst van Zyl van AfriForum sê die organisasie sal strenger…
27 Sep 2025 1AM 1 min

Net meer as helfte van werkgewers betaal minimumloon

Die arbeidsministerie het onthul dat slegs 55 persent van werkgewers voldoen aan die nasionale minimumloon wat in Januarie vanjaar in werking getree het. Die ministerie het tot dusver vanjaar 1 377 werkplekinspeksies uitgevoer. Terwyl 1,3 miljoen Namibiese dollar in onbetaalde lone vir meer as 2 100 werkers verhaal is, skiet…
27 Sep 2025 12AM 1 min

Patriotic Alliance dreig ANC met DA-alliansie

Die president van die Patriotic Alliance en die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, dreig die ANC dat sy party 'n koalisie met die DA sal vorm in volgende jaar se plaaslike regeringverkiesing. Dit volg na sy eis dat die adjunkpresident van die PA, Kenny Kunene teen Dinsdag…
26 Sep 2025 11PM 1 min

Madlanga-kommissie: Skrap van taakspan het krisis veroorsaak

Die Direkteur van Openbare Vervolgings in KwaZulu-Natal, Elaine Harrison, het die Madlanga-kommissie meegedeel dat die minister van Polisie, Senzo Mchunu, se besluit om die politieke moordetaakspan te ontbind, het 'n krisis veroorsaak met die ondersoeke oor politieke moorde. Harrison sê die skuif het die toegewyde aanklaers ontwrig, die vordering van…
26 Sep 2025 10PM 1 min

Copps 94.1: Walvis-polisie het hande vol met 'huiskroeë'

Copps 94.1 het ‘n bedrywige aand in Walvisbaai agter die rug, met veral die hokslaan van onwettige drankverkopers wat hulle besig gehou het. Adjunkoffisier Tuyenikelao Fernando van NamPol se gemeenskapspolisiëring op die kusdorp, het meer:
26 Sep 2025 9PM 1 min

Moenie van Strafhof onttrek, maak dit van binne reg

In plaas daarvan om aan die Internasionale Strafhof te onttrek, moet Namibië maniere vind om die organisasie van binne af reg te stel, sê Toni Hancox, direkteur van die Regshulpsentrum. Daar is voortdurende debat in Namibië oor sy lidmaatskap van die Strafhof. Sommige kritici voer aan dat die hof bevooroordeeld…
26 Sep 2025 8AM 1 min

Chaos in VN met Bibi se toespraak, dosyne lande stap uit

Chaos het in die Verenigde Nasies se algemene vergadering uitgebreek tydens Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu se toespraak. Dosyne afgevaardigdes het uitgestap, te midde van luide boe's en ook toejuiging. Netanyahu het gesê sy land het die grootste deel van Hamas se "terreurmasjien verpletter" en probeer om die werk "so…
26 Sep 2025 8AM 1 min

Amushelelo gaan in verkiesing staan, mik na Windhoek-stadsraad

Die aktivis Michael Amushelelo het aangekondig dat hy in die komende verkiesings vir 'n setel in die Windhoek-stadsraad sal meeding. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Amushelelo kommer uitgespreek oor swak dienslewering, toenemende misdaad en wat hy die sistematiese teikenstelling van informele handelaars noem. Hy sê Windhoek het…
26 Sep 2025 7AM 1 min

Geen borgtog vir 6 Namcor-bedrogbeskuldigdes

Landdros Linus Samunzala het in die Windhoek laerhof borgtog geweier aan ses aansoekers in die hoëprofiel-Namcor korrupsiesaak. Die beskuldigdes, insluitend voormalige Namcor-baas Immanuel Mulunga, ses ander indiwidue en vyf korporatiewe entiteite, staan tereg op aanklagte wat meer as 480 miljoen Namibiese dollar behels. Slegs een van die beskuldigdes, Lydia Elindi,…
26 Sep 2025 7AM 1 min

Uranium One bly verbind tot Leonardville-projek

Uranium One-woordvoerder Riaan van Rooyen sê die maatskappy bly verbind tot sy in-situ uraanlogingsprojek in Leonardville, ten spyte van sterk teenkanting van boere en goedkeuringsvertragings by die landbouministerie, en vrese oor besoedeling van die Stampriet-akwifeer. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Van Rooyen gesê die metode is oor…
26 Sep 2025 7AM 1 min

AfriForum staan Krugerpark-naamverandering teë

AfriForum het die EFF se mosie om die naam van die Krugerpark te verander gekritiseer en beskryf dit as goedkoop politiek. Die mosie is in die Mpumalanga Wetgewer ter tafel gelê. Die EFF sê hy beoog om alle name van mense wat verband hou met koloniale tyd en die apartheid-era…
26 Sep 2025 5AM 1 min
3800 – 3820