NamRA het daarin geslaag om amper 104 persent van sy geteikende inkomste in die boekjaar wat op 31 Maart geëindig het, in te samel. Die agentskap het 88,6 miljard Namibiese dollar ingevorder, 11 miljard dollar meer as in die vorige boekjaar. Kommissaris Sam Shivute het meer.
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê sy regering sal veg om ʼn ekonomiese vennootskap met Amerika te verseker, terwyl hy ook probeer om handelsbeperkings met belangrike vennote wêreldwyd te verlaag. Dit volg ná president Donald Trump se omvattende wêreldwye tariewe. Starmer sê die Verenigde Koninkryk sal slegs ʼn ooreenkoms…
Die kabinet van president Netumbo Nandi-Ndaitwah maak steeds opslae, veral oor die hoë getal vroue in die regering. Die president het met Al Jazeera ‘n onderhoud gevoer as die land se eerste vroue-president. Rui Tyitende, ‘n politieke ontleder, sê aan Henock TV dat hy meer belangstel in die bevoegdheid van…
Stropery ruk handuit in die Outjo-distrik. Owerhede sê verdere ondersoek na Donderdag se stropery van 31 bees toon dat daar 51 diere gesteel en geslag is, wat die beraamde waarde op 600 000 Namibiese dollar te staan bring, dit sonder die oorskot van wild wat op die perseel gevind is…
Die Namibiese weerkenner George van der Merwe sê daar sal nou ‘n periode van droër toestande kom wat goed is vir boere wat veral gras en lusern wil sny en droogmaak. Hy waarsku dat boontjies dalk nie genoeg tyd gegun sal word nie omdat nog reënval moontlik is.
Die inflasie vir Maart is bekend. Die Namibiese Statistieke-agentskap sê dit het op 4,2 persent ingekom, teenoor 3,6 persent in Februarie maar steeds effe laer as die 4,5 persent in Maart verlede jaar. Woordvoerder Mirjam Shihepo het meer.
Die Afrikanerbond sê hy is bekommerd oor die verdwyning van die Afrikaanse nuusbulletin die afgelope naweek sonder enige kommunikasie van die SABC oor die redes vir die besluit. Die SABC se Nuus op SABC2 het 'n lojale gehoor van meer as 300 000 kykers. Die hoofsekretaris van die Afrikanerbond, Jan…
President Donald Trump sê die VSA sal regstreekse samesprekings met Iran voer oor sy kernprogram, terwyl hy die Iraniërs waarsku dat hulle in groot gevaar sal wees as die samesprekings nie daarin slaag om hulle te oorreed om hul kernwapenprogram te laat vaar nie.
Namibië het in Februarie 'n handelstekort van 2 miljard Namibiese dollar aangeteken, 'n verbetering op die 2,7 miljard dollar tekort in Januarie en die 3,9 miljard dollar tekort in Februarie verlede jaar. Volgens die Namibië Statistiek-agentskap was uitvoere gedryf deur mynbouprodukte soos uraan, nie-monetêre goud, petroleum-olies en anorganise chemikalieë. Vis…
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy werk saam met Amerika se spesiale gesant, Steve Witkoff, aan ʼn ooreenkoms om nog gyselaars vry te laat wat in Gaza deur Hamas gevange gehou word. Netanyahu het gister met president Donald Trump by die Withuis vergader. Van die 251 gyselaars wat…
Die ZTT AME Kerk Ememe Vennootskapsprojek, wat 'n jaar gelede gestig is om gemarginaliseerde gemeenskappe te ondersteun, het 20 000 Namibiese dollar in onderwysstoelae aan 16 studente toegeken tydens 'n seremonie in Keetmanshoop. Die projek fokus op onderwys, missie, evangelisasie, bestuur en ekonomiese bemagtiging, met die doel om minderbevoorregte gemeenskappe…
Die Vereniging van Afhanklikes van Namibiese Veterane het die parlement se aankondiging verwelkom om die Wet op Veterane te wysig om vir die kinders van die bevrydingstryd voorsiening te maak en hul finansiële las te verlig. Borro Ndungula, woordvoerder van die vereniging, het vir die spoedige implementering hiervan gevra.
Die anti-apartheidsaktivis, Chris Hani se weduwee, Limpho Hani, het haar oproep herhaal dat president Cyril Ramaphosa 'n geregtelike ondersoek moet instel na sy dood. In die aanloop tot die 32-jaar herdenkingsgeleentheid in die Oos-Kaap later die week het die struggle-held se weduwee en lede van die SAKP Maandag 'n kransleggingseremonie…
NamWater sê dat die grootse deel van Opuwo water het na 'n kritiek-belangrike toevoerpyplyn weer in werking gestel is. Die boorgatpompe by drie boorgate is ook herstel. Die 250mm toevoerpyplyn is egter nog onder water en modder in die rivierbedding. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met NamWater se woordvoerder, Lot…
Die DA in Gauteng berig provinsiale skole gaan agteruit en het 'n agterstand van 31,3 miljard Suid-Afrikaanse rand in instandhouding. Die DA-lid, Michael Waters, sê ten spyte hiervan is slegs 427 miljoen rand of 1,36 persent van die nodige fondse vir herstelwerk in die 2024/2025-boekjaar bewillig. Waters beweer die toestande…
Kavango Wes het meer as 6 700 gevalle van malaria van Januarie tot Maart vanjaar aangeteken en minstens ses lewens is geëis. Dit is ondanks beheermaatreëls soos nette en muskietdoders. ‘n Nuwe malaria-saal is onlangs by die Nkurenkuru-gesondheidsentrum geopen omdat die Nankudu-hospitaal oorvol is. Die streek het ook 41 gesondheidswerkers…
Handelskenners sê Namibië hoef nie te veel bekommerd te wees oor Amerikaanse invoertariewe nie. Net 2,6 persent van die land se totale uitvoere verlede jaar was na die VSA, waarvan landbou-uitvoere minder as 0,02 persent uitgemaak het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die landboukenner Wallie Roux oor wat dit…
Namibië het sover meer as 10 000 aanlyn visumaansoeke goedgekeur, met die ministerie van binnelandse sake wat sê nog aansoeke word aanlyn ontvang sedert die bekendstelling van die e-visum aan die begin van hierdie maand. Daar was kommer oor die kostes van veral passasiersbote wat 1 600 Namibiese dollar vir…
Die noordelike streke loop tans kwaai deur onder onderstromings. Die Ohangwena-streekraad het tientalle mense na tydelike skuilings verskuif. Ohangwena-goewerneur Sebastian Ndeitunga sê gebiede in die Ongenga, Engela en Oshikango-kiesafdelings word erg geraak. In Onamhinda en Eshoke is huise heeltemal onder water en mense is vasgekeer in plekke soos Onghala B-dorpie,…
Terwyl aandelemarkte regoor die wêreld steier na Amerikaanse president Donald Trump invoertariewe op alle lande ingestel het, dreig Trump om tariewe op China verder te verhoog. Hy het by 'n Withuis-perskonferensie Maandag saam met Israelse premier Benyamin Netanyahu gesê hy sal tariewe op China met 50 persent verhoog as die…
7 Apr 2025 8PM
1 min
3820 – 3840
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.