Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3840 – 3860

Eerste minister reageer op Usakos-grumoorde van ouma, kleinkinders

Die land is steeds in skok na die grumoorde Saterdagnag in Usakos op 'n 90-jarige vrou, vier van haar jong kleinkinders en haar 18-jarige kleindogter. 'n 17-jarige familielid is van hul moord aangekla na hy hulle met onder meer 'n byl aangerand en hul liggame aan die brand gesteek het…
7 Apr 2025 9AM 1 min

SA Onder-17 sokkerspan kwalifiseer vir Wêreldbeker in Katar

Sokker: Die Onder-17 Suid-Afrikaanse nasionale seunspan het gekwalifiseer vir die Wêreldbekertoernooi in Katar in November - die eerste keer sedert 2015. Afrigter Vela Khumalo se span het hierdie deurbraak behaal as naaswenners in Groep B met Burkina Faso as groepswenner in die Afrikabekertoernooi wat tans in Marokko plaasvind. Suid-Afrika is…
7 Apr 2025 9AM 1 min

Plae knoei voedselproduksie: adjunk-landbouminister

Adjunk-landbouminister Ruth Masake sê die regering se pogings om plaaslike voedselproduksie te ondersteun, word deur plae soos sprinkane en kommandowurms uitgedaag. Sy het gepraat in Linyanti in die Zambezi-streek, en het gewasskade beklemtoon asook die behoefte om afhanklikheid van voedselinvoere te verminder. Masake is aan die woord.
7 Apr 2025 8AM 1 min

Leclerc hoop Ferrari het lesse geleer by Suzuka

Motorsport: Charles Leclerc van Ferrari erken dat hulle baie werk het om te doen om die motor mededingender te maak. Die bestuurder van Monaco het vierde geëindig in gister se Japannese Grand Prix, 13 sekondes voor sy Britse spanmaat Lewis Hamilton, wat sewende was. Ferrari is reeds 76 punte agter…
7 Apr 2025 8AM 1 min

Bank van Namibië waarsku oor vals beleggingsvideo

Die Bank van Namibië het 'n waarskuwing aan die publiek uitgereik oor 'n valse video wat op sosiale media versprei word. Die video is met KI vervaardig. In die video nooi die goewerneur van die Sentrale Bank, Johannes! Gawaxab, Namibiërs om in 'n sogenaamde geleentheid vir topontwikkelaars te belê. Josefina…
7 Apr 2025 7AM 1 min

Capricorn Eagles durf Uganda aan in opwindende reeks

Namibië se nasionale vroue-krieketspan, die Capricorn Eagles, sal teen Uganda te staan kom in die komende Capricorn Eagles-reeks, wat van môre tot 17 April by die Hoëprestasie Krieket-ovaal sal plaasvind. Die reeks bestaan uit ses T20-wedstryde en een 50-boulbeurt wedstryd, wat albei spanne die geleentheid bied om hul posisie op…
7 Apr 2025 7AM 1 min

NNN hou voet by stuk oor olie-, gassektor in haar kantoor

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het ‘n onderhoud met Al Jazeera gevoer waarin sy ongelykheid, grond, die jeug, werkloosheid en ander uitdagings met die internasionale nuuskanaal bespreek het. Haar besluit om die olie- en gassektore na haar kantoor toe te skuif het kritiek uitgelok uit verskeie oorde maar, sy hou voet by…
7 Apr 2025 7AM 1 min

Rand val skerp teen Britse pond, euro

Vanoggend het die Suid-Afrikaanse rand rekordlaagtepunte teen die Britse pond en die euro getref, terwyl dit teen R19,38 Amerikaanse dollar verhandel het. Die dollar-wisselkoers is nog redelik stabiel, hoewel hoog, vanweë die geldeenheid se huidige swakheid. Dit kan moontlik 'n invloed op Namibië se brandstofpryse en invoere hê. Kosmos 94.1…
7 Apr 2025 7AM 1 min

Regering werk aan teen-tariewe strategie

Die regering werk aan strategieë om die impak van Amerikaanse tariewe op veral beesvleis- en vis-uitvoere te bekamp. Hoewel dit ‘n geringe deel van Namibië se totale uitvoere beslaan, sal tariewe wel ‘n impak hê. Die uitvoerende direkteur in die handelsministerie, Penda Naanda het meer.
7 Apr 2025 6AM 1 min

DA kan maar skoert uit regering: SAKP

Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty herhaal sy oproep dat die DA uit die regering van nasionale eenheid verwyder moet word. Dit volg nadat die party verlede week in die Parlement weens die BTW-verhoging teen die fiskale raamwerk gestem het. Die sekretaris-generaal van die SAKP, Solly Mapaila, sê die DA het op arrogante…
7 Apr 2025 6AM 1 min

Aanvullende kieser-registrasie in 5 kiesafdelings op pad

Die Namibiese Verkiesingskommissie sal aanvullende kieser-registrasie vir die tussenverkiesing in vyf kiesafdelings doen. Dit is vir kiesers om te stem vir nuwe streeksraadslede na die ander reeds hul amp in die Nasionale Vergadering beklee het. Kosmos 94.1 Nuus het met De Wet Siluka, die woordvoerder van die kommissie, gesels. Die…
7 Apr 2025 5AM 1 min

Alcaraz tevrede met sy spel aan begin van die Europese kleibaanseisoen

Tennis: Die viermalige Grand Slam-kampioen, Carlos Alcaraz, is tevrede met die manier waarop hy tot dusver die seisoen speel. Dit is ondanks die Spanjaard se nederlaag in die halfeindronde van die Indian Wells Ope, en nadat hy onverwags in die eerste ronde van die Miami Ope uitgeskakel is. Die eerste…
7 Apr 2025 5AM 1 min

Weermag staan vloegeteisterde Oshana by

Die weermag se helikopters is in die Oshana-streek ontplooi na efundja groot skade aangerig het en verskeie gebiede heeltemal afgesny het en paaie beskadig het. Vyf kiesafdelings word geraak. Die streeksgoewerneur Elia Irimari sê bystand word gebied en die rampbestuursreaksie is verskerp.
7 Apr 2025 3AM 1 min

Dis onwaarskynlik dat BTW-verhoging geskrap sal word - Cyril

President Cyril Ramaphosa het daarop gesinspeel dat dit onwaarskynlik is dat die Tesourie 'n manier sal vind om die BTW-verhoging te skrap. Die begroting is verlede week in die Parlement goedgekeur met 'n nie-bindende aanbeveling vir die Tesourie om oor 30 dae alternatiewe te vind vir die BTW-verhoging en nie-aanpassing…
7 Apr 2025 3AM 1 min

Verdagte in Usakos-massamoord is 17

Die polisie op Usakos het ‘n 17-jarige seun van moord aangekla na die grumoorde Saterdag in die Hakhaseb-informele nedersetting op die dorp. Die verdagte het na bewering in die vroeë oggendure van Saterdag ses mense met ‘n byl en knopkierie geslaan en hul liggame daarna aan die brand gesteek. Die…
7 Apr 2025 3AM 1 min

Meer as brandstofprys voordeel in laer olieprys

Die uiters lae Brent ru-olieprys, tans net bo 63 Amerikaanse dollar, bly in die nuus. Die kommoditeit het met 10 persent die afgelope week gedaal na president Donald Trump se tariewe en China se vergelding daarvoor wat vrese vir ‘n handelsoorlog aanvuur. 'n Beplande produksieverhoging deur Opul en sy vennote…
7 Apr 2025 3AM 1 min

Opbrengs per millimeter reën baie goed vanjaar, kenner verduidelik

Vanjaar se reënseisoen wat nie net goed oor die groot volumes reën wat geval het nie maar ook as gevolg van die gepaardgaande lae temperature, hoë vog en voortdurende reënval. Dus, is die droë massa per millimeter reën vanjaar uiters goed en weiding het baie verbeter, ook met diverse grassoorte…
7 Apr 2025 3AM 1 min

Lüderitz werk hard aan bykomende waterinfrastruktuur

Safland Property Group beplan om Lüderitz se eerste inkopiesentrum te bou, ‘n ontwikkeling van 210 miljoen Namibiese dollar. Die sentrum sal na verwagting in November 2026 sy deure open. Kosmos 94.1 Nuus het met Phil Balhao, burgemeester van Lüderitz, gepraat en gevra of dié dorp oor genoeg water vir so…
7 Apr 2025 2AM 1 min

Starmer sal sy retoriek oor tariewe moet versterk

Die voormalige Britse ambassadeur na die VSA, sir Nigel Sheinwald sê die Britse premier Keir Starmer het die regte aanslag geneem om nie vergeldende tariewe teen die VSA in te stel nie, maar die opsie wel op die tafel hou. Starmer is gekritiseer oor die standpunt na tariewe op Britse…
7 Apr 2025 2AM 1 min

EIF help banke en NNF om toegangsentiteite vir Groen Klimaatsfonds te word

Die Omgewing Beleggingsfonds hou vandag en môre ‘n slypskool om die Namibiese Natuurstigting, Agribank, Bank Windhoek en die Ontwikkelingsbank te ondersteun om geakkrediteer te word as Direkte Toegangsentiteite vir die Groen Klimaatfonds. Kosmos 94.1 Nuus het met Romeo Muyunda, die fonds se woordvoerder, gesels.
7 Apr 2025 1AM 1 min
3840 – 3860