Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3860 – 3880

Gebrek aan bestendigheid kommer Blitsbok-breier

Springbok Sewes-afrigter, Philip Snyman, is bekommerd oor sy span se gebrek aan bestendigheid. Die Blitsbokke het Australië met 26-7 uitoorlê om die negende plek in die Singapoer-sewesreeks te behaal, terwyl Fidji vir 'n vierde keer as kampioen gekroon is nadat hulle Kenia met 21-12 in die eindstryd in Kallang verslaan…
7 Apr 2025 1AM 1 min

Waarskuwing gerig aan inwoners van laagliggende gebiede by die Vaaldam

nwoners in laagliggende gebiede naby die Vaaldam is gewaarsku om te ontruim weens die gevaar van oorstromings. Sondag is ʼn vyfde sluis oopgemaak om toenemende watervlakke te bestuur weens voortdurende reënval in die Vaalrivier se opvangsgebied. ʼn Woordvoerder van die Departement van Water en Sanitasie, Wisane Mavasa, sê die dam…
7 Apr 2025 12AM 1 min

Mimi vat Johannesburg Ope

Mimi Rhodes van Engeland het die Johannesburgse Vroue-Ope by die Modderfontein-gholfklub met een hou gewen en haar tweede agtereenvolgende Europese Toer-titel vir Vroue opgeraap. Die 23-jarige speler het ʼn ronde van twee onder 71 behaal om op 14 onder eerste op die voorlopersbord te eindig. Die Suid-Afrikaner, Casandra Alexander, het…
7 Apr 2025 12AM 1 min

MK sê hy’s nie nalatig oor sy setels nie

Die MK-party ontken dat nalatigheid die rede is vir sy vyf beskikbare plekke in die Parlement. Sekretaris-generaal Floyd Shivambu sê die setels sal na 29 Mei gevul word in ooreenstemming met die verkiesingstydlyn. Hy voeg by die party gaan hierdie reël uitdaag. MK het hom ook gedistansieer van die Parlement…
6 Apr 2025 11PM 1 min

Slot sê sy manne is nie moeg nie

Die voorlopers Liverpool het slegs hulle tweede Premierliga nederlaag van die seisoen gelei toe hulle met 3-2 teen Fulham op Craven Cottage verloor het. Arno Slot se span het die kans verbrou om met 14 punte teen Arsenal voor te loop. Die heersende kampioene, Manchester City, het met nul-nul gelykop…
6 Apr 2025 11PM 1 min

Swakop-tydren was ‘n vroue-ding

Die eerste been van die nasionale tydren kampioenskappe is die naweek op Swakopmund gehou en dit wil voorkom asof die vroue-renjaers skoonskip gemaak het. Francois Lottering van Motor Media Namibia was daar.
6 Apr 2025 10PM 1 min

Arbeidsvakbonde in buurland beplan betoging

Verskeie arbeidsvakbonde regoor Suid-Afrika het 'n landwye betoging beplan teen voorgestelde wysigings aan die Wet op Arbeidsverhoudinge. Die president van die nywerheidsvakbond, Giwusa, Mametlwe Sebei, waarsku hierdie veranderinge kan werkers se regte verswak deur die reg tot stakings te beperk en afdankings toe te laat sonder behoorlike dissiplinêre prosesse. Hy…
6 Apr 2025 10PM 1 min

Harde werk gedoen om lyers van demensie by te staan

Sewe jaar ná vals klagte van heksery by die Divundu-polisiestasie gelê is, is daar groter bewustheid aangaande breingesondheid geskep. Aktiviste hoop dit sal ‘n einde aan diskriminasie bring wat dikwels deur bygelowigheid, toordokters en sommige godsdienstige leiers aangevuur word. Kosmos 94.1 Nuus het met Berrie Holtzhauzen, stigter en uitvoerende hoof…
6 Apr 2025 10PM 1 min

Hofstelsel moet aangepas word vir veediefstal

Namibië se hofstelsel moet dringend opgeskerp word om kritiese kwessies soos voortdurende veediefstal doeltreffend te bekamp, sê boere. Dié reaksie volg op ‘n voorval Donderdag toe boere in die Outjo-distrik op twee tonele afgekom het, waar 31 beeste van twee boere geslag en vermink is. Kosmos 94.1 Nuus het met…
6 Apr 2025 9PM 1 min

Internskappe is goed, maar waar's die poste daarna

Die nuwe begroting maak voorsiening vir 65 intern- en vakleerlingposisies vanjaar teen ‘n maandelikse salaris van tussen 2 500 Namibiese dollar en 3 500 dollar elk. Ministeries, asook regeringskantore en –agentskappe is beopdrag om geld uit hul opleidings- en reisbegroting te verskuif indien hulle nie oor genoeg fondse hiervoor beskik…
6 Apr 2025 9PM 1 min

Markte tuimel, Trump noem dit medisyne

President Donald Trump van Amerika se omvattende tariewe stuur steeds skokgolwe deur die wêreld se finansiële markte. Markte in Asië het vanoggend getuimel met Japan se Nikkei wat kort na opening met meer as 8 persent gedaal het, en Suid-Korea se Kospi met meer as 4,8 persent. Australië se ASX…
6 Apr 2025 8PM 1 min

Wêreldgesondheidsdag: Gesonde leefstyl moet beklemtoon word

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het beklemtoon die land se gesondheidsorgstelsel word deur verskeie uitdagings geteister, insluitend personeeltekorte, 'n gebrek aan fasiliteite en swak bestuur. Die wêreld herdenk vandag Wêreldgesondheidsdag. SAMA-voorsitter Mvuyisi Mzukwa, het in 'n gesprek met Newzroom Afrika swak toegang tot medikasie en finansiering uitgelig. Hy het die behoefte…
6 Apr 2025 8PM 1 min

NNN moet verduidelik oor pensioene

Die regering skuld bejaardes ‘n verduideliking hoekom pensioene in die huidige begrotingsjaar nie verhoog is nie, sê kenners. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens haar verkiesingsveldtog verlede jaar onderneem sy sal wyle president Hage Geingob se belofte gestand doen deur dit na 3 000 Namibiese dollar per maand te verhoog. Kosmos…
6 Apr 2025 2AM 1 min

Zille maak debuut op Roast

Die DA se federale voorsitter, Helen Zille, is die eerste politikus wat die onderwerp van ʼn Showmax- en Laugh Africa Roast-program is. Die kreatiewe regisseur, Stuart Taylor, het kommentaar gelewer oor haar belangrike politieke statuur en reguit uitsprake. Zille verwelkom die spottery en sê mense spot haar agter haar rug,…
6 Apr 2025 2AM 1 min

Ineengestorte gebou op George noot regte goedkeuring gehad

Die minister van menslike nedersettings, Thembi Simelane, het onthul die vyfverdieping-gebou wat in Mei 2024 in George ineengestort het, is slegs goedgekeur as 'n enkelverdiepingstruktuur. Die parlement se portefeuljekomitee vir menslike nedersettings het gehoor die ontwikkelaar het versuim om planne vir 'n gebou van meer as een verdieping in te…
6 Apr 2025 1AM 1 min

Nekundi luister na klagtes oor NaTIS

Vervoerminister Veikko Nekundi het Vrydag onverwags by NaTIS se kantore in Windhoek se noordelike nywerheidsgebied opgejaag self te sien hoe sake daar bedryf word. Hy het met verskeie lede van die publiek gepraat en na hul klagtes geluister. Nekundi het gesê ‘n bykomende tak van NaTIS nader aan die stad…
6 Apr 2025 12AM 1 min

DA steeds verbind tot RNA

Die DA-leier John Steenhuisen het die party se verbintenis tot die regering van nasionale eenheid herbevestig, met die klem op samewerking eerder as oorheersing. Steenhuisen het op 'n DA-veldtog in Phoenix, erkenning gegee aan die DA se bydraes tot die koalisie en die belangrikheid van gesamentlike pogings beklemtoon. Hy het…
5 Apr 2025 11PM 1 min

Jong boere by Boere-indaba beplan toekoms

Jong boere uit suidelike Afrika vra dat die vasteland se landbou-landskap hervorm word. Dit kom te midde van president Donald Trump se verhoogde tariewe wat kommer wek oor moontlike ontwrigting in markte. Afgevaardigdes by die Boere-indaba in Pretoria beklemtoon die behoefte aan beleidshervorming, toegang tot grond en fondse om voedselsekerheid…
5 Apr 2025 10PM 1 min

Swartbooi pleit vir eenheid onder opposisie

Die leier van die Landless People’s Movement, Bernadus Swartbooi, het Saterdag tydens die party se vierde nasionale konvensie in Windhoek sy teleurstelling met die nuwe begroting uitspreek. Hy is veral bekommerd oor die lae ontwikkelingsbegroting, wat die drywer van werkskepping behoort te wees. Swartbooi het ook ‘n beroep op opposisiepartye…
5 Apr 2025 9PM 1 min

Itula gaan sukkel om leierskapstempel af te druk

Die president van die Independent Patriots of Change, Panduleni Itula, gaan dit baie moeilik vind om sy leierskapstempel af te druk met dié dat die IPC weier om die rol van die amptelike opposisie in die parlement in te stem, sê kenners. Itula het besluit om eerder ‘n skadukabinet aan…
5 Apr 2025 3AM 1 min
3860 – 3880