OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,812 Episodes
1300 – 1320

PM gesels met Meyer Conradie van ‘n nie-regeringsorganisasie oor ‘n groentetuinprojek saam met georganiseerde landbou.

Meyer Conradie is die Hoof Uitvoerende Bestuurder van Mosaic, ‘n nie-regeringsorganisasie wat fokus op wees- en weerlose kinders en hulle pleegouers se rol om vir hulle te kan sorg. Conradie vertel van die vennootskapsooreenkoms wat met georganiseerde landbou aangegaan is om te help met vaardigheidsopleiding en mentorskap projekte. Agri Wes-Kaap…
26 Sep 2021 11PM 6 min

Claude Moller gee sy naweek inspirasie vir landbouers.

Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. In vandag se aflewering is sy tema: “Ons sal vorentoe ook regkom”.
23 Sep 2021 11PM 5 min

Tjoepie Groenewald, bekende sosiale media-kundige.

Tjoepie Groenewald, bekende sosiale media-kundige in die landbou, bespreek vandag ‘n nuwe organisasie wat in die lewe geroep is om ‘n paar bedrywe bymekaar te bring. Die sogenaamde “groen agenda” kom ook ter sprake en Groenewald verduidelik ook die bedingingsmag wat een so ‘n organisasie kan vermag.
23 Sep 2021 11PM 4 min

Dr Johnny vd Merwe van die NWU, gee die jongste kommoditeitspryse.

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand hierdie week baie verswak teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalwers het effens gestyg en slagpryse het sywaarts beweeg. Die gemiddelde stoorlampryse het effens gedaal. Hoendervleispryse het stadig opwaarts beweeg…
22 Sep 2021 1AM 5 min

Hans-Jurie, bekende regskundige praat vandag oor “sonde met die bure”

Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende regskundige wat veral spesialiseer in grondreg. Vandag gesels hy oor ‘n interessante onderwerp, naamlik “ sonde met die bure” of ook in gegstaal uitgedruk as oorlas en “nuisance”. Hy vergelyk ook hofsake uit die verlede in hierdie verband. Moolman doen ‘n uiteensetting van die regsbeginsels…
19 Sep 2021 11PM 4 min

PM berig oor nuwe velsorgreekse uit skaapmelk.

‘n Tasmaanse skaapmelkery het ‘n reeks velsorgprodukte uit skaapmelk geloods. Dit is dan ook van die nuutste toevoegings tot ‘n reeks “ongewone” produkte, soos byvoorbeeld vodka uit skaapdikmelk. Die groot aantal plastiek wat ook in skoonheidsmiddels gebruik word, word vermy deur spesiaal ontwerpte keramiekhouers, waarin die verkillende rome verpak word.
19 Sep 2021 11PM 1 min

Claude Moller gee sy naweek inspirasie vir landbouers.

Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. In vandag se aflewering is sy tema: “Ouma Emma, die kampioen”.
16 Sep 2021 7AM 4 min

Dr Johnny vd Merwe van die NWU, gee die jongste kommoditeitspryse.

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand hierdie week stabiel gebly teenoor die Amerikaanse dollar. Slagpryse het effens gestyg. Varkvleispryse het stadig opwaarts geneig in die afgelope week en dit word voorspel dat vanaf September…
14 Sep 2021 11PM 6 min

PM berig oor ‘n interssante alternatief vir suiwelprodukte.

‘n Groep Australiese melkboere ondersteun ‘n nuwe wetenskaplike onderneming wat melkprodukte wil naboots. Daar word beoog om diervrye suiwel te produseer. Die onderneming verwag om hul eerste produkte binne 18 maande op die mark te laat verskyn. In Suid-Afrika is ook begin om diervrye suiwelproteien in ‘n laboratorium in Kaapstad…
13 Sep 2021 11PM 1 min

Claude Moller gee sy naweek inspirasie vir landbouers.

Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. In vandag se aflewering is sy tema: “To have someone who believes in us”.
9 Sep 2021 11PM 3 min
1300 – 1320