OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,812 Episodes
1600 – 1620

Claude Moller gee sy weeklikse inspirasie vir landbouers.

Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Verder verwys ook na positiewe geleenthede wat mense kan gebruik om hulself in ‘n…
10 Dec 2020 9PM 4 min

PM gesels met Rouxan Cloete, ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou

Rouxan Cloete, ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou, het die afgelope paar weke gesels oor biologiese landbou en die voordeel daarvan vir die bewaring vir die nageslag. Hy het onder andere verwys na die rehabilitasie van grond, saadbehandeling, fosfate en ander voordele van biologiese landbou. Vandag sluit hy…
9 Dec 2020 9PM 3 min

Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste kommoditeitspryse

Dr Johnny van der Merwe bespreek oudergewoonte die jongste kommoditeitspryse. Hy noem dat speenkalfpryse gestyg het en pryse by veilings ook sterk sal bly. Die goeie vraag vir vleis sal waarskynlik tot die einde van die jaar bly. Van der Merwe is van mening dat die goeie voerkraalpryse van vroeg…
8 Dec 2020 10PM 4 min

PM het met die Hoof Uitvoerende Direkteur van Agri SA, Christo van der Rheede gepraat.

Christo van der Rheede, Hoof Uitvoerende Direkteur by Agri SA, was verlede week die gasspreker by die gala-afsluiting van die Bovelder Bees-studiegroep buite Harrismith. By hierdie geleentheid het hy ‘n klompie ernstige politieke kwessies wat die landbousektor raak, aangespreek. Hy het ook moontlike oplossings en uitdagings in die sektor uitgewys…
6 Dec 2020 11PM 3 min

PM berig oor ‘n herlewingsplan vir die wolbedryf in Nieu-Zeeland

Volgens Wool News het die minister van landbou in Nieu-Seeland ‘n herlewingsplan van stapel gestuur om die wolbedryf in die land te laat herleef. Die sektor het die afgelope paar jaar drasties agteruitgegaan. Die betrokke minister, Damien O’Conner, het onder andere verklaar dat ‘n groter deelname en rentmeesterskap in die…
6 Dec 2020 11PM 1 min

PM gesels met ‘n landbouleier uit die Oos-Vrystaat, Paul van Niekerk.

Paul van Niekerk is die President van die Bovelders Bees-Studiegroep en leierboer in die Verkykerskop-distrik. Van Niekerk vertel van die unieke studiegroep en hul suksesse. Hy brei ook uit oor landboutoestande in hulle streek en die vooruitsigte vir gesaaides. Hy vertel verder van die unieke beesras wat geteel is en…
3 Dec 2020 9PM 1 min

Claude Moller gee sy inspirasie vir die naweek.

Claude Moller, bekende "life coach" en motiveringspreker in die landbou, gee sy inspirasie vir die naweek. Hy deel sy wedervaringe met alledaagse mense en die lessies wat hy daaruit neem. Moller motiveer veral landbouers en sy tema vandag is: "Go with the Crow".
3 Dec 2020 9PM 4 min

PM gesels met Rouxan Cloete, ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou.

Rouxan Cloete, ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou, het die afgelope paar weke gesels oor biologiese landbou en die voordeel daarvan vir die bewaring vir die nageslag. Hy het onder andere verwys na die rehabilitasie van grond, saadbehandeling, fosfate en ander voordele van biologiese landbou. Vandag handel sy…
2 Dec 2020 9PM 2 min

Claude Moller gee sy inspirasie vir die naweek.

Claude Moller, bekende "life coach" en motiveringspreker in die landbou, gee sy inspirasie vir die naweek. Hy deel sy wedervaringe met alledaagse mense en die lessies wat hy daaruit neem. Moller motiveer veral landbouers en sy tema vandag is: "The blessing, not the baggage/ Volhard en Oorwin".
26 Nov 2020 9PM 3 min

PM gesels met Rouxan Cloete, ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou.

Rouxan Cloete, ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou, het die afgelope paar weke gesels oor biologiese landbou en die voordeel daarvan vir die bewaring vir die nageslag. Hy het onder andere verwys na die rehabilitasie van grond, saadbehandeling, fosfate en ander voordele van biologiese landbou. Vandag sluit hy…
25 Nov 2020 10PM 2 min

PM berig oor interessante navorsing wat gedoen is oor Generasie Z verbruikers.

Die Universiteit van Sydney het interessante navorsing gedoen oor Generasie Z verbruikers en tot ‘n bevinding gekom dat 72% van hulle nie bereid is om gekweekte vleis te eet nie. Ten spyte van hul gebrek aan entoesiasme oor nuwe vleisalternatiewe, glo 41% dat dit wel ‘n lewensvatbare voedingsbron kan wees.
24 Nov 2020 9PM 1 min

PM berig oor ‘n unieke ink wat uit poeiermelk vervaardig word.

Poeiermelk-ink is ‘n nuwe toevoeging tot unieke uitvindsels deur navorsers. Navorsers aan die Singapoer Universiteit van Tegnologie het ‘n 3D-drukmetode wat melk gebruik, ontwikkel. Die melk-inkformule uit poeiermelk, is gebruik om komplekse 3D-strukture suksesvol te vervaardig, volgens ‘n berig van Dairy Reporter.
22 Nov 2020 10PM 1 min
1600 – 1620