OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,812 Episodes
1620 – 1640

Claude Moller gee sy weeklikse inspirasie vir landbouers.

Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Verder verwys ook na positiewe geleenthede wat mense kan gebruik om hulself in ‘n…
19 Nov 2020 9PM 3 min

PM berig oor dierewelsyn in Brittanje wat goeie vordering maak

In Brittanje is onlangs gestem oor voedselinvoere wat aan binnelandse standaarde moes voldoen. Die welsynstandaarde van diere word in ag geneem en belangrike wetgewing in hierdie verband is aanvaar. Die stap word as ‘n groot oorwinning beskou vir dierewelsyn en ‘n teken van vertroue in Brittanje se boerderybedryf.
17 Nov 2020 10PM 1 min

Dr Johnny vd Merwe van die Noordwes Universiteit gesels oor die jongste kommoditeitspryse.

Dr Johnny van der Merwe berig oor kommoditeitspryse en voorspel ‘n afwaartse neiging van vleispryse. Stoorlampryse het ook gedaal as gevolg van swak koopkrag. Hoenderpryse het egter gestyg en varkpryse bly baie hoog. Soja-, sonneblomme en koringpryse het effens gestyg. Mieliepryse se daling is as gevolg van internasionale invloede. Beter…
17 Nov 2020 10PM 3 min

PM berig oor buitelandse nuus in die veebedryf

Volgens ‘n verslag van die Amerikaanse Departement van Landbou, sal Kanadese kuddes waarskynlik in 2021 krimp. Daar word verwag dat die uitvoer van beeste en beesvleis gaan toeneem. Swak weidingstoestande in sommige streke kan ook lei tot ‘n daling in koeigetalle. Ons berig ook oor sekere kuns-sintuie wat aangewend word…
10 Nov 2020 10PM 1 min

PM gesels nou met ‘n senior personeellid van Boland Landbouskool

Olof Bergh is verbonde aan die Boland Landbouskool tussen Wellington en Paarl. Hy vertel van die unieke karakter van die skool wat vanjaar 58 jaar oud is. Die skool beskik slegs oor 350 leerlinge waarvan almal in die koshuis woonagtig is. Onderwysers en ander personeel bly almal op die plaasterrein…
9 Nov 2020 9PM 2 min

PM gesels met Springbokrugbylegende, Bakkies Botha,

Bakkies Botha, legendariese Springbokslot vertel van ‘n paar miloen rand wat ingesamel is vir boere wat swaarkry as gevolg van die brandskade in die Vrystaat en Noordkaap. Hy vertel oor onder andere, wat die uitwerking van die brande was en hoe voer en ook die vervoer daarvan ‘n uitdaging geword…
8 Nov 2020 9PM 3 min

PM berig oor wereldwye melkproduksie wat styg.

Dairy Global berig dat wereldwye melkproduksie styg skerp en sal na verwagting oor die volgende dekade vining toeneem. Hoewel die gemiddelde jaarlikse groei van wereldkuddes, groter as die wereldgemiddelde opbrengsgroei is, is die veranderde gemiddeldes die gevolg van kuddes in lande met relatiewe lae opbrengste wat vinniger groei. Afrika as…
8 Nov 2020 9PM 1 min

Claude Moller gee sy weeklikse inspirasie vir landbouers

Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Verder verwys ook na positiewe geleenthede wat mense kan gebruik om hulself in ‘n…
5 Nov 2020 10PM 2 min

Dr Johnny vd Merwe berig oudergewoonte oor die jongste kommoditeitspryse.

Dr Johnny van der Merwe van die NWU berig oor goeie ekonomiese nuus as gevolg van die olieprys wat gedaal het en landboumarkte positief beinvloed het. Gemengde pryse is behaal op slagpryse, hoewel stoorlampryse redelik gedaal het, meestal as gevolg van beperkte markte. Die vraag na varke bly steeds hoog…
3 Nov 2020 10PM 4 min

PM berig oor ‘n mynbouverbod wat in Zimbabwe se nasionale parke ingestel is.

‘n Mynbouverbod in Zimbabwe se nasionale parke om enige mynbou-aktiwiteite stop te sit, is deur natuurlewe kampvegters verwelkom nadat hulle die regering daaroor hof toe gevat het. Chinese ontwikkelaars se projekte is dus daarmee tot ‘n halt gebring. Na afloop van ‘n kabintesvergadering, het die regering toegegee om die verbod…
3 Nov 2020 10PM 1 min

PM gesels met Louwrens Viljoen, tans die grootste Charolais-stoetteler in SA.

Louwrens Viljoen is tans die grootste Charolais-stoetteler in Suid-Afrika en boer met sy beeste in die Clocolan-distrik. Viljoen vertel van die huidige landboutoestande en –vooruitsigte in die Oos-Vrystaat en noem dat goeie reen die afgelope naweek toestande baie gunstig maak. Hy verduidelik verder waar sy passie vir die Charolais-ras vandaan…
1 Nov 2020 10PM 4 min

Pieter Moller berig oor wildsones wat opgerig word om renosters te beskerm.

Die Departement van Omgewingsake, Bosbou en Visserye begin binnekort om sewe geintegreerde sones regoor Suid-Afrika in te stel in ‘n poging om plaaslike renosters te beskerm. Die bekendstelling van die sones verskerp pogings om die wereld se grootste swart- en witrenosterbevolking te beskerm. Volgens die Minister van die Departement, verhoed…
1 Nov 2020 10PM 1 min
1620 – 1640