GROOTfm 90.5 Ontbyt met Doepie en Nina

Ontbyt met Doepie en Nina

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
558 Episodes
1 – 20

#OntbytMetDoepieEnNina - Selfdoodbewusmaking Maand

September is wereld selfdood-bewustheidsmaand, gister was selfdood bewustheidsdag, en dit is so ‘n belangrike onderwerp dat ons net daaroor MOES gesels. By ons in die ateljee was n selfdoodvegter en stigter van die NGO Reboot Your Resilience Johan Laten.
10 Sep 12 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Is jy okay?

Onss het viir spellterapeut Arette Burger gevra om weer te kom kuier. Sy het het viir ons neurostroombane in die brein verdeidelik en ook ingestem om eenkeer n maand te kom kuier om te gesels oor geestegesondheid en ook probleme wat jy dalk mee sukkel.
3 Sep 13 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Steve Hofmeyr

Steve het kom kuier om te gesels oor sy eerste nuwe oorspronklike musiek in 9 jaar. Ons vind ook bietjie meer uit oor sy gevoel rakende die Ikoon Konsert wat afgestel iss.
2 Sep 19 min

#DieGrootTrek - GrootGeld met PSG Silver Lakes

Jan en Denise van PSG Silver Lakes het weer kom inloer om praktiese raad te gee oor ons finansies. Elke laaste Dinsdag van die maand kom kuier hulle en hou ons op hoogte van sake in die finansiele wereld.
26 Aug 31 min

#DieGrootTrek - Wereld Fotografie Dag

Doepie en Nina gesels met fotograaf Lappies Labuschagne vir wereld fotografie dag. Hy vertel vir ons waar sy liefde vir fotos begin het en wat maak n fisiese foto wat geprint is soveel beter as 'n digitale weergawe aanlyn of op jou foon.
19 Aug 17 min

#DieGrootTrek - Schink Stories

Doepie en Nina gesels met Martin Schwella oor Schink Stories. 'N Oulike reeks lae stimulus audioboeke vir kinders tussen die ouderdomme van 2 en 10. Stories wat motiveer en kinders se karakter bou een storie op n slag.
18 Aug 18 min

#DieGrootTrek - Barto oor enkelsnit Mal Berou

Barto het vir Nina kom kuier op die Groot Trek vanmiddag om te gesels oor sy nuwe enkelsnit "Mal Berou". Hulle gesels ook oor die tipe musiek wat Barto wil maak en wat voorlê die res van die jaar.
14 Aug 16 min

#DieGrootTrek - Andrea vind die Here in Pollsmoor

Andrea Hendricks het baie trauma beleef as n jong meisie. Dit het later in haar lewe eers uitgekom. Weens omstandighede en die verkeerde vriende raak sy toe deurmekaar met dwelms en word toegesluit in Pollsmoor. Dit is waar haar lewe verander het. Sy deel haar storie.
12 Aug 25 min

#DieGrootTrek - Magnolia se nuwe baadjie

Janet du Preez en Lydia Maree van Magnolia Masekhane asook Bernard Hanekom van City of Tshwane, Direkteur van CUP (Community Upliftment Projects), het kom gesels op die GrootTrek saam met Doepie en Nina. Die twee dames het begin om Magnolia Dell weer mooi te maak en nooi die gemeenskap uit…
12 Aug 20 min
1 – 20